Britse model en vriende in Kaapstad aangeval, beroof

Sarah MacDonnell

ʼn Bekende Britse model en vriende is aangeval en beroof terwyl hulle by ʼn luukse villa in Kaapstad tuisgegaan het.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval reeds op 19 Oktober plaasgevind.

“Die omstandighede rakende ʼn gewapende rooftog in Huntersweg in Houtbaai word ondersoek. Die identiteit van die betrokke partye kan nie bekend gemaak word nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

Die model Sarah MacDonnell het intussen egter aan die Daily Mail gesê dit is sy en vriende wat by die luukse villa aangeval en beroof is. Volgens MacDonnell (39) het haar kêrel, ook ʼn model, buite gestaan en rook toe hy deur drie mans oorrompel is en hulle glo ʼn skroewedraaier teen sy nek gedruk en hom met pangas gedreig het.

Volgens MacDonnell is sy ook met ʼn skroewedraaier gedreig. Haar kêrel is met ʼn selfoonlaaier vasgebind. “Een ou het vir my gevra watter waardevolle besittings ons het en waar die kluis is.” MacDonnell en haar kêrel is glo hierna gewelddadig na ʼn ander kamer gesleep waar van hul vriende tuisgegaan het.

Die luukse Mason Noir

MacDonnell en haar kêrel was saam met twee fotograwe, ʼn grimeerkunstenaar en ʼn assistent in die land om fotosessies en promosies te doen vir Manuka Life, ʼn luukse Londense joga- ontspanningsdragmaatskappy waarvan MacDonnell die kreatiewe direktrise is.

Volgens MacDonnell het die aanvallers in ʼn stadium begin stry oor of hulle moet vlug. “Dit het toe regtig skrikwekkend geraak, want jy dink jy gaan vermoor word.”

Die aanvallers het uiteindelik besluit om kontant en toerusting, waaronder kameras, skootrekenaars en selfone, te vlug. Volgens berigte het die aanvallers ʼn heining geknip om toegang tot die villas te kry.

MacDonnell-hulle het volgens berigte by die luukse Mason Noir tuisgegaan waar dit glo sowat £870 (of meer as R16 000) per nag kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Elize ·

Ja toe julle hou mos daarvan om diegene wat julle beroof het aan te neem..wonder hoe voel dit nou dat die skoen aan die ander voet is….. julle was hulle onderdrukkers en die mense wat slawerny tot hulle nadeel bewerkstellig het, waarvoor die boer en die witmense in SA die skuld kry en julle is vandag die rede waarom so baie van ons geliefdes vermoor word.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.