Britse-pensionaris in SA aangekeer ná hy glo met kinders lol

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 69-jarige Britse burger, wat in sy land tereg staan op verskeie aanklagte van seksuele misdrywe met minderjariges, het Donderdag in die Randburg-landroshof verskyn waar ʼn aansoek gebring is om hom uit te lewer.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die pensionaris, wie se naam nie genoem mag word nie omdat sy beweerde misdrywe glo met minderjariges gepleeg is, is Woensdag in Greymont in Johannesburg in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisname is deur ons plaaslike Interpol uitgevoer nadat die verdagte deur owerhede in Brittanje gesoek is. Hy staan daar tereg op 12 aanklagte van onsedelike aanranding en seksuele misdrywe met minderjariges,” het Naidoo gesê.

Daar word beweer dat die man die misdrywe tussen 1972 en 1999 gepleeg het, voordat hy na Suid-Afrika gekom het.

Die saak is tot 16 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Ons land het genoeg gemors, ons het nie nog ander lande se skuim ook hier nodig nie. Net jammer Shrien Dewani het nie n behoorlike straf gekry nie, want dis juis wat die buitelanders dink…gaan Suid-Afrika toe, want daar kom jy weg met alles en daai hofsaak van Dewani was n duidelike bewys. Skandelik dat n land se regstelsel so slap is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.