Broekie-betoging by ANC-vroueligakonferensie

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Lede van die ANC-vroueliga in Limpopo het vroueonderklere oor hul kop getrek en ʼn beampte van die party uit hul verkiesingskonferensie gejaag, het die Sunday World berig.

ʼn Lid van die ANC wat op voorwaarde van anonimiteit met die koerant gepraat het, het gesê die “afgevaardigdes wat hulself wangedra het, het ‘Beyonce, Beyonce’, geskree en hom agtervolg” voor hy uit die saal gehardloop het.

Volgens die Sunday World is die beampte die ANC se provinsiale sekretaris, Nocks Seabi, wat die verkiesingskonferensie verlede naweek by ʼn gastehuis in Limpopo bygewoon het, ná berigte oor ʼn vertraging in die registrasie. Die afgevaardigdes het hom glo weggejaag, omdat hulle oortuig was dat hy een van die kandidate ondersteun.

Khumbudzo Ntshavheni, provinsiale woordvoerder vir die ANC, het gesê dissiplinêre stappe sal teen die betogers gedoen word. “Ons weet wie hierdie afgevaardigdes is,” het Ntshavheni gesê. “Wat hulle gedoen het, is teenstrydig met die beginsels van die struggle vir die bemagtiging van vroue. Hulle is ma’s. Wat sal gebeur indien video’s of foto’s daarvan op sosiale media beland en hul kleinkinders sien dit?!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Estelle ·

Nou help my net reg! Wat deduiwel het ‘n “panty” oor die kop nou met enige iets te doen? COMMON VERBY!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.