Brits-moord: Leerder steel glo pa se vuurwapen

Esbie Koster. Foto: Facebook

Esbé Koster. Foto: Facebook

Twee jeugdiges verskyn vandag in die Brits-landdroshof in verband met die moord op Esbé Koster (50).

Koster se liggaam is Dinsdag omstreeks 14:00 in ʼn veld naby die Ou Lethlabile-pad naby Brits gevind. Sy het ʼn skietwond aan haar kop gehad. Koster het steeds haar juwele aangehad, maar haar motor was skoonveld.

Volgens ʼn buurvrou van Koster het hulle Dinsdag vroeër die dag ʼn kennisgewing op Facebook en toe op ʼn WhatsApp-groep ontvang dat ʼn liggaam langs die pad gevind is. “Esbé se man het intussen op ons buurt se WhatsApp-groep gesê hy weet nie waar sy is nie. Ek en my man het na die toneel gery en gesien dis Esbé wat vermoor is. Ek moes haar man bel en vir hom sê ons het haar gekry.”

Twee verdagtes, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, is Woensdag in verband met die moord in hegtenis geneem. Hulle is by die Rabboni Christian School waar Koster gewerk het vasgetrek. Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê Koster se motor is ook teruggevind.

“Die verdagtes het na bewering ʼn saamrygeleentheid by Koster gekry. In die ry het hulle glo ʼn vuurwapen op haar gerig en haar gedwing om van die pad te trek waarna sy vermoor is.” Volgens Talane het een van die verdagtes glo die vuurwapen by sy pa gesteel.

Koster word oorleef deur haar man, Jan, en twee dogters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

SI ·

Christian School …. nou ja toe?! Arme slagoffer … stank vir dank ….

Burger ·

Christen skool , Kweekskool , Christelike skool , Christelike huis , nie een bepaal jou redding nie .

Annie ·

Privaat en Christelike skool – so hoekom was die pa se vuurwapen nie toegesluit nie – en dan behoort die pa ook mos aangekla te word, Sterkte aan die familie en vriende – dis baie hartseer – maar daai 2 seuns het dit beplan as jy my vra.

ek ·

Natuurlik het hul dit beplan…. Mens loop nie net met n vuurwapen rond nie….

Bruno Stef ·

Ek twyfel of daar werklik gepasde optrede teen twee minderjariges toegepas gaan word. Die minderjarige in Eugene Terre Blanche moord het omtrent skotvry daarvan afgekom.Die saak gaan weer uitgerek word maar ons wag maar en sien of hulle opgesluit gaan word soos dieJong blanke outjie wat sy ouers en suster vermoor het in die Noord Kaap

Peet J ·

Demokrasie, die volk regeer mos nou die land. Jammer vir die familie se verlies asook die onmenslike optrede hoe hulle van die slagoffer ontslae geraak het.Die Christelike geloof gaan mos uit van die standpunt alles wat jy verkeerd doen sal jou vergewe word .

Piket ·

Peet.
Die Christelike geloof gaan oor Liefde, Geregtigheid, en Barmhartigheid.
Nie een van hierdie drie is hier deur die moordenaars toegepas nie.
Dit is die drie “magic words” wat die wêreld vandag so nodig het.
Mattheus 23:23.

Theresa B ·

Daai 2 het presies geweet wat hulle doen. Net te dom om te dink hulle sal wegkom daarmee. Maar ja – wys jou nou maar net. Bring doodstraf terug dan sal moorde minder word, want nou is jy niks werd en hulle kom letterlik “weg met moord”. As jy iemand se lewe neem, het jy ook nie die reg om te lewe nie. Doodstraf!!!!

Sophia ·

Mense wat die doodstraf so wil terughê, weet regtig nie waarvan hulle praat nie… Die verkeerde mense (ons) sal die doodstraf kry! Die ander sal wegkom op ‘n tegniese punt, soos wat nou ook maar die geval is. Mense, die regstelsel het verander, besef dit asseblief!!

