British Airways-vliegtuig op Kaapse lughawe beskadig

Die uitgangsdeur is uit die romp geruk. (Foto: Ivan Leon/Twitter)

Skade is vandeesweek aan ʼn vliegtuig van British Airways by die Kaapstad Internasionale Lughawe aangerig toe ʼn deur uit die romp geruk is. Dít nadat die vliegtuig vanaf Heathrow-lughawe in Londen, Engeland, in die Moederstad aangekom het.

Alle passasiers en bemanning het ten tyde van die ongeluk reeds uit die vliegtuig geklim en niemand is tydens die voorval beseer nie.

ʼn Vlug na Londen moes wel Woensdagaand gekanselleer word en passasiers moes op ander vlugte terugkeer. Honderde passasiers se reisplanne is met twee uur vertraag weens die ongeluk.

“Ons het ons kliënte om verskoning gevra vir die vertraging van hul vertrek uit Kaapstad weens ʼn probleem met die oorspronklike vliegtuig,” het die lugredery in ʼn verklaring gesê.

Independent berig die Boeing 777 was Woensdagoggend op die punt om van die staanplek op die aanloopbaan na ʼn afgeleë staanplek gesleep te word, waar dit vir die dag geparkeer sou staan, voordat dit later weer na Londen sou vertrek.

Die vliegtuig is van die staanplek teruggestoot met die lugbrug steeds aan die linkerkantse uitgangsdeur vasgemaak, nadat iemand vergeet het om die lugbrug los te maak. Die deur is toe uit die romp geruk.

Dit is nie duidelik hoeveel die skade aan die vliegtuig beloop nie.

Die algemene bestuurder van die Kaapstad-lughawe kon nie vanoggend vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nie Verbaas ·

Viva BEE!!! Jy moet waaragtig onnosel of blind wees om nie te sien dat die lugbrug nie ontkoppel is nie.

piet ·

Die grondpersoneel was wit. Seker weer geboetie/boetie om die job te koop.

PieterJ ·

En natuurlik gaan daai iemand absoluut niks oorkom nie. Jan moes mos in 1652 beter deure vir die vliegtuie ontwerp het.

Thelsa ·

Dit is duidelik dat behoorlike prosedures nie gevolg is nie. Daar is feitlik geen manier dat so-iets kon gebeur het indien die korrekte prosedures gevolg is nie. Iemand gaan op ‘n rooi mat staan en moeilike vrae beantwoord.

Pieter ·

Ja, wat kan ‘n mens meer verwag van ‘n ACSA werknemer wat sy matriek met 30% geslaag het? Wat ‘n voorbeeld word vir die res van die wereld gestel van wat sekere Suid-Afrikaners se bevoegdheid betref om net hulle werk behoorlik te kan doen…….

Sandra ·

Ja nee, dis groot skade. Die deur is uitgeruk so die vliegtuig het ook seker skade gely. Miljoene rande se herstelwerk. Ek hoop hulle doen ‘n ondersoek en dank die skuldiges af. Dis oor sulke nalatigheid dat vlieg ongelukke ook gebeur.

Miskruier ·

Burgerlike lugvaart. Tweede keer dié week dat ons van hul hoor.

piet ·

Wie se dis BEE aanstellings? Ek het gehoor daar was wit personeel betrokke. Gevaarlik om sommer net te veronderstel……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.