Maroela Media het vroeër berig Gugulethu ‘Sharon’ Thwala (23), Koketso Moyo (22) en Victor Pilane (28) het saam met ʼn vierde medepligtige, Cynthia Mosopi, die 19-jarige Boitumelo Dlamini op 18 Junie by die Eletsa High School in Brits ontvoer. Mosopi het Dlamini daarvan beskuldig dat sy ʼn verhouding met haar voormalige kêrel het.
Die drie het glo petrol oor Dlamini gegooi en dit aan die brand gesteek.
Mosopi was nie Woensdag in die hof nie aangesien sy steeds in die hospitaal herstel nadat sy brandwonde opgedoen het.
Thwala en Moyo is op R3000 borgtog vrygelaat en moet daagliks by hul naaste polisiestasie aanmeld. Pilane is op R2000 borgtog vrygelaat.
Die saak is tot 22 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.