Brits-man tydens padwoede-voorval vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Vrydagmiddag in ʼn voorval van padwoede in Brits in Noordwes deur ʼn ander motorbestuurder met ʼn mes voor sy 11-jarige dogter doodgesteek.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, sê volgens ooggetuies het twee mans in ʼn struweling betrokke geraak ná een motor by die Alfa-aansluiting voor ʼn ander een ingedraai en albei mans van die pad afgetrek het.

Die mans het glo op mekaar gegil terwyl die een man, wat intussen as Morné Kuhn geïdentifiseer is, se 11-jarige dogter in die motor gesit het.

Kuhn is deur die ander man, vermoedelik ʼn taxibestuurder, met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. Hy is minute later oorlede.

Talane sê die man se dogter was histeries en is steeds geweldig geskok.

Volgens ʼn verbyganger wat eerste op die toneel was, Cobus van Staden, het Kuhn se dogter histeries op en af in die pad gehardloop op soek na hulp.

“Sy het geskree: ‘Oom, help asseblief!’, maar toe ek aan sy pols voel, kon ek voel hoe raak die polsslag al flouer. Ek het haar in die oë gekyk en sy het weer geskree: ‘Lewe hy nog?’, maar hy het nie. Ek het in my lewe nog nooit ʼn kind so sien skreeu nie,” het hy gesê.

Die ander man is intussen in hegtenis geneem en verskyn Maandag (13 Maart) in die Brits-landdroshof op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Jaco Breytenbach ·

Kan enige twee mense so onverantwoordelik en onvolwasse wees om oor so ‘n kleinigheid soveel ellende te veroorsaak?

Klemmie ·

@Jaco.
Ek sien dit glad nie as n kleinigheid nie. Mense is gatvol vir taxi bestuurders se wetteloosheid.
Ek kan in my geestes oog al sien hoekom so iets sal gebeur. Dis allerdaags.

Cherokee ·

Jaco, hoe op aarde kan jy so onverantwoordelik wees om dìt as ‘n kleinigheid te bestempel?

PJ ·

Hoe stop jy vir ‘n baklei met ‘n taxi bestuurder met jou kind in die kar!!???

AL ·

Jy ken nie taxibestuurders nie. Hul probeer Uber bestuurders intimideer. Glo my daar sal moord gepleeg word een vd op hulle ook!

elize ·

ek stem saam met jaco! die pa los sy dogter in die motor agter om sy frustrasie, geregverdig om nie, uiting te gee. die kind is ook aan geweld blootgestel om van verkragting nie eers te praat nie. dit is vir my ‘n onbeheersde volwassene… en wat help sy woede aanval nou dat sy meisiekin haar lewe lang traumatiseer is…?

Ria Carpenter ·

Is dit nou die einde van die verhaal? Was dit nou net ‘n geval van padwoede en klaar? Want as die mes in die ander hand was, sou ons weke lank gehoor het van die rassisme. Daar sou getoitoi word voor die hof. Hete kole sou oor die moordenaarder se kop gegooi word. Baie medelye met die familie van Morné Kuhn.

mari ·

Dit is so waar. Daar sal ook altyd name genoem word en n punt van gemaak word as dit n blanke persoon was. Maar die arm kind gaan n verskriklike tyd he en ek sal hulle almal op dra aan ons Liewe Vadertjie

Hendrik ·

Of as hy die taxi bestuurder geskiet het sou ons weer gehoor het van hoe onverantwoordelik wapen eienaars is.

Sylvia ·

Ek stem saam. Dit sou natuurlik weer gewees het “rasistiese blanke man vermoor arme swart man”. Die was verseker ‘n rasse aanval omdat hy weet hy sal as ‘n hero wegstap.

Justine ·

Kom ons kyk of hy borg kry of nie. Hy het gemoor uit woede. Wit mans hulself of hul gesin beskerm skiet ‘n dief, vermoedelike moordenaar of ongemagtige persoon op ‘n perseel en hulle word uitgemaak as rassiste en moordenaars.

WitBlits ·

Ek hoop die Britsboere ruk in hulle massas op na die hof sodat die magistraat ook kan sien dat in publieke belang die moordenaar van ‘n taxibestuurder in die tronk.
As sommige taxibestuurders nie hulle voertuie as moordwapens gebruik nie dan gebruik die een sommer ‘n skerp voorwerp!

