‘Bring terug die doodstraf,’ sê weduwee by verhoor oor plaasmoorde

Bernadette Hall getuig by die verhoor. Foto: AfriForum

Bernadette Hall getuig by die verhoor. Foto: AfriForum

ʼn Vrou wie se man twee en ʼn half jaar gelede tydens ʼn plaasaanval vermoor is, het Maandag tydens die Menseregtekommissie (MRK) se openbare verhoor oor plaasmoorde gevra dat die doodstraf weer ingestel word.

Bernadette Hall is tydens die verhoor gevra wat sy dink ʼn gepaste vonnis sal wees vir diegene wat aan plaasmoorde skuldig bevind word. Hall het gehuiwer voor sy gesê het: “Dit is onmoontlik… Ek voel persoonlik dat die doodstraf opgelê moet word of ʼn baie lang tronkstraf.”

Hall het gesê die probleem met langdurige tronkstraf is dat belastingbetalers betaal sodat kriminele gevoer en geklee word. “Ons belastinggeld betaal daarvoor. Ek sorg vir die man wat my man vermoor het.”

Die verhoor vind onder leiding van Danny Titus, voorsitter van die MRK, plaas en word in Braamfontein, Johannesburg gehou.

Volgens Hall is daar eers sowat ʼn jaar na die moord op haar man ʼn verdagte in hegtenis geneem. Die saak is uiteindelik uit die hof gegooi op ʼn tegniese punt. Sy het gesê die polisieondervraging en hofverrigtinge was traumaties.

“Ek het elke dag in die hof soos ʼn krimineel gevoel.” Hall bly steeds op die plaas waar haar man vermoor is. Daar was die afgelope twee en ʼn half jaar vyf plaasaanvalle en drie plaasmoorde in die onmiddellike omgewing.

Hall boer nie meer met mielies nie, aangesien die aanvallers in die mielieveld weggekruip en haar gesin dopgehou het voor die aanval. Hall het gesê die polisie moet veiligheid in landelike gebiede opskerp, aangesien die land teen ʼn spoed produktiewe boere verloor.

Die verhoor kom nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die MRK ingedien het teen die “traak-my-nie-agtige ingesteldheid” van die Suid-Afrikaanse Polisiediens teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91 plaasaanvalle en 42 plaasmoorde in Suid-Afrika sedert Januarie 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

alet ·

Doodstaf n gepaste voorstel as die barbare nie onsnap nie kry hulle ligte vonnise en Clive Lewis wat terinaal siek is moet sit,ander speel golf of die sit in die staatsdiens

aha theron ·

Bring terug die doodstraf, roei terreuropleidingskampe in SA uit, skiet eerste om dood te skiet wanneer iemand ongenooid in jou huis inkom, sorg dat jou gesin n plan van aksie ken vir noodtoestande, beplan veilighid vir sagte teikens in jou gemeenskap, staan saam in gemeenskappe en wees paraat.

HEVW ·

aha theron, Stem saam, ek bly maar net verslae dat daar nie n begin gemaak kan word nie Is daar dan nie een gemeenskap, boerevereniging, organisasie, wat n begin kan maak en leiding kan neem nie? Gaan miskien nog te goed?

HEVW ·

Ag, man, As daar dan net 2, 3 of 4 boere is wat kan saamstaan, n begin kan maak en met deeglikheid n voorbeeld kan stel. Dit sal beslis aansteek.

Bielie van die Bosveld ·

Jou bedoeling is baie goed, maar ek voel dat elke persoon wat deur moord in die gesig gestaar word, behoort saam met die boere op te staan soos een man. Dus, ek, jy, buurman, ens. ongeag of jy boer is of dorpenaar. Ons kan dit doen, maar weereens, hoeveel is bereid om dit te doen.

Annelien ·

My ouers is vroer vanjaar op hul plaas in limpopo aangeval(daar was moorde en aanvalle al in die verlede in die omgewing en mense wat ons geken het wat wreedaardig gemartel is voor hul dood in n aanval) en die aanvallers het ok die huis dop gehou en gewag(was nog op n sondag), hul het ingekom en die geweer op my pa gerig en die sneller getrek, maar dank God het die geweer nie gewerk nie, my pa het sy pistool gegryp en die ouens het in die badkamer gaan weg kryp, een was selfs saam my ma in die badkamer terwyl sy gebad het, my pa het hul deur die deur geskiet en een is dood, die ander het ontsnap deur die venster. Later het hul pangas en tou gekry wat die ‘mense’ saam gebring het en sou gebruik het. Daar was 4 mans al te saam(een was n klant van my ouers se kind), hy’s dood, n ander het Zim toe gevlug, en een is gevang, die ander een wag gewond is het mal gegaan soos wat ek gehoor het. Die een wat gevang is was skaars aangehou toe’s hy vrygelaat en skaars 2 weke daarna was hy betrokke by nog n aanval by die bure en het die oom gewond, hy is toe later in die hospitaal oorlede. My pa se pistool is toe gevat vir bewyse en het hom nog steed nie terug gekry nie.

Se vir my asb hoe is dit n goeie idee om sulke monsters vry te laat? Bring die doodstraf terug en raak ontslae van die kanker in ons gemeenskappe.

JB ·

Stem saam dat doodstaf teruggebring moet word, maar met ons regs stelsel sal dit n ramp wees. Sal dan eers v blankes ontslae raak!

Marelize ·

Ek sou ook graag wou sien dat die doodstraf vir moord teruggebring word, Maar….

Die doodstraf in verkeerde hande is ‘n gevaarlike ding. Indien iemand dus uit selfverdediging ‘n moordenaar tydens ‘n plaasaanval of rooftog sou doodskiet, dan word jy vir strafbare manslag of, as die dossier verdwyn, die getuies hul leuens vertel (omdat die eed nie hul gewetens bind nie) of die regter sommer daarna “voel”, vir moord aangekla!

Skielik is jy, wat die slagoffer sou wees, die aangeklaagde. Vir wie word die doodstraf nou opgelê?

Doodstraf kan net regmatig toegepas word in ‘n land waar geregtigheid in die regstelsel funksioneer, waar wetstoepassers self die wette onderhou, die regbank onafhanklik staan – en dis ongelukkig nie meer van SA waar nie…

ivan p. Petersen ·

Ek kan my eie gewapende plaaswag stelsel daar implementeer as dit daardie omgewing se boere vereniging se goedkeuring weg dra. Indien u my telefonies ook wil kontak kan u dit doen by 0827416308. Dankie. Hoor graag van u. Ivan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.