Brits-brandmoord: Drie weer in hof

Argieffoto

Argieffoto

Die twee vroue en ’n man wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn skoolmeisie in Klipgat naby Lethabile, noordoos van Brits, vermoor het deur haar aan die brand te steek, het Donderdag vlugtig in die Brits-landdroshof verskyn.

Gugulethu ‘Sharon’ Thwala (23), Koketso Moyo (22) en Victor Pilane (28) het voor landdros Moses Maswanganyi verskyn en die saak is tot 12 Januarie uitgestel. ʼn Lasbrief vir inhegtenisname is intussen vir Cynthia Mosopi, nog ’n beskuldigde in die saak, uitgereik. Mosopi het nie Donderdag in die hof verskyn nie aangesien sy ’n siekbrief ingedien het.

Die vier word daarvan beskuldig dat hulle die 19-jarige Boitumelo Dlamini op 18 Junie by die Eletsa High School in Brits ontvoer het. Mosopi het Dlamini daarvan beskuldig dat sy ʼn verhouding met haar voormalige kêrel gehad het.

Die drie het glo petrol oor Dlamini uitgegooi en dit aan die brand gesteek. Thwala en Moyo is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat en moet daagliks by hul naaste polisiestasie aanmeld. Pilane is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.