Brian Molefe terug by Eskom

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom

Brian Molefe gaan as uitvoerende hoof na Eskom toe terugkeer.

Dié nuus is deur Khulani Qoma, Eskom se woordvoerder, bevestig. “Hy kom definitief Maandag terug,” het Qoma gesê.

Dit is ook bevestig dat Molefe as lid van parlement bedank het. Hy is in November 2016 weg by Eskom ná hy aan die omstrede Gupta-familie gekoppel is.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het die voorstel van ʼn pensioenuitbetaling van R30 miljoen aan Molefe afgekeur.

Intussen het die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) hul woede en teleurstelling oor dié besluit uitgespreek.

Wayne Duvenhage, Outa se voorsitter, het gesê dié skuif van Eskom is belaglik en dat hul organisasie moontlik stappe sal doen rakende die besluit.

“Ons is absoluut geskok oor die besluit. Min. Brown gaan haar voet moet neersit,” het Duvenhage gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Johann ·

Ek het woorde Robert, maar dink nie dit sal geplaas word nie?

COWBOY ·

LMGA .. janee . ESKOM steel lekkerder as die ander plekke. Belaglike verhogings en bonusse .. mens verlaat nie sommer die gans met die goue eier nie .jy moet SKEP as dit papreen.. Hy het juis so ‘n MaRVELOUS job gedoen by Eskom .. DIE HELE LAND IS “N JOKE!!

Cherokee ·

Hulle het geweldige kompetisie in die vorm van die SAUK.

Boerseun ·

Lekker “move”. Waai en kry n tjekkie van R30 mil dan kom jy terug.

al ·

Lynne Brown het sy tjekkie van R30 mil afgekeur – hy is nou werkloos, sien. Sy parlemêntere salaris is te min om sy luukse wonings van 13milj? Te onderhou.

ABC ·

Wayne Duvenhage Min Lynne Brown het nie ń sê in die saak nie anders word sy ook weg gejaag.

Katryn ·

Dan moet sy maar weggejaag word. N eerbare mens staan tog op vir wat reg is.

Eish ·

Parlement te ver van Saxonworld?
Pensioen gaan haal?
Parlement heeltemal te veel in kollig?
Gaan help met verdoemende verslag van PWC?
Onvervangbare trane storter?

al ·

Ek lees sy aanstelling as minister van finansies was geblok en toe moes zums maar vir gigaba aanstel as minister van finansies.

Griet ·

Dit gebeur nou amper elke dag dat ek moet seker maak dis nie dalk 1April nie ;-) Maar NEE! Dis nie!

al ·

1 April 2017 is seker die mees geleeste datum op die kalender vanweë die ANC regering se belaglike besluite!

Meraai ·

Ek het ‘n kollega wat altyd se “everyday is Monday”, so dit is seker by hulle ook elke dag 1 April

E.K. ·

Hulle speel nie Musical Chairs nie maar Musical Jobs. En eintlik is dit ons, die belastingbetaler wat hoes vir die bonusse, pakkette en salarisse. Dan wil hulle nou notepads en smartfoonlisensies probeer hef – seker om die ding te se joppie te finansier. Ek was nog al die jare positief oor SA, selfs tot onlangs nog….maar ja, HOE bly mens, as dit so gaan!

al ·

Outa is woedend oor die aanstelling en gaan dit ten volste teenstaan.

Blits ·

Daar kom dit nou, gaan nou verder belieg en bedrieg en verduister. daar is n rede hoekom hy terug gaan

cor ·

Hoeveel gaan hy nou weer eis vir pensioen by die Parlement. Nou skuif sy meesters hom weer terug na Eksdom sodat hy kan gaan keer dat sekere kontrakte nie gekanselleer word nie. As hy dan afgedank word kry hy sy R30 miljoen goeie skuif. Koko skuif nou seker weer in sy plek by die praathuis.

STOM ·

Watter instansie wat deur die regering bestuur word is suksesvol?
Sassa is ‘n gemors…Staatpensioene is ‘n gemors…Eskom is ‘n gemors…
Rugby en vele meer… En so moet ons net aanhou betaal en betaal..
Ons moet begin saamstaan!!!

Amanda ·

Daar stem ek saam jou. Maar dit ons probleem, ons kan nie saamstaan nie. Die regering melk die koei en dan word daai koei nog uitgemoor. Maar ons betaal maar en betaal maar en betaal maar. En ek praat van myself ook, wens ons wil bietjie die bul by die horings pak….ek sal daar wees! Groot gemors spul in die regering!!!

Genieve ·

Die regering is korup rerag..blinde mense kan dit ook sien..PATETIES!!!!

Henry ·

Waarom verras wees?

