Brittanje waarsku ook oor terreur in SA

(Argieffoto: btcfeed.net)

Brittanje het in die VSA se voetspore gevolg en ook ʼn waarskuwing oor ʼn moontlike terreuraanval in Suid-Afrika aan sy burgers uitgereik.

“Daar is ʼn waarskynlikheid dat terroriste aanvalle in Suid-Afrika kan uitvoer,” lui die waarskuwing op die Britse regering se webwerf.

Die Amerikaanse regering het Woensdag sy burgers oor ʼn moontlike aanval by ʼn groot byeenkoms in die Sandton-gebied gewaarsku, hoewel geen inligting oor die tyd, metode of teiken van die moontlike aanval bekend is nie.

Verskeie groot byeenkomste word die naweek in Johannesburg gehou.

Die Britse ambassade het sy personeel aangeraai om groot skares oor die naweek in die Johannesburg-omgewing te vermy.

Volgens die Britse regering kom die grootste bedreiging van ekstremiste met bande met Daesh (wat vantevore as Isil bekend gestaan het). Die Britse regering verwys ook na die ontvoering van ʼn Brits/Suid-Afrikaanse paartjie wat in Februarie 2018 in KwaZulu-Natal ontvoer en vermoor is.

Die Britse regering se beleid is om nie enige beduidende toegewings aan diegene te maak wat gyselaars neem nie en sê hy beskou die betaling van lospryse en die vrylating van gevangenes as die verhoging van die risiko dat meer mense as gyselaars geneem word.

Brittanje sê daar is ook ʼn bedreiging van mense wat op hul eie optree, geïnspireer deur groepe soos Daesh, en wat openbare plekke kan teiken waar buitelanders dalk mag byeenkom.

“Die Suid-Afrikaanse owerhede het al verskeie beplande aanvalle suksesvol ontwrig en ʼn hele aantal inhegtenisnemings gedoen wat met terreuroortredings verband hou. Dit sluit in ʼn beweerde plan om Joodse teikens en Westerse diplomatieke sendings aan te val.

“Die Suid-Afrikaanse owerhede was ook suksesvol teen regse ekstremiste.

“Daar is wêreldwyd ʼn verhoogde bedreiging van ʼn terreuraanval teen Britse belange en Britse burgers deur groepe of individue wat gemotiveer word deur die konflik in Irak en Sirië. Mense moet in hierdie tyd deurgaans waaksaam wees.”

Die Suid-Afrikaanse regering het in reaksie op die Amerikaners se waarskuwing gesê geen bewyse van ʼn beoogde terreuraanval is nog aan hom gegee nie.

Volgens Mondli Gungubele, minister in die presidensie, is die waarskuwing verontrustend, maar was daar tot dusver niks wat dit kon staaf nie.

Aanklag teen SA regering

Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder oor staatsveiligheid, meen egter die waarskuwing mag nie ligtelik opgeneem word nie.

“Die ongekende aard van hierdie soort aankondiging deur ʼn buitelandse ambassade in ons land laat die vraag ontstaan oor die vermoë van Suid-Afrika se eie intelligensiedienste onder die ANC.

“Tot dusver was die ANC-regering se reaksie kommerwekkend ongeërg en afwysend.”

Mazzone het ʼn beroep op Gungubele gedoen, as die minister onder wie se beheer staatsveiligheid binne die presidensie val, om ʼn openbare aankondiging te doen oor hoe die regering beoog om die kwessie te hanteer en om vrese te besweer en paniek te verhoed.

“Dit is ʼn aanklag teen Suid-Afrika se intelligensie- en staatsveiligheidsinstellings dat ʼn buitelandse regering alarm gemaak het oor ʼn moontlik terreurbedreiging in ons land, terwyl ons eie staatsveiligheidsdienste – soos bevestig deur die presidensiële woordvoerder – klaarblyklik onverhoeds betrap is.”

Mazzone sê dit is ʼn ernstige waarskuwing wat die regering nie net kan afmaak nie.

“Mense wat in die Sandton-gebied woon moet sterk en sigbare versekering kry dat die regering in beheer van die situasie is en dat hul veiligheid gewaarborg is.”

Sy sê daar word van harte gehoop dat die bedreiging nie ʼn werklikheid word nie, maar dat die regering steeds veiligheidsbedreigings sal hanteer en dit nie net verwerp nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Misdaadhool, nou tereurhool. Wat is volgende?

