Netwerk24 het Dinsdag berig die man, slegs bekend as Lucky, trek gereeld al sy klere uit en hardloop oor die Hendrik Verwoerd- en Crocodilestraat-aansluiting. Hy sal soms teen voertuie se vensters hamer of bloot in die middel van die pad staan.
Niemand weet glo waar Lucky vandaan kom of wat sy van is nie, maar die algemene aanname is dat hy “mal” is, het straatverkopers gesê.
Norman Lebele, ʼn motorwag, het aan Netwerk24 vertel voertuie moet uitswaai of om Lucky ry en hy het glo in Februarie en April gesien hoe Lucky ʼn botsing veroorsaak het, asook weer verlede week.
Francois Rudolph moes verlede week drie keer uitswaai om Lucky mis te ry en het toe teen ʼn ander motor gebots. Sy bakkie én die ander motor is afgeskryf. Hy het sy linkerarm beseer en snye teen sy kop opgedoen. Die vrou in die ander motor het albei haar arms gebreek.
Volgens Rudolph het hy ʼn naakte man in die pad sien staan, afgesien van ʼn stukkie lap om sy middel. Die man het na Rudolph gestap en “soos ʼn verkeersbeampte” vir hom gewys hy moet stop. Rudolph het gerem en links uitgeswaai, maar toe Lucky voor hom inhardloop, moes hy regs swaai en probeer om om hom te ry. Hy het toe teen die ander motor gebots.
Polisiebeamptes op die toneel het glo aan Rudolph gesê hulle is bewus van die probleme wat Lucky veroorsaak, maar dit is baie werk om hom in ʼn psigiatriese hospitaal te laat opneem. “En as ek hom doodgery het? Dan was dit ek met die strafbare-manslag-saak,” het Rudolph gesê.
Maandag is Lucky gesien waar hy in die pad geloop het. Hy het in ʼn stadium sy hemp uitgetrek, maar dit later weer aangetrek. ʼn Straatverkoper het gesê afgesien van die padgebruikers, pla Lucky eintlik niemand nie. “Hy kan nie help hy is mal nie, maar hy is ʼn gevaar vir homself en ander. Iemand sal hom moet help,” het die verkoper gesê.
Die polisie het nie op Netwerk24 se navrae gereageer nie.
Wie sou nou die iemand wees wat die man moet help???
Kom ons vra vir Steve: HY sal vir seker weet wat om te doen!!!
Stem saam met Retha, as jy aandag soek sal jy ‘n manier vind om dit te kry.
Of vir Zille (nè Pop?).
Dit klink na n uithang geleentheid waarheen hy op pad is
Skerp Scalla, gepaste humor.
Ons motor bestuuders het almal ‘n reg om te wil kyk sonder enige dwang.. Ek wil beslis nie na lucky se privaat dele sien nie.. En as hy ongelukke veroorsaak sluit hom in gestig op asb! Hy betaal niemand se skade aan Voertuie of mediese onkostes nie..
is hy dalk mal agv die middel – sien dit op HG se website…
http://huisgenoot.com/nuus/vreemde-storie/nuwe-dwelm-laat-gebruikers-hul-klere-uittrek-rondhol/
Ek kry net die mense jammer wat in botsings was agv die mal mens.
Stertke aan almal,
Dit is ‘n geval van die naakte waarheid
Hy het dalk iets om te bewys
Ja die SAPDiens, natuurlik té veel werk om hul werk te doen.
Sover ek weet is die veiligheid van die publiek die SAPD se werk. Dit sluit die veiligheid van die ‘mal’ persoon ook in. Skynbaar net wanneer dit die SAPD pas.
Lyk my ALLES is vir ons polisie harde werk! Is hulle net daar om die polisiestasie se stoele warm te sit? G’n wonder misdaad neem ons land oor nie!!
Wys hy alles of is hy net ‘n onderwyser?
Almal van julle wat klinkslae en opinies rondgooi, moet liewer stilbly. Julle het nie ‘n idee waarvan julle praat nie. Ek het al self die persoon gesien en besef dat hy geestelik ongesteld is. Dit gaan nie oor Steve of Zille of die Polisie nie, dit gaan oor iemand wat haweloos gelaat is deur die hoë werkloosheid syfer. Probeer asb meer intellegente uitsprake lewer as om net die eerste en beste gedagte wat by julle opkom neer te lê. Of het Maroela nuus nou in ‘n sarkastiese mededingery ontaard?
los vir Sreve uit!! dankie.
Al wat my laat wonder is wat se hul vir die versekering? ha ha
Skerp Faan!!
Die kaal man wat soveel skade in Britz veroorsaak moet vir waarneming na n staats hospitaal geneem word voor hy verdere skade veroorsaak. Niemand kan se hy is MAL voor hy nie deur n geneesheer ondersoek is nie. Die SAP en al die ander mense wat genoem is hoef hom nie na n dokter te vat nie ek of jy kan? Hy het hulp dringend nodig en dis ons almal se plig om te help. Kom haal my ek sal hom vat. Ek het nie vervoer nie maar ek sal nie so slap gat wees soos almal wat ongelukke veroorsaalk oor n mal kaal man om hom net na die naaste hosp toe te vat nie??? So maklik soos dit doen bietjie self iets om te help ek sou en hou op kla SA!