Asjas ·

Doodstraf is die antwoord en dit is presies hoekom dit nie terug gebring sal word nie. As jy jou lewe reg lei en nie met skelm streke besig is os met verkeerde mense meng nie, het jy niks om te vrees nie.

Nita ·

Hoeveel vermoorde witmense is dit nou al die week? Wat is die aantal gestroopte witmense, van die begin van die jaar, tot nou toe. Komaan julle koerante publiseer daardie syfers daagliks op julle voorblaaie!!! In GROOT swart letters! Stuur dit sommer aan na Al Jazeera toe, ook. Of is gestroopte renosters belangriker as gestroopte witmense???

Andrea ·

Dis wat ek ook wil weet! Sit dit op teen die lampale, die bome, verkeersligte, ens! Ek weet dit mag nie, maar oms hou net aan om die werklike statistieke uit te basuin! Komaan, Afriforum, help tog asb!

Chris Ws ·

Die pa wie se vuurwapen “gesteel” is moet vir haar moord aangekla word.Hy was gruwelik nalatig volgens die Vuurwapen Wet.Dit wys maar net weer hulle is nie te vertroue nie!Ons innige simpatie met die naasbestaandes van mev.Koster

Annelize ·

Chris Ws, daardie pa gaan dinges wat hy nie geeet het nie oor daardie vuurwapen. Hy beter solank vir hom ‘n goeie prokureur kry.

Eugene ·

@ Chris WS. Die word steel beteken die wapen was “gesteel” maw dit was waarskynlik nie net onder die bed weggesteek nie. Dit was dan die eerste misdaad gepleeg.

Tiger ·

Kla die pa wie se vuurwapen gesteel is aan van moord en arresteer hom.Hy was gruwelik nalatig in die berging en beheer van sy vuurwapen.Dis wat met enige witmens gedoen sou word!Ons innige simpatie met haar familie.

JK ·

Ek vra net – word wit vroue nou hulle teikens?
Kan hulle nie mans wat hul self kan verdeedig aanvat nie

Elsje ·

En so dans en juig die duiwel en sy kinders, vreugde vure brand, nog ‘n blanke dood en dubbel die vreugde as die vermoorde Afrikaans praat. Iewers sal die wiel draai………….

Jean ·

Dis die harde werklikheid. Wat jy sê is so waar. Skokkend as mens dink ‘n minderheidsgroep word so uitgeroei!

Annelize ·

Wat my bang maak, is wanneer haal ek, my man, my kinders of ‘n nabye familielid Maroela Media se “voorblad”. Is dit dalk more, oormore of volgende week? Jy is jou lewe en toekoms nie meer seker nie.

Garath ·

Wat my pla is dat nie een van hierdie moorde en plaasmoorde TV Nuus van watter aard ooit haal nie. Maar ander insidente wat nie op moord neerkom nie is selfs in die buiteland hoofnuus. Ek verstaan nie hoe die lewe deesdae werk nie.

Jammer ·

Die media is altyd ‘politiek korrek’ en neig ook meestal na links. So hulle sal die een insident opblaas wat wereldwye reaksie ontlok en stilbly oor net nog ‘n moord op ‘n plaas. Tog vreemd dat al hierdie liberaliste landuit gevlug het en nou uit ander lande in Afrikaans in ons tydskrifte en koerante kom skryf, meestal kritiek teen die Afrikaners en apartheid (wat al 22 jr uitgewerk is maar waaraan hulle nog vasklou). Hoekom het hulle nie hier gebly nie, hulle het dan vir soveel jare saamgeveg in die ‘vryheidstryd’, hulle maatjies is nou vry, hoekom kruip hulle nou weg in London, Amerika en Australie?

Belinda ·

Jip die Pa is verantwoordelik vir die daad maar aan die ander kant die 2 het dit beplan as dit nie met n vuurwapen was nie was dit beslis met iets anders dis vreeslik ek kan regtig nie meer glo wat ek lees nie al die mense gaan n baie slegte Kersfees he omdat dit net gaan oor rou!

