Brits-plaasmoord: Polisie op soek na jong man se moordenaar

Leander Dercksen

Leander Dercksen (22). Foto: Verskaf

Die polisie in Brits, Noordwes, is op die spoor van ʼn groep mans wat verlede naweek Leander Dercksen (22) op ʼn plaas gekaap en doodgeskiet het.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die Brits-polisiestasie, het Woensdag aan Maroela Media gesê Dercksen se gekaapte voertuig, ʼn Mazda Drifter-bakkie, is op 3 April opgespoor. “Die polisie is op die spoor van die verdagtes wat aan sy kaping en moord verbind kan word,” het Talane gesê. “Die ondersoek is in ʼn sensitiewe stadium en ons verwag om binnekort ʼn deurbraak te maak. Ons kan in die stadium nie te veel inligting bekend maak nie.”

Dercksen, van Soutpansdrift naby Brits, is op 29 Maart op ʼn plaas in die omgewing gekaap, waarna hy geskiet en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is. Sy liggaam is in die veld op die plaas gestort. Hy was veronderstel om op die plaas te oornag om na ʼn bejaarde egpaar om te sien. ʼn Vriend het die volgende oggend op sy liggaam afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alani v Nieuwenhuizen ·

Mag jul soeke na die moordenaars vinnig afgehandel word en hulle toegesluit word, ai tog, die jongman se hele lewe het nog voor hom gelê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.