Brink-ongeluk: ‘Lise weet nou van die amputasie’

Danie Brink en sy vrou Lise.

Danie Brink en sy vrou Lise.

Lise Brink het Maandag uitgevind haar linkerbeen is bo die knie geamputeer amper ʼn maand ná die ongeluk waarin sy ernstig beseer en twee van haar kinders dood is.

Lise, haar man, dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, en hul vyf kinders was op 16 Desember 2016 in ʼn ernstige motorongeluk. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood. Lise, wat Saterdag haar 43ste verjaardag in die waakeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion deurgebring het, se galblaas is ook vroeër verwyder.

Volgens dr. Dirk Hermann, wat as familiewoordvoerder optree, is Lise Sondag suksesvol geopereer vir ʼn drukseer aan haar kop. “Ons is ook baie dankbaar dat haar infeksietelling heelwat af is en dat die longinfeksie onder beheer is.”

Hermann het gesê daar sal dié week finaal besluit word oor ʼn rug- en kaakoperasie. “Sonder die rugoperasie kan sy nie beweeg word nie en moet sy stil in een posisie gehou word. Daar sal ook dringend besluit word oor wanneer sy ʼn kaakoperasie sal ondergaan.”

Lise is intussen al hoe meer by haar positiewe. “Danie het vir haar gesê om saam met hom te bid en sy het haar oë toegemaak. Sy het haar oë weer oopgemaak toe hy amen gesê het. Hy het vandag vir haar van die amputasie vertel en hy kon sien sy was baie ontsteld en bekommerd daaroor.”

Lise weet egter nog nie dat twee van haar kinders oorlede is nie. “Sy kan nog nie praat of vrae vra nie.” Volgens Hermann sal daar ook dié week finale reëlings getref word vir ʼn gedenkdiens vir André en Rachel.

Danie het weer eens die publiek bedank vir al die boodskappe, ondersteuning en gebede wat die gesin daagliks ontvang.

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.

Volg die ondersteuningsgroep op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Ha-Lo ·

Hulle het in die artikel gepraat vsn kaakoperasie wat sy moet kry

Marli Snyman ·

Omdat sy aan ‘n ventilator gekoppel is Die pyp loop in die lugweg af en keer dan dat jy jou stembande kan gebruik wanneer jy op ‘n asemhalinfsmasjien is. Sy sal weer kan praat as die pyp verwyder word.

Anoniem ·

Hartseer nuus grootste seer om n kind aan die dood AF te staan

Didi Visser ·

Ek bid vir haar vir waneer sy gaan uitvind haar kindertjies is nie meer daar nie. Breek my hart. Sterkte vir die hele gesin.

Jan ·

Ek stem saam. Dan gaan die verlies van ‘n been die minste van die pyn wees. Baie, baie sterkte…

T ·

Kom ons bid asb vir hulle! Haar been gaan n bysaak wees as sy eers uitgevind het van haar kinders. STERKTE AAN HULLE

Magda ·

Hoe verskriklik is die gelukkige gesin nie getref nie! Liewe Here, help groot asseblief….

Anet ·

Ai, ek voel so bitter jammer vir hierdie vrou. Daar lê ‘n lang pad van herstel en aanpassing voor en dan moet sy nog aanvaar dat twee kinders sommer net weg is. Die hele gesin se lewe is in ‘n oogwenk onmver gegooi.

Fransie vander Westhuizen ·

Ons harte gaan uit na die familie, ons dra hulle op aan die Here, vir vertroosting en genesing! Weet julle is gedurig in ons gebede!!!

Liz ·

Danie ek haal my hoed af vir jou. God gee vir jou onmenslike krag. Ek het my enigste kind in 2016 verloor en sukkel nog om myself te vind ek weet hoe moeilik dit is om met die dood van jou kind te stoei maar om twee kinders gelyktuidig te verloor en sterk te moet bly vir jou vrou en ander kinders vat n besonderse mense. Die ergste is nog voor jou. Ek bid dat God jou elke dag sal dra en sal toevou in sy genade.