Stem saam ·

Stem saam Witblits, ek hoop hul trek saam, asb as jy in daai omgewing is, trek saam hof toe, laat jou stem hoor vir Morne Kuhn & ongeregtigheid en wetteloosheid!

Hanna ·

Hier gaan niks v kom nie, die oortreder gaan net die ras-kaart speel en reken hy is “name” genoem. En siedaar! My medelye aan die oorledene se familie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek was al so kwaad vir ‘n taxi bestuurder dat ek uit my kar wou klim. Hulle het absoluut geen respek vir jou nie.

Na hierdie artikel sal ek egter hopelik 2 keer dink, maar mens word so kwaad dat alle logiese denke jou verlaat.

Hoekom kom taxi bestuurders met alles weg?

FM ·

Daardie moordenaar moet maar net aan die pen ry. Dis rassisme in sy ergste vorm. Afriforum help asb. Hierdie MOORDENAAR moet boet!!!!

Hilda ·

Dis nie die moeite werd om te probeer braaf wees nie. Jy gaan niks verloor deur te ignoreer en eenvoudig aan te ry nie. Arme kind! ???

N ·

Koos ek stem nie met jou saam nie. Feit van die saak is of ons hulle ignoreer of nie hulle gaan inelkgeval doen wat hulle wil. Eintlik as mens met hulle baklei kry hulle lekker. Ons moet wys dit wat hulle doen pla ons nie. Ek weet dit is maklik om te se en nie so maklik om te doen nie. Ek het self al beleef hoe kwaad hulle mens kan maak want hulle worry niks oor jou of jou lewe op die pad nie maar mens moet aan jou gesin en nou eie veiligheid dink. Hy is dit nie werd nie. Mens moet glad nie woorde met hulle he nie. Blaas af in jou eie kar waar hy jou nie kan hoor nie,nie vir hom nie maar vir jou en jou gesin. Maar op die einde van die dag het Mornè Kuhn het dit nie verdien nie. Sy dogter het nie verdien om haar pa op so manier te verloor nie en nog minder om dit te sien gebeur. Ek is jammer vir sy gesin en ek bid dat ons Hemelse Vader veral sy dogter sal bystaan en sal dra. Wat gaan van ons land word? Waar gaan dit eindig.

Drikus ·

Ja SA Verkeerspolisie julle laat mos toe dat taxis ry net soos hulle wil. Links verby jaag in die geel baan en oor jaag by rooi verkeersligte is mos doodreg vir taxis. Geen wonder hulle ry dan oral net soos hul wil nie. Nou gebeur wat hier gebeur het. Bloed op julle hande my maters.

Theresa ·

Baie waar. Het al menigmaal gesien hoe die Metro bloot ánderkant toe kyk as ‘n taxi oortree.

pop ·

dit was nie n ander man nie, dit was n swartman, se dit. want was dit andersom het julle duidelik gese witman het n man doodgesteek.

Cherokee ·

Vertel hulle Pop! As ek reg onthou is jy DA maar dit klink asof jy slimmer geword het.

Magda ·

Nee ek is jammer, dit was uiters onverantwoordelik van die man om n taxi af te trek en te dink hy gaan man alleen ……wat regkry?
Liewe hemel…ek sien dit daagliks…die padwoede…die taxis gaan nie verander…..maar jy as volwasse motoris kan n volwasse besluit neem en ook aan jou passasiers dink…..was die ego geveg nou die hartseer werd..?

Justice ·

Magda jy en Hilda – julle twee is absoluut 100% in die kol. Al druis dit hoe ookal teen my manlike estrogeen vlakke in is dit die regte besluit om te neem ongeag wat ookal jou frustrasie vlakke mag wees. Met al die risikos daaraan verbonde is dit ‘n bek of hand geveg wat jy beslis nie buite jou motor gaan wen nie – ongeag wat ookal die uitslag. Daar is ‘n militere stelling van wanneer jy jou trots in jou sak moet steek wat lui ” rather run away to fight another day”.

Hasie ·

As ek sê wat ek graag wil sê, sal ek ‘n swaarder straf kry as wat hierdie moordenaar gaan kry.

