Brics-lande moet ʼn Brexit-reaksie formuleer, sê Agri SA

brexit-saAgri SA het Dinsdag gesê die Brics-lande, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, moet ʼn gesamentlike reaksie beplan ná Engeland se referendum bepaal het dat die land die Europese Unie moet verlaat.

Johannes Möller, president van Agri SA, het gesê indien die Brics-lande op ʼn formele manier saamgevoeg word, kan dit die fokus van Brics, van ekonomiese groei deur handeldryf, bevorder. Meer as ʼn derde van Suid-Afrika se wynuitvoere en meer as 20% van talle vrugteuitvoere na die EU word in Engeland verbruik. “Dit is boonop algemeen bekend dat Engeland steeds een van die finansiële reuse in die wêreld is en ʼn groot verskaffer en uitvoerder van dienste,” het hy bygevoeg.

Möller meen die impak van Brexit op die landboubedryf sal minimaal wees in die korttermyn, afhangend van die impak van die rand teen die pond. “Uit ʼn landbouperspektief sal ons in die onmiddellike toekoms bedagsaam moet wees om die beste dispensasie vir landbouprodukte na die Britse mark te verseker,” het hy bygevoeg.

Volgens hom bly die EU/SAOG Ekonomiese Vennootskapooreenkoms (EPA), wat onlangs gesluit is, vir minstens twee jaar van krag, die minimumtydperk vir Brexit om in werking te tree. “Dit bied voldoende tyd om ʼn nuwe handelsooreenkoms te sluit met Engeland,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Brexit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vrugtesmous ·

Brittanje wat nie warm klimaat landbou produkte kan produseer nie aangesien hulle n koue land is, was as deel van EU soortvan verplig om dit in te voer vannaf ander EU lande wat warmer is soos Spanje, Portugal, Italie ens. Nou het hulle vryheid om dit in te voer van waar hulle wil, wat ons n in n baie sterker posisie plaas om na hulle uit te voer. So, Brexit kan ons baie bevoordeel!

Theuns ·

Die Brics lande is ‘n klomp skelms. Agri SA hou maar verby!

Rynhardt ·

Agri SA kom ek n kykie na van die Bricks lande.Rusland die Anc se groot held, het sanksies teen hom! Kommunistiese China-nog n groot held van Anc se ekonomie is slegter daarin toe as 2009! Brasilie se ekonomie is voos soos SA s’ n en sy vroulike president is korrup.Hul wil haar in n staat van beskuldiging plaas, terwyl Zuma dit hier systap met mening! Dan is daar Indie, nog n groot vriend van Anc met wie Guptas sterk bande het.Agri SA het jy al ooit gewonder wat al die geheime ooreenkomste met China behels terwyl Jan Publiek in duister gehou word?? Agri SA, Bricks lyk nie belowend nie of hoe??

Jcwf ·

Ek wonder maar net hoekom die BRIC hier in die meervoud geskryf word. Brics?

En dit gaan nie baie goed in dié vier lande. Rusland en Brasilië het baie ekonomiese en politieke probleme. Hulle speel eintlik bankrot. Sjina gaan ook ekonomies baie minder. Bly eintlik net Indië oor wat nou probeer om sy betrekkings met die VS te verbeter. Eintlik hoor mens weinig oor die viertal meer. Behalwe in Suid-Afrika. Wonder hoekom.

Wat die brexit betref begin die Britte reeds baie hulle keuse te betreur. Die pond het ingestort wat die aankoop van produkte soos wyn uit Suid-Afrika nie gaan help nie.

Politiek is daar ‘n ontwaking in die res van die EU. Die Europese Parlement begin meer ‘n fokus te word omrede hulle die enigste mense is wat regtig vir ons almal kan spreek. Ek dink vir die rEU is brexit ‘n seën. Sonder die Britte gaan dit eenvoudiger word om hervormings deur te voer. Die Britte self is ‘n groot gemors. Leierskap ontbreek behalwe in Skotland. Die waarheid is dat Engeland meer hervormings nodig het as die EU.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jcwf

“Brics” is nie die meervoud van “Bric” nie. “Brics” is die groepering lande wat Suid-Afrika insluit (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika). Die afkorting het verander toe Suid-Afrika ook ‘n lidland geword het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.