Brief wys dalk waarom ma en dogter sterf

visrivier-canyonDie ma en dogter, wie se lyke in die Visrivier-canyon gevind is, was glo in Namibië om haar ander dogter se as te strooi nadat sy verlede maand in dié land in ʼn motorongeluk oorlede is.

Hoofinspekteur Kauna Shikwambi, waarnemende hoof van die Namibiese polisie se openbare betrekkinge-afdeling, het aan Maroela Media gesê die 47-jarige ma en 28-jarige dogter is Saterdag as vermis aangemeld. Hul lyke is Maandag gevind.

Volgens Shikwambi is ʼn sak met van die vroue se besittings in gevind. Sy het gesê Duitse dokumente en briewe is in die sak gevind, maar moet eers vertaal word.

Die Republikein berig intussen ʼn selfmoordnota is wel gevind. Volgens die berig het die vroue na Namibië gereis om Navinia Perry (22), die vrou se ander dogter, se as te strooi, nadat sy in Desember in ʼn motorongeluk in naby Okombahe dood is. Navinia het as leerlingonderwyseres by ʼn Duitse skool in Otjiwarongo gewerk.

Shikwambi het bevestig die polisie vermoed tans geen vuilspel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gesiggie ·

Tog so hartseer, dit is nie altyd maklik om die dood van n geliefde te verwerk? n mens wonder net hoekom die Ma en dogter? en is die as eers gestrooi voordat hul besluit het om hul eie lewe te neem? of op hoe manier… sal nogal graag n opvolg storie aangaande die gebeure wil lees, sodra die briewe vertaal is? Dit is nie dalk moontlik dat hierdie ook tot n moord saak kon lei? briewe kan geplant word…. n moord kan fyn beplan word… maar net n gedagte omdat Ma en dogter saam besluit het om hul lewe te neem”’tog so jammer

jemma ·

Aai tog Gesiggie.Het nog nooit hier iemand teegekom met so ryk verbeelding soos jy nie.En wat heeldag aldag by elke berig so baie vrae vra. Sug.

Liesbet ·

@Jemma, ek stem 100 persent saam met jou. Gesiggie met al die vrae ? maak my ook moeg.

E.K. ·

Jemma en Liesbet – hoekom nou naar wees? Ek dink Gesiggie kan dalk een van die dae ‘n speurroman skryf, sy vra die regte vrae : ) . Dis nie nodig om ander af te kraak net omdat hulle nie dieselfde dink as jy nie, regetig waar. Baie tragies, verlange/gemis na a’n geliefde en daaropvolgende depressie kan mens snaakse dinge laat doen. Dalkwas daar niemand wat regtig na die eerste kind se dood na huluitgereik het nie – die emnsdom gee mos maar min om vir mekaar deesdae.

DPJ ·

Ai togie om as ‘n lewenslustige mens besluit om hand aan eie lewe te slaan is baie erg. ‘n vol lewe wat nog voorgelê het. RIP.

HEVW ·

Mense wat so hul eie ontledings en gevolgtrekkings maak moet liewer gaan vir speuropleiding in n polisiekollege. Ons het het juis n tekort aan sulke dienste.

Lynette ·

Selfmoord? Hoe het lyke in rivier gekom? Kan nie dink dat twee volwassenes hulself gaan verdrink nie. Baie makliker maniere as dit.

jemma ·

ek het die berig nou weer n keer aandagtig gelees ma nerens lees ek dat hulle hulself ” verdrink” het nie. “Visrivier Canyon” beteken nie noodwendig dat hulle hulself verdrink het nie Lynette…kyk na die foto by die berig dan sal jy sien wat is n canyon. Bestaan ook uit massiewe rotsoppervlak.

Louise ·

Ons is darem maar ‘n negatiewe nasie. En ek dink ons land se mense raak al hoe meer depressief. Die duiwel is BAIE besig ne?

Ernest ·

Ag vriende, verstaan julle nie wat beteken “kommentaar” nie,..???? Hou julle by die betekenis ! Waarom kritiseer julle MEKAAR se kommentaar, want dit is glad nie die bedoeling nie. Nee wat, staak die koersloosheid en hou by dit waarvoor die geleentheid geskep is. Gaan veg met mekaar op ‘n ander plek………….

Sandra ·

Ons was nou Desember by die Visrivier Canyon. Dit is onmenslik diep en daar is slegs ‘n baie klein stroompie water wat in die middle van die canyon loop. Onmoontlik om te verdrink daar. Daar is wel geen heining om die canyon nie, en as mens daar sou afspring, sal dit ‘n gewone doodval wees, omdat dit verskriklik diep is. Ander se boeke is duister. Sterkte aan die familie en rus in vrede.

Pieter ·

Sandra ek het die Visrivier Canyon al 3 keer gaan stap. Die klein stroompie water wat jy van bo vanaf die uitsigpunt sien is massiewe poele as jy onder kom. Van die poele is so diep dat jy op sommige plekke nie kan staan nie.

Daar is baie stappers wat al omgekom het in die Visrivier Canyon weens hitte uitputting, ontwatering en mense wat met siektes onderlede stap. Soos jy afstap in die Canyon in Ai-ais se rigting wat deel uitmaak van die staproete is daar op sommige plekke plaatjies op die rotse aangebring van mense wat dood is tydens staptogte.
Die hele aangeleentheid is baie tragies en is ek bly ek het nie op die toneel afgekom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.