Brits-hofsaak: ‘Boere moet vuurwapens hê’

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

Die Brits-landdroshof, waar ʼn man verskyn het in verband met die beweerde skietery van drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing in Noordwes, het Woensdag gehoor boere moet vuurwapens hê.

Matthew Benson (24), wat aangekla word van die moord op Tebogo Ndlovu (24) van Majakaneng en poging tot moord op sy twee vriende, het weer in dié hof verskyn waar hy om borgtog aansoek doen.

“Dit is binne boere se regte om vuurwapens te besit en hulself te beskerm. Boere moet gewapen wees; hulle word aangeval en vermoor,” het Benson se regverteenwoordiger, Jeff Moyo, aan die hof gesê.

Moyo het aan die hof gesê Benson besit nie ʼn vuurwapen nie, maar het slegs ʼn windbuks. “Die getuies is na die plaas om van hom [Benson] te steel. Dit was binne sy reg om ʼn windbuks te hê om mense te verskrik wat op die plaas steel.”

Hy het gesê die ondersoekbeampte, lt.kol. Isaac Tlhapi, het getuig dat die twee oorlewendes aan die polisie gesê het hulle het ʼn onbekende wit man op hulle sien skiet met ʼn geweer, en nie ʼn 9 mm-pistool nie.

“Die bewyse in die hof is dat ʼn lang vuurwapen gebruik is en nie ʼn 9 mm-pistool soos wat nou beweer word nie.”

Moyo het gesê dit is in die belang van geregtigheid om Benson borgtog toe te staan, aangesien die staat se saak teen hom swak is en die hof geen rede het om hom borgtog te weier nie.

Hy het gesê die kwessie van openbare onrus was irrelevant. Hy het verwys na die saak van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in Coligny. Dié twee word daarvan beskuldig dat hulle Matlhomola Mosweu (16) vermoor het, maar is op 8 Mei vanjaar borgtog toegestaan.

“Die hof in Coligny het borgtog toegestaan, al het die gemeenskap getoi-toi en revolusionêre liedjies buite die hof gesing. Die hof het bevind dit was in die belang van geregtigheid om borgtog toe te staan en nie deur die betogende gemeenskap gyselaar gehou te word nie.”

Moyo het gesê dit is nie net die hof wat die algemene publiek moet leer hoe die wet toegepas moet word nie, maar politieke leiers moet ook help. “In die Coligny-saak het Supra Mahumapelo, Noordwes se premier, aan die gemeenskap gesê dat die wet gerespekteer moet word.”

Hy het aan die hof gesê Benson is bereid om R2 000 borgtog te betaal. Sy pa sal die geld voorskiet.

Staatsaanklaer Cassius Mona gaan na verwagting die staat se betoë lewer om die borgtogaansoek teen te staan.

Ndlovu en sy vriende is glo op 2 Augustus na die plaas toe om skrootmetaal te steel, toe Benson hulle opgemerk en op hulle geskiet het om hulle te verjaag. Ndlovu is tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar het hom glo agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop. Toe hulle terugkyk, het hulle Benson en ʼn groep mense gesien waar hulle Ndlovu gelos het. Ndlovu het daarna vermis geraak. Bloed is glo op die toneel gevind, maar sy liggaam is nog nie gevind nie.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Boet Fasie ·

Pragtig Moyo jy is ‘n man so na my hart, bewys Benson se onskuld en sorg dat die skelms agter tralies gaan sit, dit is waar hulle hoort.

Leeutjie ·

Mnr Jeff Moyo…jy is skitterend!!! Dankie tog dat jy ook die plaasmoorde veroordeel!!!

Leahim ·

Hy is n boer op n plaas in suid afrika en hy besit nie n vuurwapen nie net n windbuks weereens n bewys dat party boere in n sprokies wêreld van hul eie lewe en maak nie saak hoeveel waarskuwings hulle kry nie paraat gaan hulle nie wees.

Miela ·

Vorige berig het gese die seun besit nie n vuurwapen nie maar sy pa wel.

Ria Maritz ·

AG NEE … hoe op aarde kan ‘n boer nie ‘n vuurwapen besit nie.

fred ·

Help nie hul het vuurwapens nie,die skelms steel dit van hul,ook in kluis toegesluit en buite bereik,in noodgeval.die fout is toegang tot huise te maklik,maak eers toegang moeiliker.daar moet ‘n “delay”geskep word,sodat iemand gebel kan word

Cor ·

Al het hy hoeveel vuurwapens besit sou SAP hom nog toegesluit het, want rowers, moordenaars en verkragters is n beskemde spesie. Hier word hy as boer self toegesluit vir die afskiet van n windbuks, so waaroor veroordeel julle hom omdat hy nie n vuurwapen besit nie, dit is binne sy reg en sy keuse. Hy het gereken dit is genoeg afskrik middel omdat hy geweet het wat gaan die nagevolge wees sou hy n regte vuurwapen sou besit.

