Brody se stert swaai al weer ná klapper-marteling

Brody is op die herstelpad nadat hy erg beseer is toe kinders glo ‘n klapper in sy oor laat ontplof het. By hom is Tebogo Maswanganye, ‘n inspekteur van die DBV. (Foto: Bloemfontein-DBV)

Brody, ʼn steekhaarbrakkie van Bloemfontein wat ernstig beseer is toe ʼn groep kinders glo vuurwerk in sy oor gedruk het, is weer op die been – soveel só dat hy nou al selfs sy stertjie begin swaai.

Maroela Media het vroeër berig Brody is in Winburg gevind nadat ʼn ouma op die dorp gesien het hoe drie kinders van omtrent tien jaar oud eers ʼn klapper na die hondjie gooi en toe ʼn klapper in sy oor laat ontplof het. Die vrou het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein ontbied nadat sy vergeefs probeer het om die kinders te keer.

Ten spyte van die DBV se soektog na die hond was daar geen teken van hom nie. Die DBV het verlede Donderdag wéér ʼn oproep gekry, dié keer van ʼn inwoner wat ʼn hondjie in ʼn mangat gekry het. Die hond was ernstig beseer en sy oor bykans afgeruk.

Dit was Brody.

Tebogo Maswanganye, ʼn inspekteur by die Bloemfontein-DBV, het gesê Brody se linkeroor is Maandag geamputeer. Die oorskulp is deur die vuurwerk bykans afgeruk en die veearts het geen ander opsie gehad as om dit heeltemal af te sny nie.

Brody hoor steeds goed met albei ore.

Hy ontvang in dié stadium ook nog behandeling vir ʼn hardnekkige infeksie. Maar, sê Maswanganye, Brody is beslis op die herstelpad en leer stadigaan weer om mense te vertrou.

Daar was verskeie aansoeke om Brody aan te neem en ʼn tuisinspeksie is al by ʼn voornemende aanneemhuis gedoen.

Maswanganye sê Brody gaan egter nog ʼn paar dae by die DBV bly sodat hulle kan verseker hy genees behoorlik.

Daarna is dit huis toe, na ʼn nuwe, permanente tuiste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

wielie ·

Ek hoop julle wys daardie kinders WAT hulle aan daardie arme dier gedoen het! Hoop hulle word gestraf ………….. SIES man het julle geen gewete ???

Jean ·

Hulle weet seker nie wie die kinders was nie, soos die kind wat die hond se been gebreuk het. Daai kind is sommer nou weg…

Cherokee ·

Jean, ‘n been breuk nie nie maar dit kan breek. Wielie, kinders (en groot mense) wat sulke wrede dinge doen, is te stoepit om forums soos hierdie te lees.

A ·

@ Cherokee, ironies dat jy breuk uitwys, breek is heeltemal korrek, maar stoepit is totaal en al verkeerd gespel …

@ Jean, hulle weet wie die tienerseun is wat die hond se been gebreek het, maar hy het gevlug, soos jy tereg noem.

Helena. ·

Wees ASSEBLIEF tog net goed en lief vir die ou hondjie..wie ookal die diertjie aan neem..
Wat word van die kinders en ouers wat die dierjie soveel skade en lyding aan gedoen het?

Wilma ·

jy kani so gemors n mens noem nie. Sommer kriminele van kindsbeen. Verwoes als wat lewe.

Fiefie ·

Dit is goeie nuus en ek hoop hy kry regtig ‘n goeie liefdevolle huis Hopelik is daar ook gesoek na daardie onhebbelike seuns wat die verskriklike daad gedoen het. Hulle moet erg gestraf word.

CK ·

Hoe SIEK is dit nie, om nie eers te praat van die kinders nie. Nee regtig, ek HAAT mense wat weerlose diere mishandel. Ek raak rooi onder die kraag. Ek hoop hy kry ‘n liefdevolle huis.

Deloris ·

So dankbaar vir barmhadtige Samaritans wat Brody wil liefde gee, Hierdie woref is deur n helse trauma. Ek hoop van Harte daardie klein werf ettertjies boosdoenertjies word gevang. Ek hoop hulle gewete gaan hulle nag merries gee.

Johanna Botha ·

Ons sou n helse pak gekry het as kind ! Dit sou egter geen oorweging gewees het nie want ons ouers het ons sag grootgemaak met deernis en omgee vir ander ….dit is die ouers se skuld !

C ·

As ek moet skryf wat ek regtig wil skryf gaan my kommentaar glad nie geplaas word nie hoop die hondjie kry ‘n goeie liefdevolle huis

kallie ·

Ek sien ‘n wasigheid voor my oë by die aanskoue van die foto,van trane en woede en afgryse. Hoe kon die kinders dit doen,hoe kon hulle? Hulle moet gestraf word,baie hard en hulle moet dit aan hulle basse voel. Opvoeding, opvoeding!

Volgende is moord ·

Moordenaars begin so. Eers iets kleins en dan die ware jakob, moord oo ń mens. Kinders moet geidentifiseer word vir behandeling. Eerstens kort hulle ander ouers. Die kondoomopsie sou dalk aanvanklik die regte opsie gewees het.

wielie ·

Want hier’s net plek vir drie van ons
Dis ek en jy en ‘n af-oorhond
Sy naam is Roof, maar hy’s al jare doof ………. Steve Homeyer se Pampoen

Oud Rhodie ·

Ek het werklik nie woorde nie. Kan daar nie maar wegedoen word met die klappers nie ?
`n Nasie word gereken aan die manier hoe diere daar behandel word. Suid Afrika doen nie goed nie.

