Brits-brandmoord: Saak word steeds ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Die twee vroue en man wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn skoolmeisie in Klipgat naby Lethabile vermoor het deur haar aan die brand te steek, het Woensdag vlugtig in die Brits-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Gugulethu ‘Sharon’ Thwala (23), Koketso Moyo (22) en Victor Pilane (28) het saam met ʼn vierde medepligtige, Cynthia Mosopi, die 19-jarige Boitumelo Dlamini op 18 Junie by die Eletsa High School in Brits ontvoer. Mosopi het Dlamini daarvan beskuldig dat sy ʼn verhouding met haar voormalige kêrel het.

Die drie het glo petrol oor Dlamini gegooi en dit aan die brand gesteek.

Mosopi was nie Woensdag in die hof nie aangesien sy steeds in die hospitaal herstel nadat sy brandwonde opgedoen het.

Thwala en Moyo is op R3000 borgtog vrygelaat en moet daagliks by hul naaste polisiestasie aanmeld. Pilane is op R2000 borgtog vrygelaat.

Die saak is tot 22 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.