Broer gevonnis ná gru-moorde op familielede

Wesley Julyan. Foto: Facebook.

Wesley Neil Julyan is Dinsdag tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy broer, sy twee broerskinders en sy broer se skoonpa.

Jeffrey Shaun Julyan (34), Ethan Julyan (9), Kayla McKenna (16) en Peter McKenna (73) se liggame is in Desember 2017 in ʼn uitgebrande huis in Mtwalume in KwaZulu-Natal aangetref.

Die slagoffers is gewurg en vasgebind voordat die huis aan die brand gesteek is. Al vier liggame is in die slaapkamer aangetref.

ʼn Man is destyds buite die huis aangetref en is na ʼn hospitaal geneem vir rookinaseming. Die man, Wesley Julyan, is sowat twee maande ná die voorval in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Wesley is behalwe vir die lewenslange vonnisse tot ʼn bykomende vyf jaar tronkstraf vir brandstigting gevonnis in die hooggeregshof in Mtunzini.

Volgens Kara het dit tydens die verhoor aan die lig gekom dat daar onenigheid onder die broers was oor items wat uit hul pa se huis verwyder is. Almal was op die dag van die moorde by die broers se pa se huis.

Kayla McKenna, Ethan Julyan en Jeffery Shaun Julyan. Foto’s: Facebook.

Wesley het sy broer met piksteel geslaan en hom gewurg tot hy dood is voordat hy McKenna en sy twee broerskinders ook verwurg het. Hy het hierna petrol gebruik om die huis mee aan die brand te steek. Wesley het buite die huis bly staan en vir sy vriendin in die VSA ʼn boodskap gestuur terwyl die huis gebrand het.

Wesley het tydens die verhoor aangevoer dat hy geen idee gehad het wie die brand gestig het of dat sy familielede gesterf het nie.

Staatsaanklaer adv. Dorian Paver het tydens die verhoor getuienis gelei van ooggetuies wat getuig het dat Wesley geen poging aangewend het om die vlamme te probeer blus nie, maar hul pogings probeer stuit het.

Leanne Julyan het haar pa, man en twee kinders in die brand verloor en die hof het gehoor watter vernietigende impak dit op haar lewe gehad het.

Wesley is in 2004 tot 13 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Ken van Aardt (51). Wesley, toe 18 jaar oud, het Van Aard met ʼn skoenveter verwurg en sy motor gesteel. Sy vonnis is in 2006 tot 20 jaar tronkstraf verleng nadat die staat teen sy aanvanklike vonnis geappelleer het. Volgens ander berigte het Wesley nie eens die helfte van sy vonnis uitgedien nie voordat hy op parool vrygelaat is.

Peter McKenna, Jeffrey Julyan, Ethan Julyan en Kayla McKenna.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Nettie ·

Nou SIEN JULLE wat gebeur as sommige mense voortydig op parool vrygelaat word??????? Hierdie ou het duidelik nie sy varkies almal op hok nie en daar was reeds – op ‘n BAIE JONG OUDERDOM – ‘n gewelddadige streep by hom op te merk. WAT SOEK HY DAN NOG IN DIE GEMEENSKAP OP VRYE VOET??? Dis nou, voor hy aangekeer was vir hierdie misdade.

jaco ·

hoekom word n wit moordenaar dan op parool vrygelaat? ek dog dan 2 stelle reels geld in SA…

Arno Scheepers ·

Dankie W…..moord moet gesien word as moord, ongeag kleur of geslag.
Die ou moet hang.

Johanna ·

Die tragiedie kon verhoed gewees het as Wesley nie parool gekry het nie. Paroolvoorwaardes kan werklik strenger wees en strenger toegepas word. Hy het al op vroeë ouderdom gewys dat hy n moordenaar is. Hoekom is hy so gou op parool geplaas.

Niklaas ·

Gewoonlik lyk moordenaars wreed en geweldadig. Hierdie knaap lyk vriendelik en gaaf , glad nie gevaarlik nie. Maar dan het Ted Bundy ook so n vrome oop gesig voorkoms gehad wat misleidend was. Wonder of dwelms nie dalks n rol by hierdie Wesley gespeel het nie. Hy klink glad nie baie stabiel nie.

Koos de Meyer. ·

Parool moet uit die woorde boek gehaal word. Dis die hoeveelste moord deur iemand op parool.

Sam ·

Ook vir die eerste oortreding?
As die mens nie so afvallig en korrup was nie, sou wetstoepassing oorbodig gewees het.

PJ ·

Nog ‘n moordenaar op parool. En onskuldige mense dood. Wanneer gaan ons die moordenaars in die tronk hou???

jaco ·

kyk na sy eerste slagoffer se ras, dan het jy jou antwoord. dis “mos maar ok” as wit mense vermoor word, so waarom hom nou swaar straf daarvoor.

Asmain ·

Hoe het hy parool gekry?
Dis tyd dat amptenare aanspreeklik gehou word vir hulle sotlike besluite…van regters wat borg toestaan tot beamptes & sielkundiges wat parool aanbeveel. Tans is daar GEEN gevolge vir swak besluite nie.

