Brits-grondgrype: Finale hofbevel verkry

hof-hamer

Argieffoto.

Die sakeregtewaghond AfriSake het ’n finale hofbevel bekom om onwettige grondbesetters naby die Hoërskool Wagpos in die Brits-omgewing in Noordwes in hul spore te stuit.

AfriSake het reeds verskeie kere in die hof oor dié grondgrype verskyn, maar daar is elke keer slegs ’n tussentydse hofbevel aan dié organisasie toegestaan.

“Die bevel is nou finaal gemaak nadat die regsverteenwoordigers van die betrokke besetters hul verdediging teen AfriSake se saak onttrek het,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake, gesê.

“Dit is die derde finale hofbevel van sy soort wat aan AfriSake toegestaan is en is ’n groot oorwinning vir die organisasie. Ons het ook finale hofbevele teen besetters in gebiede van Mooinooi en Bronkhorstspruit verkry. Grondgrype is onwettig en grondeienaars het die reg om hul eiendom te beskerm. Dit is nou wéér deur die hof beaam, ” het Greyling gesê.

Greyling meen verder grondeienaars moet hulself van hul regte vergewis en spoedig optree wanneer hul grond onwettig beset word.

“Grondeienaars moet onmiddellik ’n saak van betreding by die polisie aanhangig maak en die polisie ontbied. Indien die polisie misluk of weier om op te tree, kan ’n dringende hofbevel bekom word,” het Greyling verduidelik.

Grondeienaars word versoek om sake vir advies en hulp by AfriSake aan te meld. “Die organisasie sal besluit om in te gryp op grond van die meriete van elke saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Afrifrans ·

Mooiso, ek hoop dit gee boere weer moed dat die gespuis nie net kan kom en jou eiendom oorneem omdat een van hulle rooi Themp leiers gese het hulle mag dit maar doen nie. EK hoop regtig dat reg en geregtigheid sal BLY geskied en dat dit nie op ‘n stadium gaan verander nie! Boere, sluit by Afriforum/Afrisake aan en kry hulp . moenie net oorgee en terugsit en wag en kyk wat gebeur nie .dit kan dalk te laat wees.

jaco ·

Die regters in Zimbabwe was ook teen plaasbesettings. Uiteindelijk het Mugabe hulle afgedank en met regters vervang wat sy beleid 100% steun. Dieselfde gaan nog in SA gebeur.

Gert ·

Ai mense die kolle voor ons oë raak groter…kom ons wees gou eerlmet mekaar, die dag as daar gegryword gaan nie die hof of afrisake enigiemand stop nie. Sodra ons almal die begrip onder die knie het moet ons onsself nou vra wat is die meriete wat hiervan gepraat word wat nodig is om in te gryp?

Charles ·

Gert jy is welkom om by ons te kom kuier vir n koppie koffie en bietjie te gesels oor wat ons alles aanpak en waarom! Ons kan gekontak word by [email protected] of jy is welkom om ons webtuiste te besigtig by http://www.afrisake.co.za of om ons te volg op Facebook @AfriSake

Gert ·

Vorige boodskap is dalk ietwat deurmekaar die tyd van die oggend maar n goeie begrip het net n halwe woord nodig.
En dit laat my nou wonder. Praat die grond gryp groepe en afri-sake moontlik van dieselfde “Gryp” is dit “die” doringbos. Of het die persoon die artikel net so afgesluit vir dramatiese effek.

Boerin ·

Boere het die reg om hul grond te beskerm…….Hoe????? Net deur die hof??

Gert ·

Ek stem saam met jou. Maar die hof gaan ons nie help nie. Die res van die wereld gaan ons nie help nie. Al wat ons oor het is glo en vertrou. YHWH

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.