Sarie ·

Almagtige God & hemelse Vader. Ek raak stìl by die besef van hièrdie gesin se ontsettende verlies & die onmeetlike trauma, pyn & hartseer waardeur hulle moet wroeg…. Here, ek sit hulle by u voete neer. Tel hulle asb op & druk hulle teen U bors…. Hoor hul smeekgebede, vee hul trane af, heel die emosionele-wonde & genees asb Lise se gebroke liggaam… Vader, gèèn mens wat van hierdie verskriklike gebeure lees of hoor, kan onaangeraak voortgaan nie. Here, laat èlkeen van ons besef hoè niètig ons is & hoè afhanklik ons van U genade & barmhartigheid is… Vader, ek bid dat U asb vir Danie die innerlike krag sal skenk, om tenspyte van sy eie smart & verdriet, sy kinders te vertroos, te versorg & hul vrese te besweer. Here, hy moet vir Lise bystaan in hierdie tyd van intense liggaamlike pyn & met die besef van die verlies van haar been. Vader, hy moet sy kinders begrawe, sonder die onder-skraging van hul moeder & hy moet deur dit àlles, hierdie smart van haar weerhou, totdat sy sterk genoeg is… Here, sònder U genade, blyk als wat hy nog moet deurmaak, ‘n onbegonne taak te wees..
Oordek hom asb met U liefde & genade. Drà hom wanneer hy struikel onder die las van hartseer & pyn… Ek vra dit in die naam van JESUS & ek dank U vir die verhoring van èlke gebed… AMEN…

Suzy ·

Amen op hierdie mooi gebed !!!!. Hemelse Vader versterk en vertroos daardie pappa wat deur al die pyn en hartseer alleen moet gaan .

neelsie ·

Die krag van God kom na ons deur die liefde en genade van Jesus Christus.
Prys die Here ongeag jou omstandighede.
God is in beheer.

Jean ·

Met trane in my oe lees ek van die familie se smart, die verlies van hul kinders waarvan Sy nog nie weet nie….
Ek kan maar net bid dat die Here die familie Sal dra deur die verskriklike harde tyd.

Mariette ·

Dankie Sarie vir die pragtige gebed.So hartseer.Gaan met die hele Brink familie in die mees hartseer oomblikke van hul lewe.My gedagtes is daagliks met hul.
Amen

Siestog ·

Pragtige gebed Sarie – baie dankie. Ek het niks om oor te kla nie. Hierdie gesin weet wat hartseer en beproewing is.

Maria Van Dieweeck ·

Amen Sarie. Danie, ons is trots op jou as vader en as man.

Michele ·

Ek het nie woorde om my hartseer te beskryf oor die familie se hartseer wat.nog voorle Here help asseblief die gesin

Moeksie ·

Amen en Amen op Sarie se pragtige gebed. Ons bid in liefde vir hierdie gesin…

Lorrinda ·

AMEN Sarie dit is ‘n pragtige gebed !!

Ons God is Groot en HY sal genesing en vertroosting bring

Johan ·

Sarie- wat n wonderlike en inspirerende gebed .

Maroela Media- wat is die kans dat julle hierdie gebed van Sarie by Danie kan uitkry?? -ek weet dit sal vir hom baie beteken om te weet dat soveel mense hom bystaan in hulle gebede

Landi Slatter ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou terugvoer. Ons sal dit aan die Brink-gesin deurstuur.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Ria ·

Baie sterkte aan die gesin, hulle sal in ons gebede wees. Dis baie hartseer veral om afskeid te neem van jou kind, nog erger 2 gelyk. Ons dink aan julle.

wes kaap ·

Ons Liewe Vader, dra asb hierdie gesin deur al hierdie seer, baie sterkte aan Danie!!!! Dankie Sarie vir jou mooi gebed!!! Amen

Elisabeth Kruger ·

Net ons Vader kan hierdie groot hartseer genees, ons dink aan Danie wat Lisa en die oorblywende kinders moet bystaan in hierdie tyd. Mag julle Gesin die nabyheid van ons Hemelse Vader ervaar en ook verwerk vir die toekoms. Die land is op hul kniee saam met julle.

Jack Loggenberg ·

Beste Danie, jou gesin is bo aan ons gebedslys. Sekerlik gaan daar vrae wees. Waarom het dit gebeur ens. Julle is GOD se kinders. Julle mag vrae vra. Ons bid dat jul antwoorde sal kry. Dat GOD se genade julle sal dra en krag sal gee
Groete my vriend.

Hannelie ·

Dankie Sarie. Here wees met haar asb wanneer sy gaan hoor van haar twee kinders. Ek weet U is elke minuut van die dag by haar, maar hierdie gaan groot skok wees. Jul is in ons gebede x

Hanli ·

Amen, Sarie.
Ons beaam en bid met ‘ traan jou gebed vir die Brink gesin.

Johannes ·

Sterkte aan die Brinks, mag julle God se getrouheid op besondere wyse ervaar. Sterkte ook aan hulle leraar dr. Jacobus de Koning wat hulle moet bystaan.

Elma ·

Danie ons bid jou sterkte toe met die baie traumatiese nuus wat jy vir Lise moet gee. Onthou net jy is nie alleen nie en ons Hemelse Vader sal jou nie alleen laat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.