Britse paartjie op PE-strand beroof

Argieffoto

ʼn Britse paartjie wat in Port Elizabeth in die Oos-Kaap vakansie hou, is Woensdag met ‘n vuurwapen gedreig en beroof.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die paartjie het die middag op die strand gestap en langs ‘n wandelpad op ʼn bankie gaan sit. “Die aanvaller het op ʼn ander bankie gesit en die paartjie genader. Hy het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die vrou se goue hangertjie geëis. Die man het die hangertjie van die 74-jarige vrou se nek gegryp en weggehardloop,” het Naidu verduidelik.

Ooggetuies het gesien wat gebeur het, en het die verdagte agternagesit. “ʼn Persoon op ʼn fiets en een in ʼn bakkie het die persoon gejaag.”

Die verdagte het daarna in ʼn taxi gespring. “Die taxi is voorgekeer en toe die verdagte uitgespring het, het hy ʼn skoot gevuur en een van die ooggetuies is beseer.”

ʼn 35-jarige man is in sy heup geskiet en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Naidu het gesê die privaat veiligheidsmaatskappy ADT en die gemeenskap het die verdagte in hegtenis geneem.

“Daar is op die toneel beslag gelê op ʼn Browning-vuurwapen en die slagoffer se hangertjie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van roof met ʼn vuurwapen en poging tot moord. Die 19-jarige verdagte sal Vrydag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Genl.maj. Thembisile Patekile het die gemeenskap geloof vir hul vinnige reaksie en dat hulle die bejaarde paartjie te hulp gesnel het. “Ons wens die goeie samaritaan spoedige beterskap toe en verseker die gemeenskap en toeriste aan hierdie pragtige stad dat die polisie toegewyd is om ʼn veilige omgewing vir almal te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Muffin ·

Uitstekend. Hoop die gewonde persoon sterk gou aan.
Hoop hy kry lewenslank

Somme ·

Kom ek maak gou ‘n som: 1994 tot 2018 is 24 jaar. Die ‘verdagte’ is 19. Hy was dus minus 5 jaar in 1994. Wonder waar kom die misdaadneiging vandaan wat in sy geval niks te doene het met apartheid, of hoe Z?

Afrikaner ·

Met die hoë misdaad syfers gaan Suid Afrika een van die dae geen meer toeriste ontvang nie. Misdaad voer hooggety in Suid Afrika en ons ene President Zuma kan homself daarvoor bedank dat korrupsie, geweld, misdaad die land oorheers. Wil net graag weet wie gaan die “goeie samaritaan” se mediese onkostes betaal en wie gaan na hom omsien as hy medies ongeskik raak vir werk?

NUWE SA ·

Die TOERISTE van die lande wat al die jare die ANC ondersteun het en sanksies teen SA toegepas het gaan nou sien waarvoor hulle al die jare gestaan het. Hulle het SA gedruk totdat hulle die regering oorgegee het aan die meerderheid, hulle het die ‘uitgewekenes’ laat studeer en mag in hande gegee om SA oor te neem. Hulle het hulle ook al die jare befonds. EN net soos ONS nou moet betaal vir apartheid, so moet die afstammelinge van diegene wat al die jare hand om die blaas met die ANC was nou die prys betaal van die NUWE SA waaroor hulle gedroom het! Die verskil is net, hulle kan in die vliegtuig klim en terugvlug na hulle veilige lande toe, ons sit met die gebakte PERE wat hulle vir ons gaargemaak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.