Alida ·

Bravo Mnr Moyo trots op jou! Skitterend. Jy gaan BAIE kliente kry.

Vermeende ·

Ek is n boer en ek besit geen wapen nie, hoekom moet ek een he?
Elke plaasmoord is daar wapens gesteel wat moontlik tot die eienaar se dood gelei het of tot die dood van n ander boer kan lei.
Die rede hoekom boere vermoor word handel oor die inhoud van die kluis, geld en wapens,
Ek beskerm myself op ander maniere en het niks teen wapens nie, ek sorg maar net dat ek uit die tronk bly want daar kan ek nie my gesin beskerm nie.

Carl ·

Nie 100% korrek nie. Die afgryslike aanval in Dullstroom het die mense ook geen wapens gehad nie n minimum kontant. Daar is nog sulke sake. Jy word vermoor vir byna niks. Vergewis jou van werklike feite.

Cor ·

Nee Carl hy is reg kyk maar hoeveel blankes word toegesluit omdat hy homself met n vuurwapen wou verdedig teen die beskermde spesie. Die spesie het al die reg en regte volgens die afrika wet en n blanke het geen reg of regte op sy eiendom en lewe nie volgens die beskermde spesie en sy verteenwoordigers se siening nie.

Basie ·

“I will rather be judged by 12 than carried by 6”
Ek verkies om my saak in die hof aan te hoor eerder as wat my geliefdes my begrawe. My 2c

anton ·

Ek wonder hoe het Isaac n Lt. Kol. geword?
Ek het natuurlik my vermoedens maar ja, die land is nou maar eenmaal net n groot sirkus!!!

Denise ·

Na Matthew in hegtenis geneem is is 4 boere vermoor. Maar dis mos niks. Die staat mors eerder tyd om n onskuldige jong man toegesluit te hou vir iets wat hy nie gedoen het nie. Ek hoop as die wetter gekry word skiet hulle hom in die ander been ook, dis nou te se as hy geskiet is want lieg is mos deel van hul kultuur. Byt vas Matthew ons staan by jou en weet geregtigheid sal geskied.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense beweer boere leef in ‘n droomwereld om nie gewapen te wees of selfs totaal wapenLOOS te wees is in die kol, maar dit gaan ook verder. Wat van ons dames wat ALLEEN woon en nie bewapen is nie. Waar kry jy iemand om ‘n ouerige dame hierin te leer sonder dat dit haar ‘n arm en been kos om vir klasse te gaan?

Keelvol ·

En so word my man vals beskuldig vir “pointing of firearm”.
Het woord wisseling gehad met iemand op die pad wat amper n ongeluk veroorsaak het, nou hul sommet 6 getuies wat gesien het my man trek n vuurwapen uit… Wat hy nie eers besit!
Ek het wel n video waa wys hoe ou mes trek op my man.
Mens se senuwees is gedaan, mense kom weg met sulke goed!

Johannes Meintjes ·

Ongelukkig word ons geteisterde en geviktimiseerde gemeenskappe dikwels ge-intimideer deur eie omgewing se swak ingeligde medemense, die SAPD, subtiel bewoorde liberale anti-bewapening artikels, gemanipuleerde regstelsel en lamsakkige of kruipsugtige Buurtwagvoorsitters onder soms swak toegerusde GPF streke. Maar, as ons ALMAL ons buurtwagte opskerp, kruisbestuiwend d.m.v. beskikbare kundigheid teen terreur oplei, op nasionale vlak in SA bankvas staan (met ‘n “injury to one is injury to all” nering/ optrede) kan diemisdadige gety na mening gedraai word. As ons egter aanhou aarsel, talm, kerm, wankel, dom dinge doen en in angst vasgevang bly, en nie pro-aktief t.o.v. burgerlike beveiliging saamwerk nie, gaan ons heeltemal in ‘n hoek ingeverf word wat plaasaanvalle en geweldsmisdaad in SA betref. Wapens kan net geroof word as dit nie by die traakmynieagtige eienaar gedra word nie en die eienaar nie tot paraatheid opgelei en gemotiveerd is om selfbeveiligend en met ferm selfverdedigend op te tree nie. Ons is na mening ons eie grootste vyand wat beveiliging en ‘n duidelike boodskap van “tot hier en niks verder” betref!

Alida ·

Wat n grap gaan dit nie wees as sy eie ma hom wegsteek nie. Ai ai R10000.00 sou darem lekker gewees het. Jy kry 0 mamma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.