Britse deelnemer sterf tydens Discovery-driekamp

Deelnemers spring weg om aan die swemgedeelte van die Discovery-wêreldreeksdriekamp in Kaapstad deel te neem Foto: World Triathlon, Facebook

Deelnemers spring weg om aan die swemgedeelte van die Discovery-wêreldreeksdriekamp in Kaapstad deel te neem Foto: World Triathlon, Facebook

Die organiseerders van die Discovery-wêreldreeks-driekamp het Dinsdag ʼn Britse deelnemer se familie besoek nadat hy Sondag tydens die wedloop in Kaapstad gesterf het.

Die familie en organiseerders het besluit om nie die 70-jarige man se naam bekend te maak nie. Hy is Sondag tydens die swemgedeelte van die driekamp oorlede, vermoedelik weens ʼn hartaanval.

“Ons betuig ons meegevoel met sy familie en vriende,” het Iain Banner, amptelike woordvoerder van die geleentheid, gesê. “Sy naasbestaandes is in kennis gestel.” Banner het bevestig die man was van Engeland.

Paramedici is Sondag ontbied nadat die man naby Groenpunt in die moeilikheid beland het. Hy het in sy ouderdomsgroep aan ʼn kort deel van die wedloop deelgeneem, wat ʼn 500 m-swem, 20 km-fietsry en 5 km-hardloop insluit.

“Paramedici het vinnig reageer en die atleet uit die water gehaal,” het Banner verduidelik. “Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy dood verklaar is.”

Daar is nog geen amptelike melding gemaak van die persoon se afsterwe op die wedloop se webwerf of sosiale media nie. Deelnemers en ondersteuners het op sosiale media die organiseerders se stilswye oor die voorval bevraagteken.

Die polisie het Dinsdag bevestig dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen word. “Ons kan bevestig dat ʼn dossier by die polisie in Seepunt oopgemaak is en oorgeplaas is na Tafelbaaihawe-polisie vir verdere ondersoek,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ons kan nog nie die oorsaak van die dood bevestig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Igna ·

Ons as Technical Officials wil weereens net beklemtoon hoe great die lifeguards was op die dag, regtig ‘n wonderlike werk gedoen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.