Britse toeris op staproete beseer

Stormsriviermond. (Foto: Hanri Taljaard-Swart)

’n Britse toeris is Maandag beseer toe sy op die Otter-staproete in die Tsitsikama Nasionale Park gegly en geval het. Sy is met ’n helikopter na ’n hospitaal vervoer waar sy tans in ’n bestendige toestand is.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die voorval by die waterval wes van Stormsriviermond in dié park plaasgevind.

“Die Britse vrou het saam met haar man gestap toe sy geval en beserings opgedoen het. Stappers wat die egpaar gewaar het, het hulp ontbied nadat hulle verder by die roete afgestap het om selfoonopvangs te kry,” het die NSRI gesê.

Die NSRI se reddingspanne in Stormsrivier en Oesterbaai is na die toneel ontbied, asook private en provinsiale nooddienste.

Die vrou is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat sy met ’n noodhelikopter na ’n hospitaal geneem is.

Die vrou se naam en ouderdom is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.