Danie ·

Ons as wetsgehoorsame motoriste moet ons rug begin styf maak en nie hul nonsense vat nie. Hulle veroorsaak die meeste ongelukke en dit is waarom die pad ongelukke fonds nie kan voorbly met eise. En ons moet tevrede wees met minder uitbetalings. Kom ons stig n organisasie MAOTTA (Motorists apossed to taxi abuse) en vat die eienaars privaat aan

toy ·

Wie ry met n mes rond in sy kar. Ek het dadelik my eie afleiding gemaak voor ek verder lees dit is n taxibestuurder.

Johann ·

Jammer om te hoor ‘n areme kindjie moes in die geval die spit afbyt, want dit gaan vir die res van haar lewe by haar bly, berading of te nie, en die ergste (hy gaan Maandag in die hof verskyn)

Peet J ·

Dit gaan nie oor wie die taxi afgetrek het nie dit gaan oor padwoede.
Padwoede is defnitief nie ‘n verskoning om ‘n ander persoon se lewe te neem nie. Beheer oor emosies van woede is uiterrs noodsaaklik. Toorn en woede is ‘n sonde daad voor die Almagtige God. ‘n Persoon wat toegee aan sulke moordadige optrede behoort as ‘n gevaar vir die samelewing beskou te word.
Ek dink maar net aan die kind wat haar pa op so ‘n moordadige wyse verloor het.

Catherine Arangie ·

If there is such a thing as “road rage”, as opposed to serious misbehaviour, then we might as well resign ourselves to “queue rage” and “poor service rage”. Where do we draw the line? Call it what it is instead of glorifying and excusing bloody bad behaviour.

Sandra vd Westhuizen ·

Ons het daar verby gery. Dogtertjie verskriklik gehuil by man wat haar vasgehou het. Swart man wat se voorkop stukkend was en hy erg vol bloed was met ander mense sien praat. Tragies

Dan ·

Ons word voor die voet doodgemaak hetsy in residensiële gebiede, op die plase, op die paaie, enige plek wat jy aan kan dink. Daar is geen afskrikmiddel vir die moordenaars nie en hul weet hul sal niks oorkom nie. Intussen sit die Afrikaner doodstil en die moorde en misdaad teen die blankes neem met rasse skrede toe o.a. as gevolg daarvan. Die algemene stilswye na die pertinente mededelings oor die “grondhervormings” wat binnekort gaan volg, in terme waarvan ons plase en huise en/of alles gevat gaan word sonder vergoeding, is opmerklik. Nee wat, SA sal mos nooit ‘n Zim word nie, ne! Die Grondwet beskerm ons mos! Die sogenaamde wigte en teenwigte gaan nog inskop, of hoe?

Henry ·

Jis ou Dan
Waarom vertel jy nie vir ons minder as 3 miljoen Afrikaners wat in hierdie droewe land woon, wat en hoe ons wat-ookal moet doen nie???
Vertel ook hoe die rofweg 50 miljoen Nie-Afrikaners oortuig moet word om hul ondersteuning aan die huidige regime te onttrek.
Daar’s nog ‘n hele spul ander vrae, maar ek hoor graag wat jou oplossing vir hierdie twee vrae is.

Verstom ·

My liefste poppie, hierdie tannie se hart is stukkend vir jou, ek wens dat jy nooit nodig gehad het om so iets te beleef nie. Ek bid vir jou, jou mamma en julle gesin my liefie! Mag God met julle en ons land wees. It’s time!!!!!

Annie ·

Taxi het seker weer soos n idioot gery. Ruk sy nek af ongevoelige monster. Hoe steek jy n ouer voor sy kind dood en ry weg … ???????????

Dom ·

Doen jou ding maar hou jou dom, moenie eers vir hom kyk nie. Dit werk werk soos ‘n bom.

Erick ·

Die duiwel is los in Brits, in die hele land egter. Bid dat God vir ons ‘n weermag oprig. Sonder ‘n militêre mag kan geen volk bestaan.

Manie ·

Dit laat my dink om maar weer my wapen aan my sy te he as ek gaan bestuur. Ek dink die wetteloosheid van taxi’s word weerspieël in die algemene wetteloosheid en korrupsie van die sogenaamde leiers van die land.

