Brics-bank keur lening van R17 miljard aan SA goed

(Grafiek: www.gov.za)

Die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB) het ʼn lening van $1 miljard, sowat R17,3 miljard, aan Suid-Afrika goedgekeur om die stryd teen die Covid-19-pandemie te help finansier.

“Die program is daarop gemik om Suid-Afrika te steun in sy pogings om die verspreiding van Covid-19 te bekamp en die menslike, maatskaplike en ekonomiese verliese wat die uitbreking veroorsaak het, te beheer,” het die tesourie Saterdag gesê.

Die program sal bydra tot die voorsiening van noodsaaklike gesondheidsorghulpbronne en die versterking van die maatskaplike veiligheidsnet in Suid-Afrika. Die tesourie sê voordele sluit in die verbetering van die openbare gesondheid- en noodgesondheidstelsel, asook die fasilitering van sosio-ekonomiese herstel.

Die bank se raad het vantevore die stigting van ʼn noodfasiliteit om lidlande te help, verwelkom. Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika maak deel van Brics uit. Noodlenings aan lidlande kan gebruik word om uitgawes te finansier wat direk met die stryd teen Covid-19 verband hou, asook om steun aan die regerings te gee om maatreëls in te stel wat tot ekonomiese herstel sal lei.

“Die nasionale tesourie verwelkom die goedkeuring van die lening en werk saam met die NDB aan die finale tegniese en administratiewe vereistes. Die besonderhede sal bekend gemaak word sodra die proses afgehandel is.”

Die bank is op die been gebring om infrastruktuur en ontwikkeling in die lidlande te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JohanR ·

Soe Suid Afrika het nou eintlik geld by Brasilië , Rusland, Indie en China geleen, en as SA enige geld in daai bank ingesit het, het hulle nou net hulle eie geld terug geleen, seker teen ‘n wonderlike hoe rente koers? As VBS nog bestaan het kon julle daar geleen het, en toe hy val hoef julle nie terug betaal het nie. Vra maar vir Zuma.

Spyker ·

Ons soek nog baie by hulle. Hoop nie hulle betaal dit terug nie

Jacobus ·

Wie moet ons bedank – Sjina natuurlik. Hulle moet indien moontlik aan ‘n massale skuldgewete ly. En dan sit ons leiers hulle voet in die wip.

johanf ·

Jy bedoel China het opsetlik hierdie pandemie veroorsaak, ten spyte van hul dodetal, die weer uitbreking in Beijing……. raak al die lenings nou die belasting betalers se las…..? Jammer as ek onnosel of sarkasties klink, vra maar net,
Mooi aand

Kokerboom ·

Die Tesourie se definisie van voordele is so wyd en akademies geskryf jy kan enigiets daarin lees. Dit sal help as toestand van provinsiale hospitale daarmee verbeter kan word!

marius ·

Gemik om die vrate wat die land regeer se wange dik te hou .

Snowball ·

100%. Êrens gaan iets weer ‘per ongeluk’ in iemand se rekening beland.

Nie Verbaas ·

En wat het van R500mil geword? Kaders loop met vol sakke rond. $1miljard gaan dieselfde pad loop. Hoe beplan ons slim ANC gemeenskap om die geld terug te betaal?

Alleen Wolf ·

Die belasting betalers, ek en jy gaan dit terug betaal

Eerlik ·

Ons regering speel die covid kaart baie goed, kry net meer en meer geld van oral, ek sien en hoor van geen van die ander fondse wat alreeds gegee is en wat presies daarmee gedoen was nie. Wonder hoeveel ons belasting betalers gaan terug betaal aan al hierdie “lenings”.

Stefan ·

Mooi man, dit kan somer reguit aan die SAL oorbetaal word, kan ons nog jare kromlè om dit af te betaal.

Jaco ·

Dié geld is bedoel vir regruk van SA se ekonomie. Deesdae is daar baie geluide, selfs vanaf president ramaphosa, dat die wit rol in of beheer oor die ekonomie moet stop. So, as ons regering nou hierdie geleende geld goed wil gebruik, doen dan asseblief die volgende:
Deporteer al die wit mense na Europa, Amerika, Kanada, Australië ens. Dan is die wit “mag” en wit “rassisme” ens ens mos weg. Dis ‘n proses wat hoogstens 1 jaar sal duur. Stempel ook groot in elke gedeporteerde wit mens se paspoort “return to South Africa by his passport holder is forbidden”. Dit sal dan beteken dat die “wit” lande waarheen ons gedeporteer word, verplig sal wees om ons in te neem.

Alleen Wolf ·

En hulle gaan ons almal met ope arms ontvang ten koste van hulle eie mense, hou aan met droom

Adam Adriaan ·

Daar het China nou ‘n groot vis gevang en ek glo hy sal nooit weer los kom nie. Chinese musiek is nou vir die ANC aan die orde van die dag. Dans gaan hulle dans van ‘n wals tot ‘n tango en ;n toi= toi. Die mis vloer gaan naderhand brand.

Kokerboom ·

Lewer asb verslag hoe die lening aangewend gaan word asook kontrole van aanwending asb

Kanjynoumeer ·

Leen, leen is n leeelike naam, en terugbetaal aan Leen is nog n veel erger gemors van epidermiese gevolge en in die proses gaan dit nog in sakke in waarin dit nie moet gaan.

Ons land was al reeds in n groot finansiële verknorsing voor die pandemie. Wat n gemors!

Dirk Mostert ·

Wonder wat dien as sekuriteit vir die lening. China is nie Kersvader nie. Dalk Kaapstad-hawe.

Gato ·

Bevrees dit is heeltemal te min. Die SAL wil dan R26 miljard he net om hulle planne uitgevoer te kry.
Die ANC gee die R17 miljard sommer voor ontbyt uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.