Brits-prokureur in hof vir bedrog

Die Brits-landdroshof. (Argieffoto: Landi Malan)

ʼn Prokureur van Brits het in die landdroshof op dié dorp verskyn nadat hy glo talle mense in die omgewing uit hul geld bedrieg het.

Die Valke het Louis Lourens (47) Woensdag in hegtenis geneem. Hy het glo voorgegee dat hy kliënte met eiendomstransaksies help, maar het die geld – na bewering meer as R2 miljoen – in sy sak gesteek, het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, gesê.

Lourens staan tereg op agt aanklagte van bedrog en het Donderdag in die hof verskyn, waar hy op borgtog van R2 000 vrygelaat is.

“Hy is sedertdien ook van die prokureursrol geskrap,” het Rikhotso gesê.

Lourens verskyn weer in Februarie in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ook deurgeloop ·

En so draai die wiel vir wat jy aan my pale gedoen het.

Geskok ·

Ek is geskok, nie net oor wat hy gedoen het, daar is baie prokureurs wat skandelike goed doen….. maar sowaar hy kry 2000 borg op meer as 2 miljoen rand, iets maak tog nie sin nie!!!!!Dan skrap hul hom voor hy skuldig bevind is in ‘n hof. As jy skrap is jy 100% seker die ou is skuldig, maar jy gee vir hom ‘n genade borgtog van net 2000 versus 2 miljoen????

JohanR ·

‘n Prokureur wat mense uit hulle geld uit bedrieg? Moet hy nie die hulp wees wat mense hulp wat uit hulle geld bedrieg is nie? Wie vertrou jy in SA, as jy nie eers meer ‘n prokureur kan vertrou nie?

Anton ·

Dit lyk vir my ons het n paar onderwysers wat deur Maroela Media betaal word om die spelling na te gaan. Hahaha. Op n ernstige nood, almal het geld nodig maar liewe prokureer, werk vir jou geld en verdien dit op n eerlike manier.

Von ·

En daar is nog sulkes…..skande ……kan net gierigheid wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.