Broer en suster vas oor ‘bedrog’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Broer en suster het Woensdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn nadat hulle glo die Stad Kaapstad uit R3 miljoen bedrieg het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Kiaamdien (39) en Rughshana (38) Darries is Donderdag deur die Valke se handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem. Hulle is glo tussen 2008 en 2010 aangestel om namens die maatskappy, Imvusa Trading 1569 CC, instandhoudingswerk in die stad te doen, maar het nie ʼn geldige belastingklaringsertifikaat gehad nie.

“Die maatskappy het glo slordige vakmanskap gelewer, wat gelei het tot ʼn ondersoek na die maatskappy se agtergrond,” het Ramovha gesê.

Kiaandien en Rughshana is aangekla van bedrog, diefstal en vervalsing. Hulle sal op 30 November weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leon ·

Hierdie aksies toon die vooruitgang in sekere sektore van ons land. Mag dit tot vele ander uitbrei, sodat hierdie weer die land kan word waarop ons almal trots sal wees.

jaco ·

As die Kaapse stadsraad deur die ANC beheer was, sou so iets my nie gepla het nie, maar HOE is dit moontlik dat so-iets gebeur terwyl die DA Kaapstad regeer?

Donovan ·

Onthou die DA het dit geerf van die ANC en dit vat goeie speurwerk om die cANCer uit te vang… Dan vat dit nog durf en daad om hulle aan te keer… Maar wel gedaan, ek hoop die res van die land volg in hulle spoor… Dit wat in die diuster gedoen word sal na die lig kom…

Reinhardt ·

Bedrog is orals. Die Kaap mag dalk beter wees as die res van die land, maar ons is by verre nie vry van korrupsie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.