Brics-leiers teken samewerkingsooreenkoms

Brics-leiers by die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg (26 Julie 2018) Foto: Siyabulela Duda, GCIS

Die leiers van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika (Brics) het Donderdag hulself verbind om strategiese vennootskappe te verstewig deur vrede, ʼn regverdige internasionale orde, volhoubare ontwikkeling en inklusiewe groei te bevorder.

Die leiers het tydens die 10de beraad van die Brics-lande ook bepaal dat samewerking in die ekonomie, vrede en veiligheid verhoog sal word.

Die beraad vind van 25 tot 27 Julie plaas in Johannesburg onder die tema “Brics in Africa: Collaboration for Inclusive Growth and Shared Prosperity in the 4th Industrial Revolution”.

“Ons bevestig die belangrikheid van samewerking op wetenskaplike, tegniese, innovasie en entrepreneurskapgebiede vir volgehoue ontwikkeling en om inklusiewe groei te verseker.”

Brics-ledestate streef ook na universele toegang tot elektrisiteit, energiesekuriteit, energiebekostigbaarheid, verminderde besoedeling en natuurbewaring met diversifikasie van energieverskaffing, insluitend hernubare en laekoolstofenergiebronne, beleggings in energie en energieinfrastruktuur.

Die Brics-leiers het die verbetering in die wêreldwye ekonomie verwelkom, maar neem kennis dat die groei minder gesinchroniseer is en daar is steel risiko’s aan verbonde. “Dit is te sien in ʼn verskeidenheid van uitdagings insluitend handelskonflikte, geopolitieke risiko’s, wisselvalligheid van kommoditeitspryse, hoë privaat en staatskuld, ongelykheid en onvoldoende inklusiewe groei,” het die leiers gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Paul ·

Mooi man. 10/10 vir julle. En ek sien Poetin het beduie dat Nelson Mandela se nalatenskap het ook in die BRICS neerslag gevind, so word dit ervaar. Hy het Nelson seker persoonlik geken. Maar hy sal mos weet om die kwas mildelik te gebruik.

Paul ·

Maar ek sien agter die skerms het die vonke behoorlik gespat oor SA se diplomatieke optrede. CR het blykbaar nie genoeg erkenning aan Poetin gegee nie, wel ten minste nie soos vir China nie.

Salamander ·

Ek hoop al hierdie nuwe vriendjies met die diep sakke gaan iets sê oor die onteienings fiasko. Ek hoop maar net, maar realiteit gaan koning kraai. Meeste van hulle kyk oor maar net oor die heining om te sien wat ons het om te verpand. Eskom gaan tragies in hulle sakke beland.

Arak ·

“Universiële toegang to elektrisiteit…”, Waarvan praat hulle? Met Eskom se onvermoeë om krag te lewer en met die hoë koste van die krag (ons krag is 5x duurder as in Kanada) is dit maar net nog ‘n spul leë niks seggende woorde.

Beulah ·

Ek vind dit absoluut lagwekkend hoe die land brand en uitmekaar val maar die “leiers” teken die land nog verder weg! Niks is ooit verniet nie.

Rupert Ashford ·

Vrede? Het iemand vir ou Xi uitgevra oor die “South China Sea” waar Chinese eilande met militere basisse uit die niet verskyn en ander lande uit hulle gebiedswaters geboelie word? Of gepraat oor renosters? Of oor patentregskendings?

Gerhard ·

Moenie sulke goed in die openbaar se nie. Die Sjinakaners hou nie daarvan as jy iets sleg van Sjina se nie.

JP ·

Net jammerlik ou sien nie beter posetiewe lande nie, volgens my mening net ‘n klomp met negatiewe gevolge

Judge Dredd ·

Die ANC SA het self gekies om met die muishonde van die wereld saam te loop. Die resultaat is dat die beter lande nou nie meer eintlik iets met ons te doen wil he.

Morne ·

En so paai hulle mekaar en bak mooi broodjies, intussen brand SA en 50 mense word daagliks koelbloedig vermoor. Nog meer word gemartel en verkrag en die sogenaamde leiers van hulle mense leef in weelde…die ironie is lagwekkend. Ou brulpadda en sy kaders vryf seker hulle vet blink handjies met al die geld wat gaan instroom. So g@tvol vir die spul narre…

bgj van der westhuizen ·

watter oor een koste wil hulle nog maak alles wat jy koop is in china gemaak en indie ja dalk het die russe en brasilie nou ook gese hulle wil ook nou hulle hand in die deel he

Willie ·

Staan CR so tussen die wereld rampokkers… seker waar hy hoort

Nikita ·

n Samewerkingsooreenkoms, kan ons dan staatmaak op verminderde besoedeling & natuurbewaring? Jammer ek kloof oop tot op die been. Ons riviersisteem is n nagmerrie. Soute & sure van RIOOL dryf al hoe meer die rivier af, ons rivier is so besoedel dat die vislewe nou op grootskaal vrek. Egiptiese ganse gaan nie eers meer die water in nie. Hulle bly op die wal en raas en baklei met mekaar, dis hartverskeurend. Die visvangertjies hoor & sien ons nie meer nie. Krappe kom eet nie meer die voer wat ons vir hulle gegooi het nie…ons sien hulle glad nie meer. Die paar visse wat gesien kan word dryf & probeer om nog vir oulaas te snak na asem om suurstof in te neem, vislewe hier besig om uit te sterf. Mense sit in posisies wat onbevoeg is. Ons kan nie toelaat dat die natuur so vernietig word deur mense wat nie omgee en net hulle sakke wil veryk nie. As dit so aanploeter gaan hier niks oorbly vir die samelewing en ons kinders nie. Armes lei ook hieronder wat visvang, dis hulle enigste maaltyd vir die dag. As hulle wel n vissie kry sal dit hulle net vergiftig. Die bome langs die rivier is besig om om te val en te vrek, nie meer hoop vir hulle. Nou vra ek gaan hulle iets hieromtrent doen voor dit te laat is? Tyd loop uit…so waar as padda in die water spring!

Joshua ·

As wat gaan ons bekend staan? ‘Republic of Indbrachirus?’ Eish.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.