Cherokee ·

Klappers was nie skuldig nie Oud Rhodie, kinders wel. Miskien is kondome die antwoord.

Sonette ·

Unless this children and their parents are going to be held accountable for this … it will never end
Today they hurt a doggie, next week they rape a girl … and next year they kill a woman …. and then everyone is upset and wants something to be done … but if something was done where it started at the hurt of a defenseless doggie …. some girl and woman could have been saved

Sonette ·

Is there any lawyers who aren’t afraid to make sure the children and their parents responsible, pay for the damages, pain and suffering this poor defenseless baby has to go through
I will donate towards Body’s medical Bill
But I will also gladly donate to the lawyer who’s not afraid to stand up and let justice won for this voiceless fury baby
Is this children and their parents going to be held responsible for this at all? Or will it just happen to another defenseless little doggie?
Please make an example of these children and their parents

Siener ·

Die DBV is altyd ernstig om skuldige persone te vervorg. Hoekom nie hierdie keer nie? Wat word weggesteek en wie word beskerm?

Ingo ·

Maroela….
Ons wil ook weet wat is die mees onlangste nuus oor die seun wat die ander hond se been gebreek het.
Wat het van die saak geword?

Koos le Roux ·

Wat het van die kinders geword? Ek hoop elkeen van hulle het ‘n pakslae gekry sodat hulle nooit weet soiets selfs sal oorweeg nie.

CabyTheron ·

Hierdie kinders kort meer as ‘n pakslae. Is hulle sadiste, of wat? Gewetenloos beslis!!!

Neels ·

Ek is bly die hondtjie is siveel beter. Dit is sulke onopgevoede kinders wat later handuit ruk, met dwelms deurmekaa raak en ondkuldigr mense aanrand en uitmoor. As hulle dit met n onskuldigr diet doen dink net wat gaan hulle aan n mens doen . Hartloos en sonder resoek vir mens, diet en natuur

Gertjie ·

Sonette, skryf maar in Afrikaans – ons kan almal sien dat Engels nie jou eerste taal is nie.

Oud Rhodie ·

Sonette – you are 100 % correct. What happened to this poor defenseless animal is a crime – nothing more and nothing less – and should be severely punished. Else lawlessness just becomes the norm – as is the case in this benighted country today.

My mening ·

Wat gaan deesdae met mense (as jy hulle so kan noem) aan? En kinders?! Die ongelooflike wreedheid van sommige wesens is werklik duiwels.

A ·

Ons wereld is in die toestand wat dit is want niks gebeur met die siel sieke gemors wat sulke goed aanvang nie. Hulle word groot om net erger en meer siek goed te doen.

Joey Van Emmenes ·

Hierdie kinders moet toegesluit word vir dieremishandeling. Gee nie om hoe oud hulle is nie. Brody word gou gesond seuntjie

Hartseer ·

‘n Mens se hart skeur sommer in stukke as jy daai ou gesiggie sien. Hoop hy kry ‘n huis vol liefde.

KO ·

Ai tog, hier is nog te veel geld in die land as mense kan klappers koop.

Ek probeer ook sin maak ·

Die storie is uiters tragies en ek sit verslae en lees hierdie berig met ‘n knop in my keel.
Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die kinders wat hierdie arme hondjie so verniel het dit as normaal moes vind.

Dit is hartseer om so te dink dat ander dalk niks daarmee verkeerd sien om mense en diere seer te maak nie, om te vat wat nie aan jou behoort nie ens. Terwyl ander weer diep getref word deur alles wat gebeur.

Om te straf is nie ‘n oplossing nie, want hoekom gestraf word vir iets wat jy mag doen (in hulle oë normaal is).
Ek het nie ‘n oplossing nie al wat ek het is geloof dat hierdie gemors eendag tot ‘n einde sal kom.

Nic ·

Hy is wraggies die mooiste lelike hondjie wat ek nog gesien het. Ek sou hom ook aanneem sou ek die kans kry.

KaterinaKat ·

Ek is so bly Brody het oorleef en is op die pad na volle herstel. And i think he looks just absolutely adorable with his one remaining ear. What a sweetheart:-) Oor die kinders wat hom so aangerand het, sal ek liewers niks se nie want my kommentaar sal verwyder word. Maar hulle kan elke dag op hul kniee gaan en dankie se dat ek hul nooit in die hande sal kry nie.

Joane ·

Watse kind dink sulke wreede goed uit. ‘n Siek volwassense as jy my vra. Waar was die ouers, En wat doen hulle as 10 jariges met klapppers sonder toesig. Ek word net al hoe meer kwaar as ek aan die situasie dink. Wreedheid aan diere word net aanvaar, nes die hond wat se been gebreek is – wat het daarvan geword, is iemand gestraf? Nee…. dit word net aanvaar

Ingo ·

Is n saak aangemeld by die Polisie.
Maroela julle het nou die storie aan ons gebring,doen nou opvolgwerk en laat ons weet of die saak aangemeld is en of iemand gearresteer is!
Ons wag om te hoor!

Yolandi ·

Watter tipe kinders word in SA groot gemaak ????
Kinders vernietig diere, jong mense soos ek die ouderdomme lees op maroela media van self 21 jaar pleeg moorde watter toekoms le voor in die land

Charles ·

Gebruik vir Brody om opvoeding by die skole in die omgewing te doen. Dit kan baie waarde toevoeg vir voorkoming van sulke mishandeling.

Swartwolf ·

Kon die uitskot verantwoordelik vir die walglike daad nie aangekeer word nie ? Dis jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.