SêMaarNet ·

En as hy gemoor het na hy sy volle vonnis uitgedien het? Dan was die straf weer te lig… Die perd moes eerder sielkundig evalueer word voor sy verhoor, en moes dalk eerder in Groendakkies aangehou word – vir die res van sy lewe. Die punt is, niemand sal seker ooit weet wat in ‘n ander se kop aangaan nie.

Woedend ·

Hy verdien nie lewenslange tronkstraf nie, hy verdien die doodstraf. Bring terug die doodstraf laat die moordadige misdadigers die boodskap kry.

Renier ·

Die sielkundige skade is tipies die gevolg van ernstige kindermishandeling.

KG ·

Renier dit klink na ‘n ongegronde aanname, behalwe as jy die familie geskiedenis ken en dit op feite maak.

CJ ·

Dit lyk vir my sy 1ste keer in die tjoekie was nie so sleg nie, anders sou hy seker gemaak het hy land nie weer daar nie.

INA ·

Hy is ñ aantreklikke man, met ñ pragtige oop gesig… Èk sou nòòit kon dink hy’s ñ moordenaar nie… “Looks can be deceiving!!!” Daar moes êrens iets gròòt fout gegaan het in sý lewe… Wonder waar sy ouers is? Hy het wel ñ broer gehad, maar diè het hy vermoor…

Natascha ·

Ek raak so kwaad vir die stelstel in SA, Hul laat moordenaars vry sonder om die nagevolge daarvan te herdink.
Eenkeer n moordernaar altyd een. BRING DIE DOODSTAF TERUG. kant en klaar, veral as daar bo redelike wyse kan bewys word dat jy wel skuldig is.

Sê net! ·

Nee Renier! Klink eerder na n bederfte stuk gemors!
Het seker sy lewe lank sy sin met alles gekry!
Dink eerder”Bederf tot in die afgrond in!” Kom hier ter sprake!!

Wielspore ·

Sekerlik ‘n bedorwe knapie van kleins af, waarskynlik nooit geleer om verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar. Geweld en manipulasie begin gewoonlik gedurende tiener fase. Sy ouers het seker na die eerste moord tot sy redding gekom net om later die hoogste prys te betaal.
Nou het hy niks meer oor en hy voel seker ook niks, is nie gepla want hy is die “victim”
Siek, is dit nie!

Stefan Kruger ·

As hy die doodstraf vir sy eerste moord gekry het in 2004, sou hierdie 4 mense vandag nog gelewe het. Bring die doodstraf terug!

emily ·

Dit is erg. Maar hoekom kry hulle altyd Borg en Parool. Hy gaan nou seker insanity pleit.
Vuilgoed, Sies man.

Chris ·

Ek wil vra of hier in SA ‘n vonnisoplegging bestaan van byvoorbeeld lewenslank sonder opsie van parool. Ek hoor nooit hier van ‘n vonnis sonder opsie van parool nie. Volgens my moet dit geld vir al hierdie verkragters en moordenaars. Hulle word op parool vrygelaat net om weer dieselfde misdade te gaan pleeg.

Schalla ·

Hoe op aarde kry so ou parool? Net in die laaste twee weke was daar so baie berigte van vermoorde mense op MM en ek het amper nie genoeg vingers op my twee hande om te tel hoeveel van die verdagtes uit op borgtog of parool was nie. Jy kan nie sulke skurke loslaat nie! Jy kan hulle nie rehabiliteer nie! Sluit hulle op en gooi die sleutel weg! Volpunte vir die sekuriteit wat die twee boewe in Limpopo gestuit het wat by die hof probeer ontsnap het. As daai twee weggekom het het nog onskuldige mense met hul lewens geboet soos in hierdie berig. Nou kan hulle nooit weer onskuldige mense leed aandoen nie.

Hanlie ·

Sjoe, ons regstelsel is beroerd. Hy kry parool nadat hy iemand vermoor het ……. en doen dit weer. Wat van die arme Coligny outjies wat 23 en 18 jaar tronkstraf gekry het wat ek glo hulle nie eers skuldig bevind moes word nie!!!

JohanL ·

Ons het nie al die feite tot ons beskikking nie. Maar in ag genome dit gaan ek steeds my kop uitsteek en weereens die regstelsel/korrektiewe stelsel blameer. Hoe is dit moontlik dat hierdie man parool kon kry na hy skuldig bevind is aan MOORD, terwyl Janusz Walus al vir jare sukkel om parool te kry? Hier is GROOT fout in ons land se (on)regstelsel.

Se Net ·

Dwelms verwoes lewens… die gebruiker en die familie s’n

madels ·

Dis so verskriklik wat gebeur het. Hierdie duiwel, hoop ek sal nooit weer die lig sien buite die tronk mure nie.

Hans ·

Hoekom word dit lewenslank genoem.Onthou dit is in die plek van doodstraf.As lewenslank 25 jaar is hoekom is ander vonnisse tot 40 jaar en meer- verstaan dit gladnie. As die ou so gou vrygelaat is wonder ek waar is al die plaas moordenaars.Daar word gesê dat duisende jaarliks vrygelaat word agv oorvol tronke (te min tronke!!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.