Brits-tiener ontvoer, aan die brand gesteek

misdaadtoneel

Argieffoto

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn tienermeisie in die Letlhabile-nedersetting naby Brits ontvoer en aan die brand gesteek het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het gesê drie vroue en een man tussen die ouderdomme van 20 en 25 jaar het Boitumelo Dhlamini (19) Donderdag by haar skool ontvoer. Een van die vroulike verdagtes het Dhlamini glo daarvan beskuldig dat sy ʼn romantiese verhouding met haar vriend het.

“Die verdagtes het Dhlamini na ʼn afgeleë gebied geneem waar hulle petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het,” het Ramaloko gesê. Nadat Dhlamini reeds dood was, het die verdagtes polisie na die toneel geroep en gesê Dhlamini word deur onbekende mense aangeval.

“Voorlopige ondersoeke by die misdaadtoneel het aangedui dat die drie verdagtes wat steeds op die toneel was, agter die moord sit en hulle is in hegtenis geneem. ʼn Vierde verdagte het homself later aan die polisie oorhandig,” het Ramaloko gesê.

Die vier verdagtes sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek kan dit mos nie anders as om dit as uiters barbaars te beskryf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.