Brits-moord: ‘Sy sou nie eers terugbaklei het nie’

Esbé Koster. Foto: Verskaf

Esbé Koster. Foto: Verskaf

Esbé Koster (50), die vrou van Brits wat Dinsdag langs die Ou Lethlabile-pad naby Brits, Noordwes, met ʼn skietwond in haar kop gevind is, “sou enigiets gedoen het” vir die kinders van die skool waar sy gewerk het. Ironies genoeg is twee leerders van dieselfde skool Woensdag in verband met haar moord in hegtenis geneem.

“Esbé was ʼn ongelooflik saggeaarde mens. Sy sou nie eens terugbaklei het nie. Sy sou net [vir haar aanvallers] gesê het vat maar die motor,” het Amelda Ferreira, Koster se jonger suster, gesê. Sy vertel Koster het ses jaar lank as sekretaresse by die Rabboni Christian School gewerk.

“Sy het al die jare by die bank gewerk, maar het op ʼn dag besluit dit is nou tyd vir ʼn verandering en toe by die skool begin werk. Dit was aan die begin vir haar ʼn aanpassing, maar sy het vinnig so geheg aan die skool en die kinders geraak,” het Ferreira vertel. “As ʼn laerskoolkind seergekry het, het sy maar ʼn pleister geplak en getroos. Sy was so mal oor die kinders. En sy sou die onderwysers ook met enigiets help, of dit nou haar werk was of nie.”

Ferreira skerts dat sy nooit saam met Koster inkopies wou gaan doen nie, omdat dit hulle ure gevat het om weer by die huis te kom. “ʼn Inkopietog saam met haar het ure geneem om af te handel. Sy het almal geken en almal wou altyd eers met haar ʼn geselsie aanknoop. Sy was ʼn baie geliefde lid van die gemeenskap,” het sy gesê.

Volgens Ferreira weet die familie nog nie wat presies gebeur het die dag wat Koster vermoor is nie. “Ons vermoed dit moes net na skool gebeur het. Haar man, Jan, het 17:00 by die huis gekom, maar sy was nie daar nie. Hy was dadelik bekommerd, want sy is altyd by die huis as hy daar aankom,” het Ferreira gesê.

Sy vertel iemand het op die buurt se Whatsapp-groep gesê ʼn liggaam is langs die pad gevind. Jan het daarop geantwoord deur te sê hy weet nie waar Koster is nie. Een van die bure is na die toneel om die liggaam uit te ken en het Jan in kennis gestel dat dit sy vrou se liggaam is wat gevind is.

Koster het ʼn skietwond aan haar kop gehad. Sy het steeds haar juwele aangehad, maar haar motor was skoonveld.

Twee leerders, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, is Woensdag by die skool in hegtenis geneem. Hulle het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn, waar die saak tot 30 November uitgestel is. Die seuns sal intussen in ʼn jeugoortreder-sentrum in Rustenburg aangehou word.

“My ouers is in hul laat 70s. Ek weet nie hoe hulle ooit hieroor gaan kom nie,” het Ferreira gesê. “Esbé het twee dogters, onderskeidelik 21 en 27 jaar oud. Een van hulle gaan binnekort ʼn mamma word en nou moet sy dit sonder haar ma doen. Dit is ongelooflik hartseer.”

Ferreira het gesê hoewel sy self sukkel om haar suster se dood te hanteer, sal sy in die hof wees wanneer die verdagtes weer verskyn. “Ek wil hulle in die oë kyk. Daar is nie veel meer wat ek kan doen nie, maar dít gaan ek doen. Ek is verskriklik kwaad. Ek huil van hartseer en woede dat hulle iemand kon wegvat wat net goed vir ander was.”

Lees alle vorige berigte oor Esbé Koster op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jakes ·

Duidelik kan mens vir sekere groep en tipe níe goedwees en goeddoen.

