Brink-gesin se ongeluk: Lise ondergaan galblaas-operasie

Dr Brink en sy vrou, Lise en hul kinders. Links onder is Rachel, baba Daniël, André, Johann en agter hom Mieke

Dr Brink en sy vrou, Lise en hul kinders. Links onder is Rachel, baba Daniël, André, Johann en agter hom Mieke

Lise Brink het Woensdagaand ʼn suksesvolle galblaasoperasie ondergaan, maar sy is steeds in ʼn baie ernstige toestand in die hospitaal.

Lise is die vrou van dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Die egpaar en hul vyf kinders was op 16 Desember 2016 in ʼn ernstige motorongeluk. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood. ʼn Gedeelte van Lise se linkerbeen is reeds geamputeer ná die ongeluk.

Lise moet nog ʼn belangrike rugoperasie ondergaan. Dokters het vroeër die rugoperasie uitgestel, omdat Lise longontsteking opgedoen het.

Die mediese span het Danie Woensdag laat weet dat haar galblaas ontsteek is, en dat dit moontlik die oorsaak van haar koors kan wees. Sy het omstreeks 22:00 die operasie ondergaan.

Alle volgende chirurgie is intussen uitgestel. Lise se verdowing word ook van Donderdag af verminder, om te kyk hoe sy reageer.

“Sy is nog ernstig siek. Sy is steeds kritiek,” het dr. Dirk Hermann, voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand en bestuurshoof van Solidariteit wat as familiewoordvoerder optree, aan Maroela Media gesê. “Die afgelope twee dae het baie onsekerheid geskep. Ons het net weer besef hoe lank die pad is wat nog gestap moet word.”

Hermann het gesê die gesin en familie het groot waardering vir mediese personeel en spesialiste wat onverpoosd werk om Lise gesond te kry. “Ons het net soveel waardering vir duisende mense oor Suid-Afrika heen wat op verskeie wyse help, ondersteun en bid. Moet asseblief nie ophou nie. Dit is familie, vriende en selfs vreemdes wat Danie en die gesin se arms regop hou.”

Ernst Vorster, van Solidariteit Helpende Hand, het intussen aan Maroela Media gesê die organisasie se personeel gaan Donderdag om 17:00 verenig in gebed om vir Lise en die Brink-gesin te bid. “Almal is maar oor die land versprei of self op die pad iewers. Ons nooi almal om saam te bid. Elke opregte gebed word deur God gehoor, ons betoon met die aksie net ons solidariteit met die Brink gesin.”

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.
Volg die ondersteunersgroep op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Linda Klopper ·

Baie sterkte Brink gesin! Van die Klopper familie in New Zealand!! Ek rou oor my minders in SA, hulle sal volg, julle stories baie hartseer!!Maar glo in God se weg!!

Felicity ·

Julle almal is beslis in my gebede. Hou vas aan julle geloof. Sterkte vir die tyd wat voorlê.

Anneliese Knox ·

Baie sterkte aan die Brink gesin ons dra julle in ons gebede.

Mauritz van den Heever ·

Vreeslike slegte nuus Danie. Alle sterkte van BO. Hou net vas aan geloof Danie.

PJ ·

Dis so hartseer…ons bid dat Lise gou beter word en vir Danie en die kinders. Here asb genees hierdie gesin op alle vlakke ?

genade ·

Dankie Vader vir U bonatuurlike ingryp en genesing in Lise se liggaam en dat al die eer slegs U toekom. Dankie vir U kalmte oor die gesin en familie en dat hulle in U kan rus. U verdien die lof en eer en dankie vir die medici en die wysheid van Bo wat U hulle gee. Amen

Katrien ·

Ek ken nie die mense nie maar ek dra hulle op aan die Here.

Reinette ·

Mag GOD vir U en U familie met SY Vrede Seën wat alle verstand te bowe gaan. Mag Lisl en die seuntjie gou weer gesond wees. Amen

Kobie Welgemoed ·

Die Here is in beheer en ons dank hom vir almal wat glo en bid. Baie dankie ook vir die dokters en verpleegsters wat oral dag en nag werk om mense te red. Daar is meer mense wat vloek en skel op personeel as wat daar mense is wat dankie se.

Victorious ·

Baie sterkte met die pad vorentoe. Ons bid vir algehele genesing vir Lise

Victor ·

Ek stem saam in die geloof met alle gebedes wat vir die Brink gesin by die Vader se Genade Troon geplaas word. Hy is ‘n Hoorder van gebed vir die wat op Hom vertrou !
Psalm 9v11: En hulle wat U Naam Ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie sal verlaat nie, o HERE !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.