Brian Molefe ‘wil net die land dien’

Brian Molefe se prokureur praat met verslaggewers by die Pretoriase hooggeregshof Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, is ʼn tevrede man wat net die land wil dien, het sy prokureur Barry Farber Donderdag gesê, ná ʼn verdoemende uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof.

Verslaggewers wou by Farber weet of sy kliënt bereid is om van die Eskom-dispuut weg te stap, en of hy steeds sal baklei vir sy pos by die staatsbeheerde kragvoorsiener.

“Ek sou sê dat hy die land wil dien, en as daar enige pos is waar hy geld kan verdien, dan sal hy dit doen. Maar ek kan nie. Ek kan nie namens hom praat nie,” het Farber gesê.

Oor die persepsie dat Molefe sy geloofwaardigheid verloor het, veral wat betref die korrupte verhouding met die Gupta-familie, het Farber verduidelik sy kliënt is “onskuldig totdat hy skuldig bevind word”. “Wat ook al die bewerings is, mens is korrup as jy skuldig bevind word daaraan. Tot dan is jy nie korrup nie. En Molefe het nie vir ons gesê hy is korrup nie. Ek kan nie meer inligting gee nie.”

Hy het egter gesê die uitspraak deur regter Elias Matojane, namens ʼn volbank regters, het die Molefe-kamp swaar getref. “Dit het soos ʼn vrag bakstene gevoel. Dit was ʼn baie sterk bank [regters]. Mens moet dit respekteer,” het Farber bygevoeg.

Op ʼn vraag oor hoe dit met Molefe gaan, wat nie Donderdag in die hof was nie, het Farber gesê: “Mnr. Molefe is ʼn baie sterk individu. Hy is ʼn gesinsman. Hy kla nooit by my nie, behalwe wanneer hy sy faktuur [vir regsdienste gelewer] kry. Hy is ʼn baie gelukkige, tevrede man. Ek kan nie meer sê nie.”

Die hof het vroeër beslis dat Molefe nie geregtig is op enige pensioenvoordele van die kragvoorsiener nie en moet daarom die geld terugbetaal wat hy reeds ontvang het van die R30 miljoen pensioenuitbetaling wat aan hom toegeken is.

“Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat die heraanstelling van mnr. Molefe as die groep uitvoerende hoof by Eskom in stryd is met die wet, dus ongeldig is en gevolglik ter syde gestel moet word,” het Matojane uit die uitspraak voorgelees. “Ons het ook bevind mnr. Molefe was nooit geregtig om enige pensioenvoordeel van die Eskom-pensioenfonds te ontvang nie en enige betaling wat as deel van hierdie voordele gemaak is, was onwettig.”

Die hof het daarna beveel Molefe het tien dae kans om die R11 miljoen terug te betaal wat hy reeds uit ʼn onregmatige pensioenuitbetaling ontvang het.

Die DA en die vakbond Solidariteit het die hof genader vir ʼn beslissing dat Molefe se pensioenuitbetaling van R30,1 miljoen onwettig is en tersyde gestel moet word. Die DA en Solidariteit het aangevoer aangesien Molefe slegs ʼn vaste vyfjaarkontrak met Eskom aangegaan het, is daar geen manier waarop hy geregtig kan wees op ʼn uitbetaling uit Eskom se pensioenfonds nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sarel Strydom ·

Hy gaan eers appeleer en dit mag nog paar jaar duur. Geld is reeds weg. Man wat sy land wil dien?

Blits ·

Ek wonder of Barry Farber regrig die storie glo dat molefe net die land wil dien???? as hy dit glo is hy ook maar lekker aan die slaap

Hennie ·

Bosluise wil ook net die diere dien aan wie hulle vas suig…nee rêrig hoor!

Vryheid ·

Moet ons hom nou jammer kry. Al waaroor hy jammer is is dat hy uitgevang is.

Chris Ws ·

Die persoon/e by Escom se pensioenfonds wat die uitbetaling van pensioengeld aan Molefi goedgekeur en gemagtig het moet voor stok gekry word.Hy het nie die geld aan homself uitbetaal nie!Die skuldiges moet van diefstal aangekla word.Na regte hoord HULLE daai R11miljoen terug te betaal.

hendrik ·

Ou Barry is lekker been-af oor Brain Molefi want hy weet dat Brain R 30000000 gekry het.

zoom zoom ·

Maar hy dien dan ons land. Hy is dan ‘n ere kolonel in die SA Lugmag. Hy het dan vir zuma en die guptas gedien. Wasroor huil hy nou. Hy het nie gehuil toe hy saam met die elite in ‘n shebeen whiskey gedrink het. Bekla jou lot aan zuma ou groote.

karel ·

Lekker uitgevang!!!! Kry vir jou!!!
En die man wat hom verteenwoordig is seker ‘n lefty.

Barries ·

Tyd dat hy nou oneervol uit weermag ontslaan word. Engelse “cashiering”.

Colleen ·

Weet hy wat beteken dit om sy land te dien? Dalk kan sy prokureur sy tyd mors en aan sy klient breedvoerig verduidelik wat dit behels om jou land te dien. Jy dien ook nie jou land as jy ‘n skelm verteenwoordig nie. Hy het geweet die geld moes nie aan hom uitbetaal word nie en nou maak hy asof hy die slagoffer is.

Cor ·

Die regsverteenwoordiger se Mnr tranedal wil net werk om geld te verdien, huh se eerder hy wil net gaan waar hy kan korrupteer . Hy mnr tranedal het mos toe hy in beheer was van Transnet gese hy voel niks vir die oud SAV pensioenarisse se situasie nie, so ons voel niks vir hom nie. Nou is sy vriende weg wat gedeel het.

Alida ·

Prokureurs en Advokate wat aan sulke hoë profiel sake werk weet waar hulle brood gebotter is. Lag al die pad bank toe al weet hulle die kliënt is skuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.