Is gewoon die stuiptrekkings van ‘n droewe land met ‘n korrupte regime aan bewind, wat iewers aan die suidpunt van ‘n droewe vasteland rond strompel.

pensionaris ·

Ek is ‘n ou sieklike pensionaris wie nie eens weet waar die hoofskakelaar van my kamer is nie, maar ek wil ook aansoek doen vir die pos

GES ·

Almal staan magteloos en toekyk wat gebeur. Die howe is tandloos. Zuma steur hom aan niks en niemand nie. Die spertyd vir die redes waarom die kabinet geskommel is, is afgelag. Met alle eerbied en respek, OUTA gaan niks regkry nie. Die enigste mense wat by die saak gaan baat is ʼn paar regsgeleerdes.

Jaco ·

Hierdie donker afrika landjie verdien nie eers die woord rommelstatus nie. Dink ek gaan ook aan my huis se kragmeter begin peuter, is siek daarvoor om my hard verdiende geld oor te betaal aan korrupte kaders!!! Terwyl ek myself dood werk leef hierdie man en sy maatjies in absolute weelde en doen die minimum. GENOEG IS GENOEG!!!

Manie ·

Wonder of die ou skelm nou weer n traantjie gaan pik omdat hy na die pos moet terug gaan. Gelukkig weet hy hoe die korrupsie daar werk so dit maak dit makliker vir ou skelm

Rina Pretorius ·

en hoe dink julle voel ek wat by Eskom werk oor die besluit. Hoe gerieflik kan die top mense besluit hulle kan kom en gaan soos hulle wil. Wat sit alles agter die besluit. Net tyd sal leer. Ek glo daar is ‘n motief hieragter

Kokkie ·

Ek het vroeër in die maintenance dept onder in die kelder gewerkt en toe kon n mens nog trots wees as jy gesê het jy werk vir Eskom. Pragtige gebou en mooi onderhou altyd.

Haan ·

Op n heel onverwante noot – weet iemand van n goeie kragopwekker handelaar?

Justice ·

Mooi – nou kan hy persoonlik verantwoording voor die Parlement doen vir daardie obskure Gupta steenkool kontrak wat deur Price Waterhouse Coopers as bedrieglik en onwettig ge-oudit is ter stawing van die PB se verdoemende verslag.

Rynhardt ·

Die skatryk Brian Molefe se kort politieke loopbaan is beeindig , want die omstrede Eskom het hom dringende nodig om jan publiek weer te melk!

Adrian ·

Lesers, die kontrak tussen Gupta steenkoolmyn en Eskom is herroep, die enigste manier om dit trug te bring: Gupta gaan na Zuma huil by hom hy se ons maak dit reg, bring Molefe terug en aan die stuur en die kontrak gaan voort tussen die Guptas en Eskom. Die rot in die hele storie is net een Jacob Zuma

Jeanetta Jonker ·

Dit is ook presies waaraan ek gedink het. Julle moet ook onthou Zuma se seun se maatskappy is ook betrokke by hierdie Guptas en Eskom kontrak – verder af sal Zuma uiteindelik weer baatvind hierby.

René Prinsloo ·

Nou ja daar begin die pret. Klink eerder vir my na “musical positions of corruption”. Agter gekom hy kan nie sy hoogere lewe onderhou met normale salaris nie. Of miskien dalk baie min pensioengeld wat hy maandeliks sou verdien het.

Kobus ·

Julle is almal pesimisties. Hulle laat hom terugkom sodat hy op n wettige manier ge-fire kan word en sommer in die tronk sit ook sonder om hom n sent te betaal ?????

Kobus ·

Behoort n lekker saak te wees vir Gerrie Nel … of hoe se ek !!!

GES ·

Gerrie Nel is ongelukkig net een persoon met twee hande. Sake word so uitgerek, dat teen die tyd wat uitspraak gelewer word, dit net ‘n druppel in die emmer is.

Rina Vermeulen ·

Ja nee dis ñ groot grap. Mense ons moet dit nou maar aanvaar met die spul gaan ons sit. Tot die kiesers begin besef dis nou genoeg maar herlaas dit gaan ook nie gou gebeur nie .Die massa glo maar weer beloftes wat aan hul opgedis word. So dis die prentjie voorentoe.

Marcel ·

Al wat vir my snaaks is, is dat die ANC dit ook veroordeel. Op News24 sê hulle die ANC en OUTA veroordeel die aanstelling ten sterkste? Tensy dit net ‘n “cover” storie is sodat hy maar net weer die Gupta deal kan kry daar. Wie sal weet, tyd sal leer jong…..Banana republic

Blits ·

hy kom terug om zuma se seun te beskerm, daar mos nou n ondersoek na zuma se seun en die se kontrakte met ESKOM

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.