Brics-bank gaan dalk Eskom help

Brics-staatshoofde Foto: @ClaysonMonyela op Twitter.

Brics-staatshoofde Foto: @ClaysonMonyela op Twitter.

Die New Development Bank (NDB) wat Dinsdag by die Brics-beraad bekend gestel is, bied hoop aan Eskom wat sy finansiële verknorsing betref.

“Gelukkig het ons nou ander kanale waar ons geld kan kry,” het Brian Molefe, Eskom se waarnemende voorsitter en hoof van die Suid-Afrikaanse gedeelte van die Brics (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) se sakeberaad, gesê.

Molefe het gestraal toe hy Donderdag tydens die beraad in Ufa, Rusland, die moontlikheid van nuwe finansiering aan die African News Agency (ANA) bekend gemaak het.

Dit kom nadat die nasionale energiereguleerder (Nersa) die kragvoorsiener se aansoek vir ʼn addisionele verhoging van tariewe, meer as 9%, afgekeur het.

Die nuwe NDB maak binnekort sy eerste streekskantoor in Suid-Afrika oop en Eskom het moontlik ʼn nuwe bron om sy finansieringsgaping te oorbrug.

“Ons het nou ander kanale en die NDB is definitief een daarvan,” het Molefe gesê.

Molefe het die twee Suid-Afrikaners Leslie Maasdorp en Tito Mboweni se aanstellings by die bank geloof. Maasdorp, die president van Suider-Afrika vir die Bank of America Merrill Lynch en voormalige adjunkvoorsitter van Barclays Capital en Absa Capital, is as die bank se adjunkpresident aangestel. Tito Mboweni, voormalige goewerneur van die Reserwebank, is as nie-uitvoerende direkteur aangestel.

Molefe het egter berigte oor ʼn voornemende kernkragooreenkoms tussen Suid-Afrika en Rusland ontken en gesê hy was nie by sulke gesprekke betrokke nie. “Ek was glad nie in gesprek met enigiemand by Rosatom [Rusland se staatskernkragkorporasie] nie, en het ook nie enige algemene gesprekke gehad oor kernkrag en Rusland nie.”

Volgens berigte het die departement van energie egter Woensdag gesê dié twee Brics-nasies sal verskeie opleidingsprojekte aanpak wat met kernkrag verband hou en sal bewusmaking skep oor dié bron van energie om openbare mening daaroor te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Peet Schabort ·

Natuurlik gaan hulle help, die rede is voor die hand liggende.

André ·

Ja, en dan is Suid Afrika aan Rusland en Sjina verskuldig! Dis pure malligheid!

HEVW ·

Beslis, daar sal n prys wees, en die greep van kommunisme sal verstewig. In die internasionale politiek was daar nog nooit n enkele kersvader nie.

Christo ·

Die prys???? Nog meer sjinese winkels en meer sjinese wat wettig toegelaat word in S A

Winston ·

Eers dan sal die regering besef dat hulle nou die argitekte is van die onder drukkende apartheid wat nog kom. Kommunisme.

Piet ·

Mooiman ! So kom die hele PLAN bymekaar. RSA se minerale spens asook die Kaapse See Roete gaan in die toekomstige wereldheerser se skoot val. Besef die mense dit nie ? Hulle is nie haastig nie solank die doelwitte bereik word.

frik ·

Wie gaan inelkgeval weer vir dit betaal die bietjie belastingbetalers wat al klaar oorlaai is. En die ergste is dat n mens nie eers weet of die geld reg gebruik gaan word nie. Dit het mos n manier om te verdwyn in die lig en geen haan kraai daarna nie

susan ·

Ek se al lankal hier is n derde mag agter die regering. Die ANC regering word soos pione rondgeskuif tot op n dag…. Dis wat gebeur as geld jou afgod is. Eskom is in elk geval n bodemlose put. Hulle sal nooit genoeg he nie.

scalla ·

Besef waarnemende hoof ,molefe dat die geld terug betaal moet word en teen n prys, wonder of hy nog gaan straal of daar sal wees as dit by betaaltyd gaan kom

Aggie ·

ja ja en wie gaan die geld ontvang en in sy sak stop? En wie van Eskom het die kennis om iets aan die saak te verander?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.