Britse toeris sterf tydens skubaduik in Valsbaai

Simonstad (Foto: Jeanine Smal/Pixabay)

ʼn Britse toeris is Saterdagoggend dood toe hy in Valsbaai naby Simonstad geskubaduik het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê die man het vermoedelik ʼn hartaanval gehad. “Die NSRI en paramedici is omstreeks 11:00 deur ʼn boot, wat skubaduikers vervoer, gekontak wat op pad was na Simonstad, het Darren Zimmerman, stasiebevelvoerder van die NSRI Simonstad, gesê. “Hulle het reeds met KPR op die 63-jarige man begin.”

Die man het ná die skubaduik glo uit die water gekom en sy bewussyn verloor. “Hy het vermoedelik ʼn hartaanval gehad,” het Zimmerman gesê.

“Die NSRI en CMR-paramedici het die boot dadelik ontmoet toe sy by Simonstad se hawe aangekom het. Gevorderde KPR is toegepas, maar ná verskeie pogings is die man op die toneel dood verklaar.”

Die polisie se traumaberaders het die man se vrou en dogter bygestaan. Die Stad Kaapstad se toerisme-beamptes en die Britse konsulaat staan ook die familie by. Hulle is met vakansie in Kaapstad van die Verenigde Koninkryk. Die man het saam met sy dogter geskubaduik.

“Ons innige meegevoel aan die familie,” het Zimmerman bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.