Brink-gesin se ongeluk: Vrou steeds kritiek

Brink en sy vrou Lise.

Brink en sy vrou Lise.

Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, se vrou, Lise, is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, nadat die gesin Vrydagoggend in ʼn tragiese motorongeluk was.

Ernst Vorster, ʼn kollega van Brink, het aan Maroela Media gesê Lise het ernstige kopbeserings opgedoen. “Sy is gister geopereer. Sy het skedelbreuk opgedoen, haar wangbeen is gekraak en haar kopvel het deels losgetrek.” Lise het ook beserings aan haar been opgedoen en haar knie is geopereer.

Brink, sy vrou en vyf kinders, was op pad om by hul familie aan te sluit vir hul Kersvakansie en het beplan om op Theunissen oor te slaap. Brink het buite Theunissen beheer oor die voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en verskeie kere gerol het, voordat dit in die veld langs die pad tot stilstand gekom het. Volgens Vorster het ʼn band vermoedelik gebars of het een van die wiele losgekom.

Twee van Brink se kinders, Rachel (8) en André (13), is in die ongeluk dood. Hul ander seun, Johann (9), het ook kopbeserings en harsingskudding opgedoen. Hy is ook geopereer. Brink en die ander twee kinders is nie ernstig beseer nie.

Vorster en nog twee kollegas het Saterdagoggend na Welkom vertrek om die Brink-gesin by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

wanda ·

Ai dit is vreeslik…baie sterkte aan almal. Ek kan my nie indink watse groot hartseer lê vir hulle voor.??

Henco ·

Baie sterkte vir die gesin. Ai dit kan nie maklik wees nie.

DPJ ·

Mag die vrou en kind gou herstel na die operasie. Mag die Heilige Gees by julle wees en ryklik vertroos met die afsterwe van die twee kinders.

Helena Jooste ·

Dra die gesin op aan Ons Hemelse Vader want kan my nie indink deur watse pyn en leiding hulle op die oomblik gaan nie? om 2 kinders te verloor en dan nog deur die trauma en pyn van ongeluk te werk kan baie moeilik en hartseer wees, ons bid sterkte vir Danie en sy familie toe

Magda Kruger ·

Dit is baie hartseer nuus. Mag ons Hemelse Vader die gesin vertroos en versterk in hierdie hartseer tyd. Spoedige beterskap vir almal wat beseer is. Ons dink aan julle in ons gebede – baie sterkte.

marieta de beer ·

Ek weer ‘n saam julle. Laat die genesing begin in Jesus naam. Amen

marieta de beer ·

Ek weeeen saam julle. Laat die genesing begin in Jesus naam. Amen

Jenny ·

Dit is ‘n groot verlies as ouers ‘n kind aan die dood afstaan. Mag die vertroosting van die Here Jesus oor hulle rus. Beterskap aan sy vrou en kind.

wynand ·

Dit is te erg vir woorde. Ek weet nie watter woorde kan troos bring nie. Ek kan maar net vra dat die Here by julle moet wees en vertroos.

Manie ·

Miskien moet daar ondersoek ingestel word na die “Wiel” wat losgekom het.

annoniem ·

EK KAN NIE GLO JY HET DIE VERMETELHEID OM TE WONDER OF DIE WIEL LOSGEKOM HET OF NIE ………….wat maak dit saak.
Hoekom bid jy nie eerder dat hierdie familie en veral die pa wat soveel vir ander mense doen nie gedra word in hierdie moeilike tye nie…… 2 kinders …… en dan nog skuldgevoel ……. nee wees asb menslik.

Hendrik Grobbelaar ·

Wat maak dit saak of die band gebars het en of die wiel los gekom het? Hierdie man en pa gee onbaatsugtig vir ander en offer soveel vir sy mede mens op. En wat waarskynlik sy swartste donkerste uur nog was, het jy die vermetelheid om so ‘n onbeskofte boodskap te los. Ek bid dat so iets niemand moet oorkom nie en vra ons Hemelse Vader om die Brink familie te omhels met genade in hierdie hartseer tyd. As jy niks goeds of ondersteunend het om te sê nie, bly eerder van sosiale media af weg! Sela.

Belinda Neyschens ·

Dus ‘n baie groot hartseer ons dra julle gesin aan onse Heer op. ‘n ongeluk gebeur so vinnig. Ons glo dat God sy Hand van Beskerming in hierdie moeilike tyd oor julle sal wees. Wees sterk & sterkte. Ons glo elke dag sal verbetering in julle toestand wees. Julle sal krag van Bo ontvang & daar sal wonderwerk plaas vind. Amen

Fanie kemp ·

In ons harte treur ons saam met die Brink-gesin. In ons gebede dra ons hulle as gesin en familie aan die HERE op.
In hierdie tyd kan net Hy die vertroosting, die berusting en die genesing skenk.
Baie sterkte. Fanie, Janetta en gesin.

wilma ·

Ai mense die bearings kon gegaan het en as afgedraai en wiel uitgeval het. Dit ni ter sprake nOu ni. Bid en Vertrou op God vir beterskap vi ma en seun en ook vi die gesin en geliefdes vi Vertroosting

DPJ ·

Ons innige empatie met die ongeluk.
Dit is van uiters belang dat ons met elke stop eers om ons voertuie moet loop om asem te skep en vlugtig te kyk of ons nie iets snaaks kan raak sien nie.
Ek weet ek doen ook nie nodige stape vir veiligheid nie.

Leerling ·

Die vraag of die wiel losgekom het is tog nie ongevraag. Ek het sowat 40 jaar gelede met groot genade ‘n les geleer op ‘n goedkoop manier. Ek het van die Transvaal gery na SWA (Namibië ) en op Keetmanshoop agtergekom dat AL die wiele nie ordentlik vas was. Daar was nuwe bande opgesit en die wielboute is nie ordentlik vasgemaak.
VAN DAARDIE DAG AF IS EK OP MY HOEDE EN VOEL SELF OF DIE GOED VAS IS!!!

Dit maak seerder ·

Regtig, in n tyd van soveel pyn en hartseer breek dit die res wat oorleef het en spartel om alles te verwerk as negatiewe doemprofete altyd n stekie inkry asof n mens met opset of besliste nalatigheid dit oor jouself sou bring! Werklik mense n band kan bars, N wiel of as kan breek, sonder dat jy dit kan voel of sien, hierdie man kon 100 keer omloop hy sou dit nogsteeds nie kon voorsien nie, gaan eerder op jul knie se dankie dit het nie met jou gesin gebeur nie, bid vir hul genesing en berusting, bid vir die Ma en seun wat veg om lewe en kalmte vir hierdie man se siel, dit is regtig moeilik soos dit is. Danie ek ken jou nie, maar jul is prioriteit op my gebedslys.

Zebra ·

My prayer for Dr Brink and his precious family: Phil 4:7 “may the peace of God, which surpasses all understanding guard your hearts and minds in Christ Jesus”

(Was the possibility their car has been tampered with investigated? The Brink family is a symbol of the white SAfrican’s plea and might have been targeted?)

Antoinette ·

Sterkte in die swaar tyd my Hart gaan uit na julle gesin.

Ina de Bruyn ·

Mag God hulle bewaar en vertroos.Danie veral vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.