British Airways, Kulula hervat dié vlugte

British Airways (Foto: Verskaf)

British Airways gaan sy streeksvlugte geleidelik begin hervat. Besprekings vir vlugte na Harare in Zimbabwe het Maandag oopgemaak.

Die lugredery, wat deur Comair bedryf word, vlieg vanaf 28 Maart weer daagliks tussen Johannesburg en die Zimbabwiese hoofstad.

Kulula, ook deur Comair bedryf, het intussen aangekondig dat hy sy bedrywighede by die Lanseria-lughawe, noord van Johannesburg, gaan hervat. Die laekoste-lugredery vlieg vanaf 1 April weer na en van Durban en Kaapstad. Kulula het in Desember reeds sy bedrywighede na en van ander lughawens hervat.

(Foto: Comair)

Die vlugte sal egter met ’n beperkte skedule bedryf word terwyl nog roetes oor die volgende paar maande bygevoeg word.

Desmond O’Connor, uitvoerende hoof van inkomstebestuur by British Airways en Kulula, sê dit word verwag dat die heropening van die roete tussen Johannesburg en Harare en ander in die toekoms goed deur sakereisigers en vakansiegangers ontvang sal word.

O’Connor sê daar heers ook opgewondenheid oor die hervat van Kulula se dienste by Lanseria. “By kulula.com streef ons daarna om reis so eenvoudig, maklik en gerieflik moontlik te maak en ons sien daarna uit om al ons klante terug aan boord van ons vlugte te verwelkom, veral die van die noordwestelike dele van Johannesburg en Pretoria.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Josua ·

Mense gaan vir my lag, ek het nog nooit in n straler vliegtuig gevlieg nie wel helikopter(Weermag) en in Chereokee by Lanseria baie jare gelede, maar waaroor ek egter baie bly is – is dat ek weer die ou groen staatmakers oor my huis gaan sien vlieg, dit is net nie meer dieselfde vandat Mango en Kulula ontrek het by Lanseria nie, ek is ook baie bly vir die manne agter die stuur(Yoke) soos dit in engels bekend staan wat weer werk het en dit is vir my die grootste plus punt en dit sal altyd n droom by my bly om een van daardie vliegtuie te vlieg ek het egter geweldig baie respek vir die manne wat die voorreg het om hulle te kan vlieg so vir nou bly ek maar by my Radio beheerde vliegtuie en my “Flight sim” op my rekenaar by die huis, wie weet dalk in my tweede lewe sal ek geseen wees met n paar vlerke of het n vliëenier as n vriend. Dankie Comair en Kulula.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.