Mel ·

Waar is die tye wat daar na jou huis toe gekom word om te kyk of jy ‘n kluis het. Nee Garath lyk my ni dis belangrik genoeg om di SAUK Nuus te haal ni, my man werk in Ghana en hy het my gevra of ek gehoor het van di moorde, ons land is flippen siek. My hart gaan uit na di dames se families, ek het ni meer woorde ni!!! RIV

Voorlaaier ·

Wat gaan aan in Brits?..Gedurig in di nuus!…2 weke gelede stiefpa wat sy poppie doodmaak!..nou nog i moord!..As ek reg kan onthou is Corrie Sanders (kampioen bokser) ook daar vermoor!So i klein dorpie wat tot op die been verrot is!!!!!…Klink my julle knak onder die misdaad daar!!….

Snip ·

Dis verskriklik hoe ons mense vermoor word. Wonder of ek `n collage moet maak van al die moored en vir Donald Trump moet stuur. Iewers moet daar iemand wees wat die regstelsel in plek kan plaas sodat die moordenaars glad nie weer die son sien opkom nie. My hart gaan uit na die vrou se geliefdes. R.I.V

Wanneer leer ons nou??? ·

Moenie vreemde mense langs paaie oplaai nie.. of hul nou groot of klein of blond of brunet is, of mooi of lelik of wit of swart is mense!!

Jy is en bly die teiken!!

LEER NOU ASB HIERUIT!

Sterkte aan die familie.. ek is seker sy was ‘n goedhartige mens.. en wie sou kon dink dit sou haar ondergang veroorsaak.. so so jammer vi jul verlies!

Amelda Ferreira ·

Ek is Esbe se suster. Weet daai 2 wat hulle van ons weggevat het. Haar familie is stukkend en 2 bejaarde ouers slaap al vir 2 dae niks. Hoe verwerk ons as ouers, kinders en eggenoot, broer en suster so n wrede dood op n wonderlike vrou soos my suster.

Susan Eckard ·

Amelda baie sterkte vir julle. Dis skokkend. My hart gaan uit na jou dierbare pa en ma. Se as ons van hulp kan wees???

Mel ·

Baie sterkte vir julle as familie Amelda, Mag God Jul dra in hierdie tyd en berusting bring, RIV Esbe

Helizna ·

Die Afrikaanse woord vir “learner” is LEERLING nie leerder nie!

Landi Slatter ·

Dagsê Helizna

Dankie vir jou terugvoer. Volgens die sesde weergawe van die HAT (2015) is ‘leerling’ of ‘leerder’ aanvaarbaar. Dit stel dit egter duidelik dat die SA onderwysowerhede voorkeur gee aan ‘leerder'(persoon/student wat leer, veral aan ‘n skool; leerling; skolier) bo ‘leerling’ of ‘skolier’. Ons verkies dus om ‘leerder’ te gebruik.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

NUUSKIERIG ·

Lyk my dis nou middeljarige wit vroue wat getarget word, wys jou net hoe lafhartig is hulle, te slapgat om mans van hulle eie ouderdom aan te vat want hulle weet hulle gaan 2de kom.

Wens net daar kan nou iets gebeur dat al hierdie nonsens tot ‘n end kan kom.

Chris Ws ·

Ek vra dat Maroela Media asb.terugvoering sal gee oor die stappe wat die SAPD teen die eienaar van die vuurwapen geneem het.Ek beskou dit as van groot belang vir al Maroela Media se lesers.Nogmaals ons innige meegevoel met al die naasbestaandes.

Tiger ·

En steeds bly Maroela Media doodstil oor jou versoek Chris Ws en dit terwyl ons angstig wag op hul antwoord!Wonder hoe opreg hulle werklik is!

Nico Strydom ·

Dagsê Chris Ws

Al wat die polisie in die stadium wil sê is dat hulle steeds die saak ondersoek en soos wat die ondersoek vorder daar ‘n besluit geneem sal word oor of die pa vervolg gaan word.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.