Brink-kinders se gedenkdiens: ‘Vanaand huil God saam’

'n Gedenkdiens is Sondag vir André en Rachel Brink gehou (Foto: Maroela Media)

‘n Gedenkdiens is Sondag vir André en Rachel Brink gehou (Foto: Maroela Media)

ʼn Tasbare stilte hang oor die Hatfield Christian Church in Pretoria. Bykans een duisend mense pak die middelblok van dié saal stampvol, maar nie ʼn enkele geluid kom uit die gehoor nie. Dis asof elkeen asem ophou – so amper asof hulle hoop op verligting wanneer hulle weer asem uitblaas.

Aan die regtervleuel van die gehoor sit die Brink-gesin. Hulle het vroeër vriendelik gegroet voor elkeen plek ingeneem het om te wag dat die diens begin.

Sondag het duisende saam met hulle kom rou; die lewe van die jong André en Rachel kom gedenk.

Dan word die stilte skielik onderbreek. Die gehoor staan soos een man op wanneer hospitaalpersoneel vir Lize by die saal instoot. Etlike dae vroeër het dokters nog gesê daar is geen manier dat sy ontslaan mag word nie, selfs nie vir ʼn rukkie nie. Maar nou is sy hier en vanaand het honderde die voorreg om ʼn wonderwerk te sien.

“Omdat God leef, het ek hoop vir môre, omdat Hy leef, sal ek nie vrees nie,” sing een duisend mense.

Daar is bykans nie ʼn droë oog in die saal nie.

“Nader aan U, my God, wil ek steeds leef, al is daar ook ʼn kruis wat ek moet dra. Nader aan U, my God.”

Ook die Brink-gesin vee vinnig hul trane af en glimlag vir die bemoedigende en empatiese oë.

'n Gedenkdiens is Sondag vir André en Rachel Brink gehou (Foto: Maroela Media)

‘n Gedenkdiens is Sondag vir André en Rachel Brink gehou (Foto: Maroela Media)

Vandag gaan nie nét oor André en Rachel nie, sou Dirk Hermann, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, later opmerk. Sondag wou die gesin gehad het mense moet God ken; hulle wou hê elkeen moes God se liefde ervaar en Hom daarvoor loof.

Ds. Jacobus de Koning preek uit Efesiërs. “Hoe moet ons dink oor God en tragedies? Waar is God in omstandighede soos dié?” vra hy.

Sy vraag slaan teen die mure vas, dit weergalm. Dit is dié einste vraag wat sedert 16 Desember op soveel ander se lippe is.

“Want die lewende, besluitende God is betrokke by alles. Wat gebeur het, was nie ʼn onpersoonlike daad van die wêreld nie. Dit was ook nie die wêreld nie. God was betrokke daarby met die oog op sy heilswil. Met die groter doel wat dit nou op aarde dien. Duisende het sedert hul afsterwe bymekaargekom in liefde en die Here aanbid.

“Is ons nie God se hande, voete en oë nie? Dan is God tog hier vanaand. Dan was God tog nog altyd hier,” sê hy.

“Dan vra julle hoekom moet hulle soveel seer verduur – God het mens geword en aan die kruis gesterf. Hy het sy goddelikheid prysgegee sodat Hy die wêreld kon red. Daar het Hy ook pyn gehad, so vanaand huil Hy saam met ons. Alles werk volgens die raad van sy wil. Só sê die Bybel. En hoeveel ander is deur hulle gered? God is in beheer, Hy was nog al die pad in beheer gewees.

Dirk Hermann voer 'n onderhoud oor die gedenkdiens (Foto: Maroela Media)

Dirk Hermann voer ‘n onderhoud oor die gedenkdiens (Foto: Maroela Media)

“En Danie-julle,” gaan De Koning voort, “die angel is uit die dood. So gou as wat André en Rachel gaan ‘slaap’ het, het God hulle weer beveel om in die hemel wakker te word.”

Hul “engeltjie” en “woelwaterseun”, soos Gideon du Plessis, John-Louis Pretorius, Corrie Pretorius en Elvira Burger in hul huldeblyke na die Brink-kinders verwys, het Sondag die lewe van honderde geraak.

“André se grappies kon ʼn glimlag op ons gesigte sit, selfs op die slegste dae. Sy goeie maniere en respek vir ander het later ook gestalte in sy vriendegroep begin kry. Sy liefde vir sy gesin was nie ʼn geheim nie. Rachel het ʼn diep geloofsekerheid gehad. Sy was ʼn mediese wonderwerk wat veronderstel was om verstandelik gestrem te gewees het, maar wat ʼn sonskynkind in soveel mense se lewe geraak het. Sy was ʼn lewende bewys dat God genoeg was.

“God het hulle vir ʼn hele ruk vir ons geleen, en nou is hul doel op aarde volbring. Deur Christus gebeur alles soos Hy Hom dit voorneem. Hy laat alles gebeur volgens sy raadsbesluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Rugga007 ·

Amen, sterkte met die fisiese en geestelike herstel wat nog voorlê.

lettie ·

Vandag huil die hele land saam met jul. Mag God jul vertroos in jul pyn.

Lizelda ·

Sjoe, Lettie ek ook. Ds de Koning se woorde is so diep, bring n groot knop in my keel. Baie baie sterkte aan elkeen wat deur die tragedie geraak word. Vriende, familie, onderwysers en maatjies.