Nita ·

Te afgryslik vir woorde! Die soort moorde word nou op n daaglikse basis gepleeg selfs deur kinders soos in die geval. Dit gebeur omdat die regering n stille ooreenkoms met die volk het, dat hulle kan moor en roof nes hulle wil. Jy moet net bereid wees om die gevolge te dra AS en WANNEER jy ooit gevang word.

Tiger ·

Of as hulle “minderjarig” is kom hulle net mooi niks oor nie.Kyk maar wat het met Eugene Tereblanch se minderjarige moordenaar gebeur-niks!

PJ ·

Nita ek stem saam, geen mens of President kan hierdie daaglikse moord en haat teen die witmense so miskyk nie, daar moet n reel wees onder hulle. Maar as jy net een skeef kyk of dreig dan word jy tronk toe gestuur…. So dan wonder n mens dalk moet ons net dieselfde begin doen, of jy nou dood gaan in die tronk of vermoor word die eind resultaat bly dieselfde

Mel ·

Dis verskriklik hartseer, ek Kan ni vir ‘n oomblik dink waardeur Esbe se ouers en haar naasbestaandes moet gaan ni, sy lyk na so ‘n saggeaarde dame, Mag geregtigheid seëvier en ek bid dat God julle vertroosting sal bring. Mens het ni meer woorde om te beskryf ni, di regering moet een of ander tyd begin wakker skrik en besef wat aangaan. Ons blanke mense word di een na di ander uitegemoor en daar kom absoluut niks daarvan ni, Al wat ons kan doen is om aan te hou met bid en Here te vra om nou in te gryp, dit kan ni meer so aangaan ni, RIV Esbe

Penelope ·

Baie jammer vir al die familie en vriende van Esbe. Mag geregtigheid geskied. Ons land is in die moeilikheid en ons is magteloos. Mens leef in vrees elke dag.
Ek persoonlik skryf al hierdie moorde (deur tieners) toe aan aanhutsing van Malema.
Hy is groot moeilikheid en draai die jonges om sy pinkie, daarom besef hulle nie dat hul gevang kan word nie. Wie moet hulle bedank? Malema!!!

pieter ·

En Zuma en sy trafante se niks want dis mos n wit mens en nie een van hulle mense nie.n Moeder mens mag nie wens nie maar die Here ken my hart ek wens so een vd ANC hooggeplaaste kom so iets oor maar hulle word mos opgepas deur die polisie. EK is bitter in my hart. STERKTE AAN DIE FAMILIE.

Kitty ·

Sterkte aan die familie en vriende. Dis glad nie lekker om ‘n geliefde/vriendin te verloor nie.
Al sterf die liggaam, maar haar Gees lewe nog.
Daar sal geen pyn en hartseer wees nie. Sy is nou veilig in Here se hande.
Mens weet nooit wat gaan vir die dag inhou nie, leef of dit jou laaste dag is.
Hulle wat moord gepleeg het gaan hel toe, al sit hulle in die tronk.

Elmarie ·

My innige simpatie gaan uit aan die familie. My broer is ook in Maart 2016 vermoor en ek het in die hof gesit om hulle in die oë te kyk. Daar was geen emosie van hulle kant af nie, eerder gelyk of hulle iemand anders se verhoor bywoon. Dit bly ongelooflik hartseer.

Hannelie ·

Mens kan ongelukkig nie meer as ‘n haat teenoor hulle te ontwikkel nie. Dit moet verskriklik erg wees as familie as jul gedurig met die wete getuister word….het hulle gely? Waardeer moes die persoon nie gaan nie?
Sterkte aan Elbé se gesin. Sterkte ook aan jou Elmarie.

Chris Ws ·

Die ouers is mos verantwoordelik vir hul minderjarige kind se doen en late in die’ land volgens wet of is ek verkeerd?Indien dit nog die geval is is die pa van die leerder dus verantwoordelik vir die moord ongeag of sy seun die wapen van hom “gesteel” aldan nie.Ek voel AfriForum moet hierby betrek word om toe te sien dat geregtigheid geskied want ek ruik ‘n rot . . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.