Marius ·

Ek dink nie terroriste sal mekaar aanval nie , aangesien ons regering vol van hulle is.

marius ·

Dit word af gegiggel want hierdie spul kan nie eers ‘n polisie stasie teen skollies beskerm nie .

George ·

Moenie worry nie, die ANC se mos dis fopnuus haha ek glo beslis eerder die US en UK

whatever ·

Die regering kan nie eens potholes toemaak nie, hoe gaan hulle aandag gee aan moontlike tereuraanvalle.

Kokerboom ·

Gewone mense ..neem kennis! Laat kaders maar glo wat hul wil!

ES ·

Ek sal graag wil verstaan wat die motief sou wees vir so terreuraanval? Want dit klink vir my eerder net na paranoia…

Pietertjie ·

Ek wonder nog altyd hoekom die ganse wêreld nie destyds die ANC as ‘n terroriste-organisasie gesien het nie.

JohanR ·

Ons is nie gepla met terroriste. Hulle is dan al klaar ons ANC regering!

Haibo ·

Kan iemand my dalk help met ruitverwysings na waar ons huidige regering “beplande aanvalle suksesvol ontwrig het” want al wat ek sien is korrupsie, korrupsie en nogmaals korrupsie.

Marthinus W ·

Indien Amerika en Brittanje regtig “ware” inligting het, sal hulle dit eers met die SA regering deel. Deur dit voortydig self te publiseer, skep dit die indruk dat hulle aan ons wil voorskryf. Onthou, ons is lid van Brics, dus vennote van Rusland/China; en ons weier om Rusland te veroordeel. Hierdie is die begin van n sielkundige oorlog teen ons, soadta ons teen Rusland/China kan draai.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sal pret wees indien Amerika die ANC regering tot ‘n val bring.

Witbaard ·

Terroriste is daagliks besig by die kragsentrales om verwoesting te saai

Perdeby ·

Slaap rustig dapper helde. Indien dit gebeur wonder ek wat hulle antwoord wees, want hulle is vooraf gewaarsku deur 2 lande.

Danie ·

Kyk maar wat het met die junie / julie onrus gebeur??????Ons moet rede tot kommer he.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramaphosa sal ‘n Kommissie van Ondersoek aanstel.

Papsak ·

Hierdie regering kan niks vir hulle self doen nie waar gaan hulle nog n terreuraanval kan behartig hier nie eers ordentlike army nie wat nog polisies ag asb ja sirkus wag en sien maar SA glo nijs mos nie STERK ANC REGERING giggel maar rustig

Pierre ·

die Julie onluste het presies gewys hoe doeltreffend ons intelegensie dienste is.

My siening ·

Ons onitelegente inteligensie van SA is die on bevoegste ter wêreld, hallo ANC het jul die boodskap gekry!

Alta Alleman ·

“Tot dusver was die ANC-regering se reaksie kommerwekkend ongeërg en afwysend.

Skrik wakker !!

Peter ·

Ons beter maar hoop en vertrou dit gebeur nie want ons is uitgelewer aan die grim reaper in hierdie banana republic

Samuel ·

Intelligensie moet deur intelligente mense verwerk word. Ongelukkig ontbreek die intelligente mense.

Danie ·

Dit moet uiters kommerwekend wees die vsa en britte wat waarsku.Tensy die vriende daar in die verre ooste wat tans in konflik is iets daarmee te doen het.Wees maar op die hoede.

VaalDonkie ·

Klink eerder soos ‘n dreigement siende dat ons maatjies met Rusland en China is.

Nettie ·

Maande voor die Julie-opstande laas jaar is inligting daaroor aan die regering deurgegee. Dit was klaarblyklik geignoreer. Nou word inligting maar eerder in die oopte deurgegee aan die publiek.

Watter skande, ANC!! Watter skande. Ek sou my bloedrooi skaam.

Mense, 2 groepe het gewaarsku. Of dit gaan realiseer noudat dit in die publiek is, weet ek nie. Wees asb tog maar net versigtig die naweek. Wees paraat. En pas julle kindertjies op.

Keelvol ·

Onthou, die regering steun Terrorisme. Kyk hoe pro palistina is Hulle en blameer die heeltyd vir Israel ????????

twaalfboor ·

“Die Suid-Afrikaanse owerhede het al verskeie beplande aanvalle suksesvol ontwrig”. Jip, dit was in die goeie ou dae toe daar nog inteligensie was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.