
Die Brits-landdroshof. (Argieffoto: Landi Malan)
ʼn Prokureur van Brits het in die landdroshof op dié dorp verskyn nadat hy glo talle mense in die omgewing uit hul geld bedrieg het.
Die Valke het Louis Lourens (47) Woensdag in hegtenis geneem. Hy het glo voorgegee dat hy kliënte met eiendomstransaksies help, maar het die geld – na bewering meer as R2 miljoen – in sy sak gesteek, het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, gesê.
Lourens staan tereg op agt aanklagte van bedrog en het Donderdag in die hof verskyn, waar hy op borgtog van R2 000 vrygelaat is.
“Hy is sedertdien ook van die prokureursrol geskrap,” het Rikhotso gesê.
Lourens verskyn weer in Februarie in die hof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
En so draai die wiel vir wat jy aan my pale gedoen het.
Ek is geskok, nie net oor wat hy gedoen het, daar is baie prokureurs wat skandelike goed doen….. maar sowaar hy kry 2000 borg op meer as 2 miljoen rand, iets maak tog nie sin nie!!!!!Dan skrap hul hom voor hy skuldig bevind is in ‘n hof. As jy skrap is jy 100% seker die ou is skuldig, maar jy gee vir hom ‘n genade borgtog van net 2000 versus 2 miljoen????
‘n Prokureur wat mense uit hulle geld uit bedrieg? Moet hy nie die hulp wees wat mense hulp wat uit hulle geld bedrieg is nie? Wie vertrou jy in SA, as jy nie eers meer ‘n prokureur kan vertrou nie?
En daar is nog sulkes…..skande ……kan net gierigheid wees