Brits-aanval: Seun vertel van gru-nag

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

“Ons het ʼn struweling in die kamer gehoor en hoe my pa skree om hulp. Toe ons hom kry, het hy op die grond gelê in ʼn plas bloed. Hy het nog gelewe.”

Só het Stephan Snyman (29) vertel van die gru-nag toe sy pa, Andries (59), die naweek op ʼn plaas buite Brits in Noordwes oorval en vermoor is.

Drie verdagtes het omstreeks 03:45 toegang tot die huis verkry, vermoedelik deur ʼn venster se stopverf uit te kerf en die raam geluidloos uit te haal. Stephan verduidelik hy en sy ma, Annetjie (52), het in dieselfde kamer geslaap omdat sy asma-aanvalle in die nag gekry het.

Hulle is in die vroeë oggendure deur twee verdagtes met vuurwapens wakker gemaak wat gedreig het om hulle dood te skiet indien hulle nie hul selfone en geld oorhandig nie, het Stephan gesê. “Ek het so uit die hoek van my oog gesien daar gaan ʼn derde rower by my pa se kamer in. Ons het ʼn struweling in die kamer gehoor, asook hoe my pa skree om hulp. Ek kon niks doen nie, want die rower het die vuurwapen teen my kop gedruk,” het hy gesê.

Hy vertel die rowers het, ná hulle die huis omgekeer het, op die vlug geslaan met slegs een selfoon. Stephan en Annetjie het na Andries se kamer gehardloop waar hulle hom op die grond aangetref het. “Toe ons hom kry, het hy op die grond gelê in ʼn plas bloed. Daar was bloed oral, op sy lyf, sy gesig, sy bene. Hy het nog gelewe, maar dit het gelyk asof hy met iets aangerand is. Ek het gewonder waar al die bloed vandaan kom, want dit kon nie wees van die aanranding nie,” het Stephan gesê.

Aangesien die gesin se enigste selfoon gesteel is, wou Stephan hardloop om te gaan hulp soek, maar Andries het sy seun gewaarsku om nie uit te gaan nie omdat die rowers nog buite die huis kon wees. “Hy het gesê ons moet eers wag dat dit lig word. My ma het hom solank gewas en skoon aangetrek terwyl ons gewag het. Dit is toe dat ons sien hy is drie keer in die bolyf gesteek, vermoedelik met ʼn mes,” het hy gesê.

Teen 06:15 het Annetjie na die kerkperseel reg langs die kleinhoewe gehardloop om hulp te soek. “Ek het by my pa gesit en hy het vir my gesê: ‘Ek is klaar, ek kan nie meer.’ Ek het vir hom gesê hy is nie klaar nie en hy gaan nog lank by ons wees. Toe my ma terugkom, het ek vir haar die deur gaan oopsluit. Toe ons terug in die kamer kom, was my pa dood,” het ’n emosionele Stephan vertel.

Volgens Stephan het die gesin slegs twee weke in die huis gewoon toe die aanval gebeur het. Daar was glo ook ʼn inbraak toe die vorige inwoners daar gewoon het. Stephan en Annetjie bly tydelik by familievriende.

“My pa was die liefdevolste mens wat nooit enigiemand sou seermaak nie. Hy sou nie eens ʼn vlieg seermaak nie. Hy het die mooiste hart gehad,” het Stephan gesê.

Maj. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ruan

Gee hierdie boosdoeners nie hulle reg op lewe vrywillig prys nie, vra maar net…?

Lappop

Mense, word wakker! Ons is uitverkoop om uitgemoor te word. Want dit is net die mense in die land wat in die pad staan van die geldmag om hier oor te vat. Enige droom op verandering, is ‘n hallusinasie. Vergeet dit, dit gaan nie gebeur nie. Ons wit vel is soos die “bullseye” op ‘n veerpyltjie bord.
Jer.8:15 Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; op’n tyd van beterskap, maar kyk, daar is verskrikking.

Chantell

Snaaks genoeg, laas vrydag was ek amper beroof op daai grondpad tussen die kerk en daai winkeltjie om die draai deur 3 van hulle wat om my kar aangehardloop het om my te probeer strop. klink my of die boosdoeners permanent daar boer op naweke, sal nie verbaas wees as hulle deel is van die groepe wat so by daai winkel plak nie…

Gideon

Dit is ‘n vreeslike storie- maar terwyl ek so deur die berig lees, het daar sulke snaakse vrae deur my gedagtes gegaan!! Hoekom slaap die ma by die seun, en nie by haar man as sy asma kry? Dit is mos nie seun se plig om na ma te kyk, of gee die ma nie om om haar seun wakker te maak, as sy aanval kry. Om te sien jou man en pa is geskiet en gesteek en dan wag mens vir ure voor jy gaan hulp soek!! en hoekom hardloop booswigte na man en skiet hom, maar ander twee… Lees meer »

HEVW

Ag tog Gedeon man. Ag tog, blikskottels man.