Brit vas oor dwelmmiddels

Khat (Argieffoto ter illustrasie) Foto via voice-online.co.uk

Khat (Argieffoto ter illustrasie) Foto via voice-online.co.uk

Graeme John Richards (50) wat met ʼn Britse paspoort reis, sal Maandag weer in die Kempton Parkse landdroshof verskyn nadat hy by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is op aanklag van dwelmhandel.

“Richards is verlede Woensdagaand in hegtenis geneem nadat lede van die polisie se grenseenheid 26 kg Khat ter waarde van R52 000 in sy besit gevind het,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy was op pad na Zürich.”

Khat is ʼn blaarryke plant, inheems aan Oos-Afrika, en word as ʼn stimulant gebruik wanneer dit gekou word.

“Richards staan tereg op aanklag van dwelmhandel,” het Naidoo bygevoeg. “Hy sal na verwagting Maandag formeel aansoek doen om borgtog. Hy bly in aanhouding.”

Volgens Naidoo beplan die polisie om borgtog teen te staan, om die ondersoekspan die geleentheid te bied om verder ondersoek in te stel. “Sy paspoort dui daarop dat hy twee dae voor sy inhegtenisneming Suid-Afrika binnegekom het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris ·

“Khat is n blaarryke plant” – dit is die eerste keer dat ek lees van die plant, dit kom in die natuur voor, skere al vir dekades. Ek verstaan nie hoe n mens toegesluit kan word vir iets wat vrylik in die natuur voor kom nie.
Seker juis om dat dit gratis is en niemand geld daaruit maak nie

DPJ ·

Hoekom die khat aan almal bekent stel kibders gaan dit nou op die proefstel om aan die blare te kou.

Jef ·

Chris jy se jy verstaan nie hoe n mens toegesluit kan word vir iets wat in die natuur voorkom nie maar wat van dagga, dit groei ook vrylik in die natuur en moet mense in besit van dagga ook nie toegesluit word nie.
Dit is en bly n dwelmmiddel en mense wat dit in hulle besit het en gevang word moet my insiens n baie baie hoge straf kry.

Chris ·

Ek hoor jou Jef. Een iemand se die n dwelm n ander se dis medisyne. Ek wonder net hoe lank dit gaan wees voor iemand aandring dat water en suurstof aan hulle behoort en dat ons hulle daarvoor moet betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.