Brittanje geloof vir sanksies teen Guptas, ander

Ajay en Atul Gupta. (Foto: ANA)

Suid-Afrika het Brittanje se besluit verwelkom om sanksies teen 22 mense, onder wie die drie Gupta-broers, in te stel.

Dominic Raab, Brittanje se minister van buitelandse sake, het vroeër die week aangekondig dat daar sanksies teen Ajay, Atul en Rajesh Gupta, asook hul vennoot Salim Essa, opgelê is vir hul rol in ernstige korrupsie in Suid-Afrika wat die Suid-Afrikaanse ekonomie en sy mense aansienlike skade berokken het.

Ronald Lamola, Suid-Afrika se minister van justisie en korrektiewe dienste, het Brittanje geloof vir die stappe wat gedoen word om die land by te staan deur op te tree teen mense wat beskuldig word van bedrog en korrupsie in Suid-Afrika.

Dit kom nadat Michael Harry Lomas, ʼn Britse burger en voormalige Eskom-kontrakteur, ook vroeër die maand in Brittanje in hegtenis geneem is in verband met korrupsie van R745 miljoen by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga. Lamola het die streng borgtogvoorwaardes wat aan Lomas opgelê is, verwelkom.

“Wedersydse internasionale samewerking strek ver in die stryd teen korrupsie. ʼn Gebrek aan optrede deur internasionale rolspelers rakende korrupsiesake kan dikwels tot gevolg hê dat mense wat verdink word van misdadigheid en korrupsie onwetend gehelp word om geregtigheid te ontduik deur hul toevlug in ʼn ander land te vind.”

Lamola het die hoop uitgespreek dat ook ander lande in die belang van internasionale samewerking Brittanje se voorbeeld sal volg ten einde bestaande pogings in die stryd teen korrupsie op ʼn wêreldwye front te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Die ANC regering was en is nog steeds deel van plunder van ons belsting geld. Hoekom net praat van die guptas hoekom praat engeland nie van die korrupte ANC nie.

JM ·

Bravo, Brittanje! Mag die res van die wêreld dit in alle erns nadoen. Dit is hoog tyd dat die “glibberige palings” in Suid-Afrika, wat dink dat hulle met slinkse antwoorde kan wegkom en die gevolge van hul korrupsie kan ontduik, daadwerklik vasgevat word en daarvoor sal boet. Die belastingbetalers in Suid-Afrika is sat daarvan om vir skelm, leuenagtige “fat cats” te sorg, ten koste van hul eie welsyn.

annie ·

Watter skande! Ander lande moet nou maar die Goempies vasvat. Ons is te slap en korrup en… ons sal nog en dink nog en kommissie nog. CR is pateties. Hy droom nog.

deHAS ·

Hulle moet ook daai ou se geld vir hom terug gee aan wie hulle daai nuus kanaal verkoop het.

SomeOne ·

suid afrikaanse regering, gaan leer by brittanje wat bortog voorwaardes is !!

Esme ·

Dit is ‘n groot jammerte dat die buiteland, Suid-Afrika se regstelsel moet bepaal. Ek het vroeer na ‘n uitsending van die Staatskaping Kommissie geluister en dit voel of die Gupta’s en Staatskaping nie werklik met erns beheen word nie. As ‘n mens na die finansiele implikasoes kyk, die gebrek aan vervolging en die wete dat die belastingbetaler weer gaan moet instaan om Suid-Afrika op te bou, besef jy, dat die ANC Regering nie die die leierskap het, om die land vorentoe te vat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.