Wiehan ·

Dieselfde ding waar taxis oor ‘n rooi lig van uit Watermeyer straat in Pretoria weg in Silverton in draai gebeur daagliks. Een het my vrou se kar se linker spieel af gery, haar ‘n middel vinger gewys en reg voor ander voertuie wat van voor gekom het eenvoudig oor dir rooi regsdraai robot gery. Ek het al by die sogenaamde DA counsellor en die metro polisie hieroor gekla. Daar word net gese daar word aandag daaraan gegee. Party dae is daar omtrent 10 metro polisie beam pets op die robot maar hulle doen nie eers die moeite om die taxis af te trek nie. Miskien moet Solly Msimanga daar kom sit en kyk wat aangaan.

iLse ·

Ekt paar weke terug waag toet vir die taxi wat voor my indruk terwyl hy in ‘n baan was wat net links kon draai en my baan reguit bly omdat hy nie soos al die ander normale mense in die verkeer wou wag nie. Toe ons weer tot stilstand kom het hy al halfpad uit sy taxi geklim op ‘n baie intimiderende manier asof hy op pad was na my en natuurlik goed gese wat ek nie kon hoor nie al sou ek nie verstaan nie..ek was vrou alleen in my motor..ek SOU oor hom ry as hy sou waag om oor te kom. En ek glo ek is nie enigste een wat dit sou doen nie.

Adam ·

Hoe tragies dat ‘n jong kind so’n barbaarse episode moes beleef. Taxi-bestuurders bestuur oor die algemeen soos maniakke, maar om uit jou motor te klim om hulle te konfronteer is ondeurdag. Dit help nie om braaf te wees nie- brawe mense sterf hopeloos te vroeg.

Pik ·

Is daar enige verskil in afrika ek is baie jammer vir die mense maar dit gaan oral so geen wet en orde

Chris ·

Lyk my blankes moet ook maar in groepe beweeg en lafhartige optredes begin uitoefen soos daardie skuim van die aarde. Hulle gaan ons uitroei as ons hulle nie met hul eie metodes gaan beveg nie.

M.Louw ·

Vandat ek die TAXIS die eerste “Reg van Weg ” toelaat, het ek vrede. Ruk geneem om my gemoed daarby aan te pas maar nou werk dit vir my.

oumie ·

My hart huil saam die familie en dogtertjie ek dink Pappa was so kwaad omdat die taxidrywer sy kind se lewe in gevaar gestel het want ons almal weet hoe barbaars ry hul op die paaie ek was ok al so kwaad dat ek met my Micra al getry het om n vol taxi van die pad af te druk so ek verstaan maar aan anderkant het taxidrywer sy kans gesien om van nog n wit man ontslae te raak en hul weet hul sal niks oorkom nie

Reggie ·

Hierdie is wat mens noem verplaasde aggressie, ons word daagliks getart deur arrogante mede landsburgers, en druk word op ons toegepas by die werk en in die lewe oor die algemeen,ons krop op en krop op en eendag dan snap ons!

Louis ·

Ons wetstoepasser laat die taxis mos toe net om te doen wat hulle wil. Ek lê hierdie voorval aan die deur van die mense wat moet toekyk dat almal die padwette gehoorsaam
Ek wonder of daar ‘n rasse motief by was

oumie ·

MM Jul plaas weer nie my reply nie en ek het niks aanvallend gesê nie net feite genoem en simpatie maar dit is seker tyd dat ek gewoond raak daaraan dat jul iets teen my het

Gerrit ·

Oumie, ek sit met dieselfde probleem. Dit lyk my as `n persoon nie bybelversies aanhaal, of `n christelike boodskap tik nie, dan beskou MM jou kommentaar as ongewens.

Belinda ·

Onthou net daar is 2 kante aan ‘n storie – volgens getuies het die blanke man blykbaar met iets wat soos ‘n knuppel lyk uit sy voertuig geklim- so wat het die ander persoon gedink gaan hy doen? Ek verstaan ook dat hy die persoon met die “wapen” oor die kop geslaan het…. Elke aksie het ‘n reaksie – ek dink verseker nie dit was nodig om hom met ‘n mes te steek nie maar ek weet ook nie waartoe rk self in staat is in so situasie nie.

Ek stem saam met Jaco – om oor so kleinigheid soos iemand wat voor jou indraai in ‘n geveg betrokke te raak is onverantwoordelik. Dit is ook nie net taxis wat voor mens indraai nie – almal doen dit.

