Brics-lande het oog op geopolitieke skuif

Die Brics-beraad begin Dinsdag in Johannesburg. (Foto: Brics/Twitter)

Leiers van Brics se ontluikende ekonomieë, wat sowat ʼn kwart van die wêreld se welvaart verteenwoordig, vergader vandeesweek in Johannesburg met die oog daarop om die blok se invloed te vergroot en te druk vir ʼn skuif in internasionale geopolitiek.

Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting China se pres. Xi Jinping, die Indiese eerste minister, Narendra Modi, en Brasilië se pres. Luiz Inacio Lula da Silva vir die drie dae lange beraad – wat Dinsdag begin – ontvang.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland sal aanlyn inskakel.

Poetin het besluit om nie self na Suid-Afrika te reis nie omdat die Internasionale Strafhof ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het; ʼn lasbrief wat Suid-Afrika moet uitvoer, sou Poetin die land binnekom.

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, sal wel na Johannesburg reis.

Brics verteenwoordig miljarde mense oor drie vastelande, met ekonomieë op verskillende vlakke van groei. Die land het wel een ding gemeen: ʼn Afkeer van ʼn wêreldorde wat hulle sien as dat dit die belange van ryk Westerse magte bevorder.

“Die tradisionele internasionale regeringstelsel het wanfunksioneel en gebrekkig geword en skiet te kort,” het Chen Xiaodong, die Chinese ambassadeur na Pretoria, Vrydag gesê. Volgens hom word Brics “toenemend ʼn sterk mag ter verdediging van internasionale geregtigheid”.

Daar is groeiende belangstelling in die blok; minstens 40 lande het al aangedui dat hulle belangstel om aan te sluit en 23 hiervan het al formeel aansoeke ingedien om Brics-lede te word.

‘Gepolariseerde wêreld’

Anil Sooklal, Suid-Afrika se ambassadeur in Asië en by Brics, sê een van die redes waarom soveel lande wil aansluit, is die “gepolariseerde wêreld waarin ons leef en wat verder verdeel is deur die Rusland-Oekraïne-krisis en waar lande gedwing word om kant te kies”.

“Lande in die Suide wil nie voorgesê wie om te steun, hoe om op te tree en hoe om hul soewereine sake te behartig nie. Hulle is nou sterk genoeg om hul onderskeie posisies te laat geld,” sê Sooklal.

Brics het ook hoop laat opvlam vir lande wat hoop om die internasionale “argitektuur” te herstruktureer, sê hy.

“Die groot markte is nou in die globale suide … maar ons is steeds op die rand wat betref internasionale besluitneming.”

Lebogang Legodi, dosent in internasionale politiek by die Universiteit van Limpopo, stem saam dat talle lande gretig is om aan te sluit en “Brics sien as ʼn alternatief vir die bestaande hegemonie” in wêreldsake.

Nagenoeg 50 ander leiers sal ʼn “vriende van Brics”-program tydens die beraad bywoon.

Die tema vir vanjaar se beraad is “Brics en Afrika: ʼn Vennootskap vir gemeenskaplik versnelde groei, volhoubare ontwikkeling en inklusiewe multilateralisme”.

Die beraad vind plaas op ʼn “kritieke infleksiepunt”, sê Steven Gruzd van die Afrika-Rusland-projek by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Betrekkinge.

“Die bestaande multilaterale stelsel is onder druk,” sê hy.

ʼn Besluit oor die uitbreiding van Brics-lidmaatskap word aan die einde van die beraad verwag, sê Sooklal.

ʼn Opgeruimde Ramaphosa het Saterdag by ʼn ANC-vergadering in Johannesburg gesê “ons gaan ʼn fantastiese Brics-beraad hê”.

Hy sê die teenwoordigheid van soveel staatshoofde “wys Suid-Afrika se invloed en die impak” wat die land op die wêreld het.

Kenners wat Brics met ʼn valkoog dophou, is egter nie geweldig optimisties oor die beraad se uitkomste nie.

