Britse regering genader oor Kaapse onafhanklikheid

Die CIAG dien ‘n brief aan Boris Johnson oor Kaapse onafhanklikheid by Downingstraat 10 in (Foto verskaf deur CIAG)

“Die mense van die Wes-Kaap is geregtig op ʼn funksionele demokrasie.” Dít was die boodskap wat die Cape Independence Advocacy Group (CIAG) Vrydag aan die Britse eerste minister Boris Johnson oorgedrag het in ʼn brief wat by Downingstraat 10 in Londen afgelewer is.

“Net soos wat dit die einde van apartheid was, sal internasionale ondersteuning waarskynlik kritiek wees tot die sukses van Kaapse onafhanklikheid,” sê Phil Craig, woordvoerder van CIAG. “Soos wat talle kritici van onafhanklikheid uitgewys het, maak dit nie saak wat die demokratiese wense van die mense in die Wes-Kaap is nie, die ANC en sy bondgenote sal waarskynlik die nasionale parlement gebruik om ʼn stokkie te steek voor die Wes-Kaap se ambisies. In só ʼn scenario sal internasionale politiek (en die wet) waarskynlik beslissend wees om die sukses van Kaapse onafhanklikheid te bepaal.”

Craig sê Nederland en die Verenigde Koninkryk is die Wes-Kaap se top-uitvoermarkte.

Die brief wys daarop dat, ondanks die feit dat die ANC Suid-Afrika al vir 27 jaar lank in ʼn demokratiese bestel reageer, het die meerderheid van Wes-Kaapse kiesers nog nooit vir hulle gestem nie. Die Wes-Kapenaars moes egter hulpeloos toekyk hoe die ANC Suid-Afrika vernietig, sonder die vermoë om hulle uit die magsposisie te verwyder.

Die CIAG dien ‘n brief aan Boris Johnson oor Kaapse onafhanklikheid by Downingstraat 10 in (Foto verskaf deur CIAG)

“Baie min mense weet dat die Kaap in 1909 ʼn multirassige afvaardiging na Londen gestuur het om die Britse regering te versoek om nie ʼn rasse-franchise toe te pas op Suid-Afrika – wat binnekort gevorm sou word nie. Die Kaap se pleidooie het op dowe ore geval en die fondasie van apartheid is gelê. Die Britse regerings het meer onlangs radikaal sy posisie verander en ʼn voorstander geword van demokrasie op die Afrika-vasteland. Met rasse-sosialisme wat nou Suid-Afrika vernietig, het ons die volle sirkel gekom. Die Wes-Kaap is terug in Londen, en pleit opnuut vir nie-rassisme en demokrasie. Ons hoop dat die uitslag dié keer anders sal wees.”

Die CIAG het in September 2021 ʼn formele versoek aan die Wes-Kaapse premier Alan Winde oorhandig vir ʼn provinsiale referendum oor Kaapse onafhanklikheid met ʼn brief aan pres. Cyril Ramaphosa waar hy oor die versoek in kennis gestel word en versoek word om die uitslag te respekteer.

“Die CIAG versoek die Britse regering om sy stem dik te maak ter ondersteuning van die reg van die mense van die Wes-Kaap om ʼn funksionele demokrasie te hê. Dit sluit die reg in om demokraties te besluit of hulle deel wil bly van Suid-Afrika, en of hulle oor hul onafhanklikheid wil onderhandel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Ai mense kan maar net nie oor a…… kom nie en alles wat nou fout gaan is as gevolg daarvan. As hulle nie oor dit kom nie sal hul nooit vorentoe gaan nie, waarvan daar baie bewyse om ons is. ‘n Aparte provinsie of staat sal nooit in die land toegelaat word nie.

Wiehan

Kom ons wees eerlik, Die Republiek van Suid Afrika is ‘n Engelse skepping. Voor 1910 was daar nie iets soos die RSA nie. Daar was veskillede lande in die deel van Afrika. Laat ons as inwoners van die Weskaap self besluit of ons deel van die mengelmoes wil wees. Ek persoonlik, nee, maar as die meerderheid van Weskaap inwoners besluit om deel van RA te wil bly, dan moet dit maar so wees. Dit was in el geval die Engelse wat apartheid in die deel van die wereld ingebring het.