Britse musikus in Durban-natuurreservaat vermoor

Simon Milliken. Foto: Val Adamson

Die moord op ʼn 60-jarige Brit in KwaZulu-Natal maak internasionaal opslae.

Simon Milliken (60) is Vrydagmiddag in die Burman Bush-natuurreservaat in Morningside, Durban, met ʼn mes gesteek. Sy liggaam is eers Saterdag uit die natuurreservaat verwyder.

William Charlton-Perkins, ʼn vriend van Milliken en besturende direkteur van die reklamefirma Copy Dog, het gesê Milliken het die dirigent Peri So van Hongkong op ʼn uitstappie geneem deur die reservaat toe die voorval plaasgevind het.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het bevestig die twee mans is in die natuurreservaat aangeval. Volgens Mbele is een van die mans beroof, maar kon daarin slaag om ongedeerd weg te kom.

Milliken se liggaam is Saterdagoggend deur soek- en reddingswerkers uit die reservaat verwyder. Hy het verskeie steekwonde opgedoen, volgens Mbele. Die polisie ondersoek sake van moord en roof en niemand is al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Volgens Charlton-Perkins was Milliken ʼn kranige voëlkyker. Hy het die dag voor sy dood onder So se leiding opgetree tydens die KwaZulu-Natalse Filharmoniese Orkes se Lentekonsert in die stadsaal.

Milliken was kontrabasspeler in die orkes. Hy het verlede jaar uit die orkes afgetree, maar nog gereeld saam met hulle opgetree.

Die breër musiekgemeenskap het hul skok en hartseer oor Milliken se dood uitgespreek en huldeblyke stroom in.

Cathy Peacock, ʼn nabye vriend van Milliken en musikus, het die voorval as ʼn vreeslike tragedie beskryf. “Dit was altyd ʼn vreugde om by Simon te wees. Ek het hom liefgehad oor sy humor, sy heelhartige genot van die lewe, sy passie vir opera en sy vriendelike belangstelling in die mense rondom hom.”

Michel Schneuwly, stigtersdirekteur van Baroque 2000, het sy hartseer uitgespreek oor die verlies van ʼn jare lange vriend. “Simon was ook ʼn stigterslid van Baroque 2000. Ek en my vrou, Trui, het ʼn spesiale vriendskap met Simon gehad en sal hom verskriklik mis.”

Die moord op Milliken het ook internasionaal opslae gemaak met talle oorsese nuusagentskappe en -webwerwe, waaronder The Sun, Daily Mail en The Times, wat daaroor berig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

marous ·

Afrikaners word elke dag vermoor op die wreedste denkbare wyse , en geen brit raak geskok en hartseer daaroor nie . Jammer me may is so vining weg , sonder om op ‘n uitsappie te gaan ….vinger alleen .

Stuiwer ·

marous, hoe weet jy dat Britte nie geskok en harseer raak oor die moord van Afrikaners nie? Dis gevaarlik om net dinge aan te neem….

Stef ·

Daar gaan nog ‘n paar Rmiljoen aan toeriste inkomste. Amandla!

Elene Wentzel ·

Huldeblyke word waardeer maar die persoon is weg vir altyd. Ons kan nie eers meer gn stap op ons eie mooi plaas nie want ons weet nie of ons veilig sal wees nie!

Gogga ·

Ek het al verskeie kere gesien dat toeriste nie so paraat is soos ons nie. Hulle loop met oop sakke wat alles ontbloot. Of hulle maak hulle beursies wawyd oop sodat almal hulle geldnote kan sien. Hulle laat ook hul kindertjies die wêreld vol hardloop sonder konstante toesig. Hulle besef nie hoe gevaarlik dit hier is nie. Ek kan my nie indink hoe groot hierdie man moes skrik toe hy aangeval was nie. Of dit nou n Brit of boer of wie ookal is dit moet nie gebeur nie. Hierdie land is verby siek met sy siek verby moordenaars en nog n groter siek regering wat nie die probleem insien nie.

Alida ·

Dit is jammer dat dit met hom gebeur het maar CR en Sizulu weier om te erken dat ons ‘n probleem het. Watter toeris wil nog hier kom vakansie hou wonder ek. Ons grootste bron van inkomste is besig om te kwyn agv hierdie tipe goed. Die buitelanders moet wegbly uit SA miskien sal die regering dan besef in watter helgat ons bly.

Ben ·

Volgens die BBC is daar nie so ‘n ding soos plaasmoorde nie. mmm. Het hulle al gedink dat die statistiek oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar bymekaar gemaak is? Wonder wat is hierdie nou? I hierdie musikant nou toevalig doodgemaak?

Hans ·

Vertrou dat die sjiniese besoekers ook van die moord te hore kom, die RSA President en Me Sisulu sal hierdie aangeleentheid so maklik kan weg praat nie.

Dirk ·

Eenvoudig die verkeerde vel kleur op die regte plek. Jammer vir sy mense maar leer meer van SA. Dit maak geen verskil tussen tale of ras nie. Net wit.

Jannie ·

Opvallend hoe dat die buite-wêreld met skok kennis neem van die ellende in ons land, sodra een van hulle daardeur geraak word!!!

Leer nooit ·

Wanneer gaan die buiteland leer? Hul sien hoe dit hier in SA gaan, sien hoe word ons (en hulle) beroof en uitgemoor! Bly weg uit SA! Ons vrees vir ons lewe elke dag! Ongelukkig het sommige van ons nie n keuse as om in hierdie vrot plek te bly nie…

Cherokee ·

Burman Bush is sowat 5ks van waar ons woon en meer as ‘n dekade gelede het my vrou en ek tussen die bome rondgedwaal en fotos neem. Van die mooiste fotos wat ek van ape geneem het, was daar. Nou ry ons byna daagliks verby dit maar die prag daarvan is nie te bewonder vir enkelinge of paartjies nie. Dit geld vir die meeste mooi plekke in die land. Durban is ‘n pragtige bosveldstad geleë aan die rand van die land. Afgeleë strande is gevaarlik en so is die bosryke klowe. Die mooi kan nie meer so maklik bewonder word nie.

Niklaas ·

Die boodskap is duidelik. Wees altyd paraat. Moet nie dink dit gebeur net altyd met andere nie. Natuur reservate is juis SA se gevaarlikste huidige plekke waar mens daagliks kriminele en bosslapers kan teëkom. Dis dom om sulke plekke alleen of in klein ongewapende groepies te betree.

Pierre Roux ·

Dit is altyd hartseer om te hoor hoe enige persoon vermoor is. Maar wat met die persoon gebeur het is ‘n voorbeeld van ons blanke mens se daaglikse lewe hier is ons Suid Afrika. Dit gaan nie gestuit kan word deur harde woorde of buitelandse inmenging nie maar slegs deur ons volk se gesamentlike optrede teen die wat ons wil uitmoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.