Sue ·

Amen. Toe my enigste kind op 29 haar Engelvlerke gekry het, was en is dit nog steeds my enigste vertroosting. God weet waardeer ñ ouer gaan, Hy weet van die verskriklike seer en verlange. Hy weet, want Hy moes sy enigste offer terwille van die mens. Sterkte aan Dr en Mev Brink, asook aan boeties en sussie, Jesus sal altyd jul Voetspore wees. Hy droog elke traan, Hy versag elke seer. Julle bly in my gebede

Riana Maritz ·

Amen ek kan net se ons doen n Groot Awesome God julle geloof in God is so n wonderlike voorbeeld van hoe ons moet lewe vas gewortel aan God

Jem ·

Sterkte met die herstelpad onthou julle het deur en deur bewys dat julle Christene is. Die Goeie Almagtige God en Hemelse Vader sal altyd saam julle wees en Sy beskerming sal altyd by julle wees.

Elisabeth ·

Baie dankie dat ek saam julle die Gedenkdiens kon bywoon.
Psalm 94: 19
Amen.

W Raulstone ·

Sterkte op herstelpad. Julle is gelowiges en sal daardeur kom.

Tollie Du Plooy ·

Amen….Die Here is Groot en Hy is goed vir ons! Amen. Baie sterkte vorentoe vir die hele familie

Gerhard ·

Mag God jul sterkte , leiding en insig in hierdie moeilike tyd skenk

Marie Fuls ·

Ons bid saam met Brink gesin daar le nog n moeilike pad voor maar God is in beheer

Marie Fuls ·

Ons bid saam met Brink gesin daar le nog n moeilike pad voor maar God is in beheer

wilma ·

Ek huil saam met die Brink gesin ma troos my daaraan dat die oorledenes aan God behoort en Hy die gesin in Sy Vertroostende Hande sal toevou en beskerm. Sterkte

vermeende ·

Ons woorde is leeg en tog bied ons, ons simpatie aan uit meegevoel. Vetroosting kom net uit die Woord en die Woord se dat God ons nie bo ons kragte sal laat versoek nie.
Staan net n oomblik stil en kyk hoeveel vertroue God in die Brink gesin se geloof het.

Hoeveel van ons sou die versoeking kon deurstaan.

Daar gaan baie verlange en herineringe wees maar staan net vas soos Job.
Julle bly in ons gebede, nie om te vergeet en nie te verlang nie maar om God groot te maak in al Sy dade en wil.

Magriet le Roux ·

Maroela Media julle is in netwerk 24 se stal? Dit was SUPER pateties van julle netwerk om n foto te plaas van die gesin by n berig van julle. Ek hoop julle kry hel hieroor. Het julle nie respek vir mense se uitdruklike wense nie!!!

Landi Slatter ·

Dagsê Magriet

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons wil graag bevestig dat ons nooit ‘n foto van die gesin tydens die gedenkdiens geneem of publiseer het nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Skim ·

Magriet le Roux, ‘n mens se JAMMER as jy ‘n fout gemaak het en mense onskuldiglik aangeval het, of is jy maar net vanoggend op die aanval uit?

Alida ·

My hart bloei vir die gesin. Nadat die Brink gesin versoek het dat geen fotos van Lize gepubliseer word nie het Beeld dit steeds gedoen. Dit is ‘n skande dat die media mense se privaatheid so skend. Skaam julle. Probeer julle meer koerante verkoop of wat? Sies

Columbiana ·

Miskien moet ALMAL nou hierdie familie met rus en vrede laat! Maroela, Beeld en wie ookal. Los haar nou om in privaatheid te rou sy is nie ‘n media storie of ‘n “verhaal” nie. Ons bid vir hulle maar kan dit regtig doen op ‘n afstand

LS ·

My hart bloei vir julle, ek is so vreeslik jammer oor julle GROOT verlies.
God sal julle hande styf vashou in hierdie moeilike tyd !!
Rus sag by God se voete, julle is nou Sy engeltjies !!!
Sterkte aan gesin en vriende.

Alida ·

Ek hoop Beeld is mans genoeg om op hul voorblad verskoning aan te bied aan die Brink gesin. Dit is ‘n skande. Miskien gaan die paar ekstra koerante wat hulle verkoop vandag hulle gelukkig maak. Sommige joernaliste het geen respek vir enige mens se hartseer of wens nie.

Magriet le Roux ·

Ag nee wat waarvoor moet ek omverskoning vra? As werknemer van n plek dra jy tog saam aan die verantwoordelikheid ?? As maroela media is julle in netwerk 24 se stal en hulle besigheid stink!!!!

Landi Slatter ·

Dagsê Magriet

Dankie vir jou terugvoer. Let asseblief daarop dat Maroela Media geensins aan Netwerk24 verwant is nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Alida ·

Magriet le Roux, dit was nie Maroela wat die foto geplaas het nie maar Beeld. Let op hulle verkondig dit op elke liewe lamppaal in die dorp en natuurlik koop die aasvoëls die koerant vandag net om die foto te sien. Wat is daar om te sien? ‘n Hartverskeurende gesin wat rou oor hulle verlies en ‘n baie siek vrou in ‘n bed. As die nuuskieriges siek mense in beddens wil sien gaan besoek iemand in die hospitaal. Ek is so kwaad vir Beeld. Sies !!!!

Alida ·

Magriet le Roux, watter deel weier jy om te verstaan? Maroela Media is onafhanklik en nie deel van Media 24 nie. Jy is aan MM ‘n verskoning verskuldig.

wes kaap ·

Baie sterkte, ons harte is BAIE seer saam met julle!!! Dink elke dag aan julle!!!!GOD sal julle vertroos.

BOLANDER ·

Mag HY julle die nodige vertroosting en krag gee elke dag op die pad vorentoe. Hou altyd vas aan HOM!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.