Netwerk24 het Dinsdag berig die man, slegs bekend as Lucky, trek gereeld al sy klere uit en hardloop oor die Hendrik Verwoerd- en Crocodilestraat-aansluiting. Hy sal soms teen voertuie se vensters hamer of bloot in die middel van die pad staan.
Niemand weet glo waar Lucky vandaan kom of wat sy van is nie, maar die algemene aanname is dat hy “mal” is, het straatverkopers gesê.
Norman Lebele, ʼn motorwag, het aan Netwerk24 vertel voertuie moet uitswaai of om Lucky ry en hy het glo in Februarie en April gesien hoe Lucky ʼn botsing veroorsaak het, asook weer verlede week.
Francois Rudolph moes verlede week drie keer uitswaai om Lucky mis te ry en het toe teen ʼn ander motor gebots. Sy bakkie én die ander motor is afgeskryf. Hy het sy linkerarm beseer en snye teen sy kop opgedoen. Die vrou in die ander motor het albei haar arms gebreek.
Volgens Rudolph het hy ʼn naakte man in die pad sien staan, afgesien van ʼn stukkie lap om sy middel. Die man het na Rudolph gestap en “soos ʼn verkeersbeampte” vir hom gewys hy moet stop. Rudolph het gerem en links uitgeswaai, maar toe Lucky voor hom inhardloop, moes hy regs swaai en probeer om om hom te ry. Hy het toe teen die ander motor gebots.
Polisiebeamptes op die toneel het glo aan Rudolph gesê hulle is bewus van die probleme wat Lucky veroorsaak, maar dit is baie werk om hom in ʼn psigiatriese hospitaal te laat opneem. “En as ek hom doodgery het? Dan was dit ek met die strafbare-manslag-saak,” het Rudolph gesê.
Maandag is Lucky gesien waar hy in die pad geloop het. Hy het in ʼn stadium sy hemp uitgetrek, maar dit later weer aangetrek. ʼn Straatverkoper het gesê afgesien van die padgebruikers, pla Lucky eintlik niemand nie. “Hy kan nie help hy is mal nie, maar hy is ʼn gevaar vir homself en ander. Iemand sal hom moet help,” het die verkoper gesê.
Die polisie het nie op Netwerk24 se navrae gereageer nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Wie sou nou die iemand wees wat die man moet help???
Dit klink na n uithang geleentheid waarheen hy op pad is
Ons motor bestuuders het almal ‘n reg om te wil kyk sonder enige dwang.. Ek wil beslis nie na lucky se privaat dele sien nie.. En as hy ongelukke veroorsaak sluit hom in gestig op asb! Hy betaal niemand se skade aan Voertuie of mediese onkostes nie..
is hy dalk mal agv die middel – sien dit op HG se website…
http://huisgenoot.com/nuus/vreemde-storie/nuwe-dwelm-laat-gebruikers-hul-klere-uittrek-rondhol/
Ek kry net die mense jammer wat in botsings was agv die mal mens.
Stertke aan almal,
Dit is ‘n geval van die naakte waarheid