Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het gesê drie vroue en een man tussen die ouderdomme van 20 en 25 jaar het Boitumelo Dhlamini (19) Donderdag by haar skool ontvoer. Een van die vroulike verdagtes het Dhlamini glo daarvan beskuldig dat sy ʼn romantiese verhouding met haar vriend het.
“Die verdagtes het Dhlamini na ʼn afgeleë gebied geneem waar hulle petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het,” het Ramaloko gesê. Nadat Dhlamini reeds dood was, het die verdagtes polisie na die toneel geroep en gesê Dhlamini word deur onbekende mense aangeval.
“Voorlopige ondersoeke by die misdaadtoneel het aangedui dat die drie verdagtes wat steeds op die toneel was, agter die moord sit en hulle is in hegtenis geneem. ʼn Vierde verdagte het homself later aan die polisie oorhandig,” het Ramaloko gesê.
Die vier verdagtes sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en ontvoering.
Ek kan dit mos nie anders as om dit as uiters barbaars te beskryf nie.
Dis darem baie weed.