ʼn Bekende Britse model en vriende is aangeval en beroof terwyl hulle by ʼn luukse villa in Kaapstad tuisgegaan het.
Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval reeds op 19 Oktober plaasgevind.
“Die omstandighede rakende ʼn gewapende rooftog in Huntersweg in Houtbaai word ondersoek. Die identiteit van die betrokke partye kan nie bekend gemaak word nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.
Die model Sarah MacDonnell het intussen egter aan die Daily Mail gesê dit is sy en vriende wat by die luukse villa aangeval en beroof is. Volgens MacDonnell (39) het haar kêrel, ook ʼn model, buite gestaan en rook toe hy deur drie mans oorrompel is en hulle glo ʼn skroewedraaier teen sy nek gedruk en hom met pangas gedreig het.
Volgens MacDonnell is sy ook met ʼn skroewedraaier gedreig. Haar kêrel is met ʼn selfoonlaaier vasgebind. “Een ou het vir my gevra watter waardevolle besittings ons het en waar die kluis is.” MacDonnell en haar kêrel is glo hierna gewelddadig na ʼn ander kamer gesleep waar van hul vriende tuisgegaan het.
MacDonnell en haar kêrel was saam met twee fotograwe, ʼn grimeerkunstenaar en ʼn assistent in die land om fotosessies en promosies te doen vir Manuka Life, ʼn luukse Londense joga- ontspanningsdragmaatskappy waarvan MacDonnell die kreatiewe direktrise is.Volgens MacDonnell het die aanvallers in ʼn stadium begin stry oor of hulle moet vlug. “Dit het toe regtig skrikwekkend geraak, want jy dink jy gaan vermoor word.”
Die aanvallers het uiteindelik besluit om kontant en toerusting, waaronder kameras, skootrekenaars en selfone, te vlug. Volgens berigte het die aanvallers ʼn heining geknip om toegang tot die villas te kry.
MacDonnell-hulle het volgens berigte by die luukse Mason Noir tuisgegaan waar dit glo sowat £870 (of meer as R16 000) per nag kos.
Welkom in Suid-Afrika…
Welkom in Afrika. Die plek is nie vir sissies nie!
Mm, die plek is ook nie vir beskaafdes nie.
Ja toe julle hou mos daarvan om diegene wat julle beroof het aan te neem..wonder hoe voel dit nou dat die skoen aan die ander voet is….. julle was hulle onderdrukkers en die mense wat slawerny tot hulle nadeel bewerkstellig het, waarvoor die boer en die witmense in SA die skuld kry en julle is vandag die rede waarom so baie van ons geliefdes vermoor word.
Hahahahaha welkom in SA