Brigadier met kriminele rekord werk steeds vir polisie

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Polisiebrigadier wat in ʼn sekuriteitsklaringsdebakel gewikkel is en later by die polisie aangesluit het nadat sy aan diefstal skuldig bevind is, is nog steeds in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het LP’s Dinsdag gehoor.

Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gesê misdaadintelligensie brig. Leonora Phetlhe is geskors, maar sy daag dié besluit.

“Sy is nie afgedank nie. Die proses is nog nie afgehandel nie,” het Sitole gesê. “Die ondersoek is in ʼn gevorderde stadium en die dossier is by vervolging. Die proses duur voort. Sy het ʼn brief van haar skorsing tydens haar verlof ontvang. Toe sy ná haar vakansie teruggekeer het, het sy die skorsing op tegniese besonderhede gedaag.”

LP’s was nie beïndruk toe hulle wou weet waarom iemand met ʼn kriminele rekord in die eerste plek toegelaat is in die polisiediens nie.

Bonang Mgwenya, adjunk- nasionale kommissaris vir menslikehulpbronnebestuur, het ʼn gebrek aan tegnologie beskuldig oor die feit dat Phethle aanvanklik in diens geneem is. “Toe die kwessie aangeroer is, het ons na die rekords gekyk. Ons het bevind dat sy inderdaad in 1997 skuldig bevind is. Toe sy aangestel is, het die stelsel dit nie in daardie stadium aangedui nie. Sy is twee jaar ná die skuldigbevinding aangestel. In daardie stadium was ons stelsels nog nie gevorderd nie. Ons het nou ʼn aantal stelsels in plek.”

Mgwenya en Sitole het gesê hulle sal die komitee later inlig oor Phethle se lot.

Dit het verlede jaar in dieselfde komitee aan die lig gekom dat Phethle na bewering die sekuriteitsklaring van waarnemende misdaadintelligensiebaas Pat Mokushane vervals het.

Sitole en sy span het LP’s laat weet van ʼn agterstand wat betref sekuriteitsklarings van misdaadintelligensiebeamptes – iets wat hulle benodig om vertroulike dokumente te kan hanteer. Van die 51 misdaadintelligensiebeamptes in die bestuur wat ondersoek is, het 29 klaring, terwyl die sertifikate vir 22 ander nog geprosesseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eish ·

Dit is n sopstorie.
In die 80′ was die tegnologie reeds beskikbaar dat niemand deur die net geglip het nie.
Dit is dalk nader aan die waarheid om te sê die kapasitieit is nie beskikbaar nie.

Johanna Botha ·

Of n krimenele rekord of ek kannie lees nie of ek is lui ….take your pick !

Tyd ·

Dit neem 20 jaar om min of meer met stelsels op datum te kom. Nog 20 jaar?

Johann ·

Dis n blatante LIEG!!!!!!! INGESLUIT DIE POLISIE was en is dit veronderstel om onmointlik te wees dat iemand met so n rekord nie blootgestel word tydens indiens nemeing nie. Maae hey… dis SA en ANC LEGACY om so krimineel en korup moontlik te wees vir n aanstelling. Immagine die res van die kaders se rekords….!!!!!!

SjN ·

Ek wonder of hul weet hoe om die stelsel te gebruik of dalk te manipuleer

tamboti ·

Nog erger. Hoe word jy brigadier nadat jy lieg oor jou VARS misdaadrekord, en dan nog jou skorsing teenstaan? Dit is onbeskryflik arrogant en vreesaanjaend minagtend van reg en geregtigheid! Sy behoort eers van haar rang gestroop te word tot op die grondvlak, dan geskors word met geen voordele en dan krimine vervolg word omdat sy gelieg het voor haar aanstelling

Sussie ·

Ek weet van n paar hoe polisiebeamptes met krimenele rekords. My kolonel het bevordering gekry nadat hy skuldig bevind was aan dronkbestuur.

Jean ·

Kan met net lag vir die klomp! N regte sirkus met die lot aan die stuur…hehehe..ai..

Willie ·

Did regtig nie iets nuuts nie.. die SAPD is regtig n verleentheid vir SA… Die swakste en korrupste staats insatnasie… Klomp skelm papbroekke…

Alwyn ·

Wat van die polisie beampte wat skuldig bevind is in die Oos Kaap aan dwarboming van die gereg en sommer bevoder is daarna.

csi ·

S sit self met ‘n Brig in sy kantoor wat se naam gemeld word in M Myn gebeure, hoe nou?

Willie ·

Dis skrikwekkend om te weet dat die SAPD die grooste Mafia in SA is…

Enheid ·

Aag asseblief , 80 % van die ANC het kriminele rekords , en hulle almal werk vir die staat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.