Brits-brandmoord: Aanklagte teen twee teruggetrek

Argieffoto

Argieffoto

Vier verdagtes, wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn skooldogter doodgebrand het, het Dinsdag in die landdroshof in Brits voorgekom.

Cynthia Mosopi, Gugulethu “Sharon” Thwala, Koketso Moyo en Victor Pilane word daarvan beskuldig dat hul Boitumelo Dlamini, 19,Junie verlede jaar doodgebrand het.

Die aanklagte teen Koketso Moyo en Victor Pilane is teruggetrek terwyl die saak teen Mosopi en Thwala na die Pretoriase Hooggeregshof verskuif is. Hulle sal 17 Oktober voorkom op klagte van ontvoering en moord.

Die staat voer aan dat hulle Dlamini ontvoer het by die hek van Eletsa Secondary in Letlhabile noord van Brits na hulle ontmoet het.

Daarna het hulle haar na ‘n afgeleë plek geneem waar hulle haar glo met petrol gegooi en aan die brand gesteek het nadat Mosopi haar daarvan beskuldig het dat sy met haar voormalige kêrel uitgaan.

Lees die vorige berigte oor die brandmoord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

Dis ‘n uiters vreemde uitspraak. Dis ‘n uitspraak wat mens sou verwag as die slagoffer wit was, maar sy is van dieselfde ras as haar aanvallers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.