Avanza ·

Lawless country will have lawless acts.
Arm yourselves for your families protection.
The government does not care, the cops don’t care, the traffic police are useless.
Support organizations like Afriforum that can DO something for you, and if you don’t support them then shut up and put up.

Barnard ·

Baie hartseer dat die jong dogter so iets moes beleef ! Taxibestuurders ry net soos hulle wil…..en kom weg daarmee ! Die dogter sal kan getuig teen die taxi bestuurder want sy het tog sekerlik als aanskou ? Sterkte aan die oorledene se vrou en familie…hoop dogter kry berading…

Sanet ·

Ek is bevrees ons nasie het mr min geleer v “be the change you want to see in the world”… Maak my hartseer en laat my hoop verloor vir ons toekoms in hierdie land…

DENKER ·

Huurmotor en taxi bedryf kort besliste aandag. Soveel ongekontroleerde frustrasie word veroorsaak. Soveel nie nakomomng van wetlike vereistes. Soveel frustrasies. Soveel arrogansie.

Gerrit ·

Maroela Media, nou het ek die bewyse dat julle teen mense diskrimineer wat nie christene is nie.

Ek dink dis hoogtyd dat julle by die Menseregte Kommissie gerapporteer word.

Sal more inligting inwin oor die prosedure.

Waaattt ·

Watttt ons praat oor n ongelukkige voorval….. oh my word, dalk is jy op verkeerde berig.

oumie ·

Gerrit na my ander kommetaar toe is my my oorspronklike skielik op so ons moet reply op reply dan gebeur daar iets en almal wat so vir die taxi bedryf staan jul het sekerlik nie n idee waarmee ons Elke dag te doen het op ons paaie nie maar wag een van die dae verskyn my artikel OK hier die damn gemors voel niks vir ander wetsgehoorsame padverbruikers nie

DewaldS ·

Stem Ja vir Vrede, Voorspoed en Veiligheid. Daar is net geen ander opsie nie.

stepanus kuhn ·

Morne kuhn,rus in vrede my neef,ons sal als dophou van hier af,as ons wit mense net kan saamstaan,sal ons ook berge kan versit,ons sal help waar ons kan met als

Mariaan ·

Ek ry gister in Lavenderweg. Die verkeerspolisie wys vir 3 taxi’s wat oor die rooi lig ry om te stop. Hulle vleg heen en weer en ry doodeenvoudig weg vir die verkeerspolisie. Wat op dees aarde?? Waarom betaal ons belasting? Om sulke mense wat wet en orde moet toepas te betaal??

chantelle ·

@jaco. jy was heel duidelik nog nooit deur n taxi van die die pad gedwing of dat hulle vining voor jou in draai en skielik briek dat jy amper n ongeluk maak.
ek ry nou maar eers n jaar en glo my eks al verby keelvol vir hulle. hulle dink net aan hulle self op die pad en nie aan enige anders persoon nie. sterkte aan die meisiekind en haar gesin

Jackie ·

Wou niks se tot nou toe nie, te bang vir intimidasie! My kind was laas donderdag indie tronk en ek kon hom eers 10uur die aand uitkry op bail…nadat n taxi hom op n eiland gedruk het en toe MY KIND in sy kar aangerand het en toe hy homself verdedig word my kind vir aanranding toegesluit, ten spyte van die feit dat hy n swart polisie getuie in sy guns gehad het, die saak is nog hangend . Dit het my menswees gebreek en ek het GEEN hoop meer vir die blanke in ons land nie.

Boerseun ·

Die goed is ‘n spesie op hulle eie. Vermy hulle sovêr ek kan, of ek doen als self of niks word gedoen nie. Ja swaer, “eenmaal is ons Afrika”

Theresa ·

Wie kan twyfel aan die argwaan van taxi drywers? Wie kan met opregtheid hul kant probeer kies?? Kyk wat hul doen aan Uber. ‘n Manier van publieke vervoer wat ten minste ‘n uitkoms geword het van vele wat nie in gevaar op die pad wil wees nie en wil rustig ry tot waar nodig. Hul is arrogant, blatant anti-padwet en beslis nie onskuldig in hul optrede teenoor ander padverbruikers nie. Hul eie gebruikers noem dan dat hul geïntimideerd voel en word as hul vra dat hul versigtiger moet ry?! Groot fout – nog ‘n wettelose afdeling in die tyd van hierdie non-presterende regereing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.