Brink-gesin: André en Rachel Brink-fonds gestig

Rachel en Andre Brink, Danie en Lise Brink se twee kinders wat op 16 Desember 2016 aan hul beserings beswyk het

Rachel en Andre Brink, Danie en Lise Brink se twee kinders wat op 16 Desember 2016 aan hul beserings beswyk het

ʼn Spesiale ongelukondersteuningsfonds is begin waar die publiek finansieel bydraes kan lewer vir onskuldige slagoffers van motorongelukke nadat tientalle mense aangebied het om die Brink-gesin finansieel by te staan ná hul ongeluk.

Die fonds staan bekend as die André en Rachel Brink-ondersteuningsfonds, ter nagedagtenis aan die twee kinders van die Brink-egpaar wat in die tragiese ongeluk oorlede is.

Maroela Media het vroeër berig dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sy vrou Lise en hul vyf kinders was op 16 Desember 2016 in ʼn ernstige motorongeluk. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood en Lise is steeds in ʼn kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal nadat ʼn gedeelte van haar linkerbeen geamputeer is.

Solidariteit Helpende Hand het Saterdag aan Maroela Media gesê ’n spesiale ongelukondersteuningsfonds is gestig om onskuldige slagoffers van ongelukke, soos Lise in hierdie geval, te ondersteun. Die voorstel vir die stig van só ʼn fonds is vroeër vandeesweek op Facebook gemaak deur Henk Schalekamp, voorsitter van die Solidariteit Beleggingsfonds (SBF). Tientalle persone het daarna op dieselfde Facebook-groep, Nuus oor Danie Brink en gesin, aangebied om finansieel by te dra tot die mediese koste en onvoorsiene uitgawes van die Brink-gesin.

“Ons het besluit om ’n ondersteuningsfonds te stig wat groter moet wees as die Brink-gesin se tragedie,” het dr. Dirk Hermann, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand en bestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Die Brinks kan die eerste begunstigdes wees, maar daar is ook ander mense wat deur soortgelyke tragedies getref word.”

Oor die administrasie van die fonds het Hermann bygevoeg: “Die fonds sal deur Solidariteit Helpende Hand geadministreer word. Dit sal beteken dat goeie korporatiewe bestuur sal geld en dat die fonds goed bestuur sal word. Bepalings en voorwaardes sal geld vir aansoeke, en toekennings vir hulp sal aan kriteria onderhewig wees.”

Schalekamp het hom reeds daartoe verbind om die eerste R1 000 vir die fonds te skenk.

Hy het sy voorstel só omskryf: “Die emosionele pyn is ondenkbaar en ons bid vir die gesin, maar met die mediese uitgawes en ander kostes kan ek help. Ek sien my eerste R1 000 as ’n Kersgeskenk en ʼn wyse om ’n gesin te help wie se lewens vir altyd deur ’n tragedie verander is. Ek hoop dat ten minste 1 000 ander mense ook op hierdie wyse ’n bydrae sal maak en só kan ons help om praktiese probleme wat gaan opduik, vinnig aan te spreek. Laat ons nie op ons wag nie: lewer ’n bydrae en maak ’n verskil.”

Maroela Media verneem Lise se kaakchirurgie kan tot R250 000 beloop. Die gesin se mediese fonds sal van die kostes dek, maar die nasorg sal baie duur wees en nie alles word deur die mediese fonds gedek nie.

“Ons waardeer almal se ondersteuning. Nie net finansiële bydraes nie, maar elke gebed, elke boodskap en elke ander vorm van hulp,” het Hermann bygevoeg.

Mense wat tot die fonds wil bydra kan ’n bedrag inbetaal by dié rekening:
Belangrik: Die woord ‘Brink’ moet as verwysing gebruik word
Rekeninghouer: Solidariteit Helpende Hand
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62331445503
Tak: Centurion
Takkode: 261-550

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mike ·

Baie goeie gedagte.
Ek dink in hierdie verband ook aan d seuntjie wat op pad was na ‘n skaaktoernooi wie se naasbestaande dood is in d ongeluk en wie self ernstig beseer is.

Lizle Strydom ·

Ek stem saam. Ek het reeds donasie gemaak. Sterk vir die brink gesin. Hulle ons almal se gebede nodig!!!

Tammy Morey ·

Klip in die bos, wat as HELPENDE HAND hulle eie mediese fonds stig? Is daar so n moontlikheid en sal die staat so iets toelaat. Kan bestuur bietjie vir ons meer inligting kan gee omtrent so iets. Daar is werklik groot behoefte daarvoor..

Pastoor ·

Tammy nou praat jy!!! Ek stem!! So Mediese Fonds sal ons almal dalk kan bekostig!
Ek bid vir die Brink gesin!!! Asook ander wat in ongelukke was!! Ek bid vir spoedige herstel en vertrou die Here se Genesingskrag oor elke geliefde!! Spoedig herstel!! Geseende Feestyd aan almal!!

Rbee ·

Dit is belangrik om ñ goeie mediese fonds te hê. Dan is daar ook verskillende opsies wat jy kan kies. Daar is ook GAP cover wat jy kan uitneem. Dit alles kom met ñ stywe bedraggie per maand MAAR ten minste maak jy voorsiening vir jou gesin. Sal graag wil weet watter mediese fonds hul het wat nie ten volle gaan betaal vir Lize se operasies.

Lizette Ebersohn ·

Ons is op die beste opsie op discovery gewees.. my kinders se pa het ook 6 gesig herkonstruksie operasies ondergaan en al die tande aan die een kant van sy mond was weg en hy moes inplantate kry….dit word as tandheelkunde beskou…en val onder die jaarlikse tandheelkunde toelaag….wat maar ongeveer R20k was. .ons moes toe ongeveer R80k self betaal… die medies het wel die teaterkostes gedek….maar die emosionele herstel en psigiater en sielkundige kostes het ook jaarlikse maksimum voordele wat ons elke jaar ook self moes dra…..en vergeet van inkomste-verlies eis by enige polis…jy moet omtrent kan bewys jy is amper dood en kan niks anders met jou hande of voete doen nie voor hul enige sent uitbetaal….hy kon ni

juli ·

@lizette…wie ondervra nog oor mense se medise fonds op so n tyd van ander se lewe? Skenk of hou verby! Sies man…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.