“Ek dink nie hierdie beraad gaan enige ingrypende uitslae oplewer nie omdat die mag steeds by Westerse lande berus. China is ontluikend, maar is nog nie die oorheersende mag nie,” sê Gruzd.

Brics is 2009 gestig en lewer 23% van internasionale BBP. Altesame 42% van die wêreldbevolking woon in Brics-lande en die gesamentlike blok verteenwoordig meer as 16% van die wêreld se handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Harry ·

What has the BRiCS nations done or achieved since it’s inception? I kind of agree with the whole concept but it’s obvious the ANC is involved, because nothings happening

Mnr De Beer ·

BRiCS can’t achieve anything as the BRiCS members are very disconnected ideologically at the moment.

Republikein in die Wes Kaap ·

Maar soos enige disfunksionele familie. Hou nie van mekaar nie, maar verduur mekaar.

Mariana ·

Sien niks goed van die Brics kom nie. Kyk na die lande wat betrokke is en die wat wil wees. Wanneer is daar vir SA se inwoners gevra wat hulle dink van die ANC se planne. Soos gewoonlik gaan hulle hul gang asof die mense van die land nie ‘n sê het nie. Tipies.

Martie Smartie ·

Lande in die suide (van Afrika en Amerika) wil deur niemand voorgese word nie, maar is altyd voor in die koor as dit kom by bedel.

HPJ ·

Die Weste se tyd van om hulle morele verrote beginsels op die wereld af te druk is verby Maar daar is maar altyd die wat op die weste se betaal lys is wat negatief is En natuurlik die liberale pers kan nie anders om negatief daaroor te wees nie Die Weste sukkel om n defenisie vir n VROU te kry

Maria ·

Stem. En Engeland en Amerika staan voor in die koor van gruwelikhede. Het Rusland drie jaar gelede besoek vir n hele ruk. Baie beter as enige westerse land. Skoon, kapitalisties, oulike mense en modern. Nogal outyds soos Boeremense en baie gasvry.

Papsak ·

Ja die beste van als is ons word nie nie eers gevra wat ons dink van anc nie

Ryan ·

Ek dink dit is ooglopend wat ons van anc dink. Ons hoef dit nie hardop te sê nie.

Jaco ·

Ek het nog ‘n geopolitieke voorstel:
Deporteer al SA se wit mense na Amerika, Kanada, Europa en Australië. Dan is die sogenaamde “ongelykheid” in SA verby en is radikale ekonomiese transformasie finaal in plek. Eks amper 56 jaar oud maar eerlikwaar, ek sal met net die klere aan my lyf van vooraf begin in ‘n land waar meriete en ondervinding tel en nie allerhande ras- en velkleur voorwaardes nie. Daai lande wat ek lys is ook sonder beurtkrag, swak vuil staatshospitale, slaggate in paaie, hemelhoë misdaad en en en.

Maria ·

Nadat ek 2 van jou voorstelle reeds besoek het kan ek jou inlig dat my beste opsie vir jou Rusland sal wees, al is dit nie op jou lys nie. Het daar gewoon vir n ruk. Was silwerskoon, kapitalisties, beskaafd, modern en fantasties mooi. DIe Russe is gelowige goeie mense wat nog hul families bymekaar hou. Was my lekkerste tyd ooit en gesels nog steeds met hulle. Die progaganda teen Rusland is belaglik

Marthinus W ·

Die Brics-lande is baie duidelik: hulle is ten gunste van n wereldorde gebaseer op internasionale reg, soos verwoord deur die VN. Hulle is gekant teen die sogenaamde “rules-based order”, waar Amerika alleen die reels maak.

annie ·

BRICS is ‘n goeie plan. Sonder gesonde kompetisie stagneer die wêreld onder ‘n eensydige magsbehepte groep wat alles oa minerale en rykdom beheer. En soos sake nou agteruitgang sal liberale loslit goddelose idees ook op ons afgedwing word. Die VSA is voor in die koor met aborsies, geslagsverandering waar mans reeds geboorte skenk en erge verdowingsmiddels vryelik gebruik word. Westerse lande is net slinkser met erge vergrype.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.